Ma, dogter hét bejaarde elektrisiën help vermoor

Petrus Scholtz (Foto: Verskaf)

Christine Russouw (57) en haar dogter Chantal Russouw (38) is Maandag skuldig bevind aan die moord op die bejaarde Oos-Kaapse elektrisiën Petrus Scholtz.

Scholtz (70) is in Junie 2018 na ’n huis in Kabegapark in Gqeberha (Port Elizabeth) gelok waar hy koelbloedig deur drie lede van die Russouw-gesin en ’n medepligtige vermoor is.

Maroela Media het vroeër berig Christine se seun Wayne Albert Russouw (33) is in November verlede jaar lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord. Ronald Swartz (24), die medepligtige, is in Oktober ’n soortgelyke vonnis opgelê.

Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, sê Christine en Chantal is in die plaaslike hooggeregshof skuldig bevind op aanklag van moord, roof en diefstal.

Die ma en dogter sal op 8 Maart gevonnis word.

Chantal, Christine en Wayne Russouw.

Scholtz is op 17 Julie 2018 na Christine se huis ontbied sodat hy betaal kon word vir die vorige dag se herstelwerk aan ʼn geiser. Hy is nie weer daarna gesien nie.

Daar word vermoed dat hy ná die moord in ʼn vrieskas gehou is voordat sy liggaam elders gestort is.

ʼn Verbyganger het die oggend van 19 Julie 2018 op Scholtz se liggaam afgekom waar dit in die bosse langs ʼn pad in Fairview gelê het.

Sy hande en voete was met ʼn nylontou vasgebind en sy kop was met kleefplastiek bedek.

Die klag van roof met verswarende omstandighede spruit uit die roof van Scholtz se bakkie. Die voertuig is kort ná die moord reeds teruggevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Suzette ·

Wat makeer julle om so iets te doen -Hoop julle vrot in die tronk!

Herman ·

Waarskynlik het die man die werk vir hulle nog baie goedkoper gedoen…nee wat laat hulle vrot, is geen aanwins vir die samelewing nie.

Frans ·

Die gesegde ‘die duiwel is los’ word by die dag alhoemeer bewaarheid in ‘n wettelose Suid Afrika.
Om so iets te beplan en uit te voer dui op ‘n boosheid waartoe net godlose mense instaat is.

Casper ·

ES is lewenslank regtig geregtigheid vir moord.Voor die ANC aanbewind gekom het was daar ook moorde maar ook die half.Mense was skuit bang vir daai valdeur.

ES ·

Casper, ek stem. Maar lewenslank is beter as niks. Teen die tyd wat hulle uit die tronk kom is hulle te oud en onbevoeg om te werk, so hulle sal in elkgeval nie kan aanpas in die samelewing nie. Dit self is ‘n straf.

Ben ·

Bietjie besorg oor die vinnige omhelsing van die nuwe ANC name. Het die staat ooit die nodige publieke konsultasie proses gevolg? Indien nie sal dit beter wees om nog die ou name te gebruik. In Nelspruit is die bv nooit gevolg nie en die nuwe naam is dus eintlik onwettig

Plaaskind ·

Ek stem 100% saam. vir my sal PE altyd PE bly, nie gaba-watsenaam nie.

Chanel ·

Belaglik, weet nie hoe mense so wreed kan wees nie. Gooi die sleutel weg.

Jedi Knight ·

Kan ook aan hul gesigte sien dat hulle nie die helderste liggies in die hawe is nie.

IAmTheQueen ·

God slaap nie.wees verseker dat God met hierdie russouw mense sal regmaak!

……Sterkte aan die Familie van die Oom….Tenminste is die onsekerheid verby, die bekommernis. waar hy is en wat van hom geword het.Julle het closure.Mag sy siel nou in vrede rus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.