Ma, dogter se nagmerrie-aand in Heidelberg

Argieffoto

Die Heidelberg-polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na twee mans wat glo ʼn 47-jarige ma naby ʼn plaaslike winkelsentrum verkrag het en glo ook probeer het om haar tienjarige dogter seksueel aan te rand.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval het Saterdag tussen 18:00 en 19:00 in ʼn oop veld naby Heidelberg Mall plaasgevind.

“Die vrou en haar dogter was na bewering op pad van ʼn troue op die dorp. Toe sy by die taxistaanplek kom, het hul taxi na Nigel reeds vertrek,” het Tshilate gesê.

Die vrou is aangeraai om na ʼn ryloopplek naby die winkelsentrum te gaan.

“Die vrou het in ʼn stadium verdwaal en het teruggeloop na die taxistaanplek toe sy twee jong mans teëgekom het. Een van hulle het met ʼn kruk geloop.”

Volgens Tshilate het die vrou vir aanwysings na die ryloopplek gevra.

“Die mans het gesê hulle weet waar die plek is en het vir haar ʼn voetpaadjie uitgewys wat deur die veld langs die winkelsentrum loop.”

Tshilate het gesê in die middel van die veld, naby ʼn ou mynskag, het twee onbekende mans uit die bosse gespring, haar met messe aangehou en gedreig om haar dood te maak as sy nie vir hulle geld gee nie. Die verdagtes het R100 en twee selfone van haar geroof.

“Een van die verdagtes het haar daarna glo in die veld in getrek, op die grond gegooi en haar onderklere afgeskeur. Hy het haar glo met ʼn mes gedreig en verkrag terwyl die ander verdagte haar vasgehou het.”

Tshilate het gesê daar word verder beweer dat een van die verdagtes die vrou se tienjarige dogter gegryp, haar klere uitgetrek en haar gedwing het om op die grond te lê. “Hy het glo probeer om haar te verkrag, maar kon nie daarin slaag nie aangesien ʼn veiligheidsbeampte opgedaag en tot die twee slagoffers se redding gekom het.”

Die verdagtes het op vlug geslaan en is steeds soek. Die slagoffers is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die Heidelberg-polisie ondersoek ʼn saak van verkragting en seksuele aanranding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Casper Labuschagne ·

‘n Plaaslike apteek is geleë naby ‘n brug oor ‘n rivier met ‘n beboste stuk veld daarna wat die hoofroete na die spog voorstede is. Dit gebeur dat vroue by die apteek aankom nadat hulle sopas op pad werk toe op die brug vasgekeer is en in die bosse verkrag is. Ten minste doen die plaaslike polisie iets aan die toestand, daar is nou ‘n bord opgerig wat sê, “High crime area,” maar diegene wat werksaam is aan die anderkant van die brug moet steeds oor daardie brug stap.

Deurmekaar ·

Ek is heeltemal deurmekaar die laaste paar jare.
Hoë misdaad omgewing; sit ‘n bordjie op. “High Crime area”. Wat van voorkoming en patrollies?
Slaggate in die paaie; sit ‘n bordjie op. “Potholes”. Wat van maak die gate reg?
Kapings by afritte; sit ‘n bordjie op “Hijack hotspot”. Wat van vang die skelms?
Lyk my dis makliker om bordjies op te sit as om jou werk te doen.

Gerrit ·

Die polisie ondersoek altyd wat van misdaad voorkoming ,patrollies voet en voertuig ,koop fietse en doen straat patrollies

Gemaskerde Sopbeen ·

Ag nee wat, Gerrit…..gedog jy weet van beter? Hierdie is Afrika….as jy misdaad “voorkom” dan het die polisiemanne een van die dae nie werk nie? Wat verstaan jy nie?

Max ·

Die polisie se begrip van misdaadvoorkoming begin en eindig by n bewustelose sigbaarheid en/of n korruptiewe sigbaarheid.

Selfbeskikking ·

Daarom moet ons onderhandel met die regering en buiteland vir ons eie polisiemag, ons eie tuisland. Dis al hoe ons misdaad gaan voorkom en oorleef.

snoefie ·

dan gaan jy n lekker volkstaatjie bou en gou gou agterkom dis maar net n tuislandjie met een verskil…. dié een is vir blankes. ou selfbevrediging, gaan was jou hande.

Natan ·

Die groter probleem lê by die howe; regstelsel. Koloniale/Westerse wette kan nie toegepas word op sulke kriminele nie. Verder word die howe gekenmerk deur verradelikheid, die hof kies eerder die kant van die oortreder en straf die wetsgehoorsame persoon, dit is persoonlike ondervinding. Voeg daarby regsverteenwoordigers wat enige krimineel bystaan solank die geld reg is. Outydse vrederegters mag ‘n beter oplossing wees. Dink nie die SAPS kan veel verrig in so ‘n sirkus nie.

JC ·

Dit is flipen verkragting en pogen tot verkragting wat se sexuele aanranding en aanranding mense roof. Die dogter en ma was dan gedwing deur dat sy gedreig was met ñ mes en vas gehou was. Hoop die mense word gou gevang en sommer swaar gestraf word.

Duitser ·

Wat doen hulle Casper,ek wed jou die bord is nie deur die polisie opgesit nie.Die area soos ek verstaan is n geidentifiseerde misdaad area,en nou stem ek saam met gerrit patrolleer die area gereeld.

Askoek ·

Daardie is die heilige waarheid!!! Alles het verander met die nuwe … begin is! Ons wat ouer is is heelwat meer bewus van die “ou” wette! Die mags en mag nies!!! Nuwer dinge!! Twak!!!

Oujongvrou ·

Die eerste ding wat hierdie regering gedoen het is om die kriminele te beskerm. Dis omdat die regering meestal self in die tronke was en nog steeds ook daar hoort dat kriminele so beskerm word.

JoeV ·

As die land een oggend wakker word met ‘n polisie mag wat sy werk doen, dan is ek bevrees meer as die helfte van die land is in die tronk die volgende week.

Koeksuster ·

Ek het ophou lees in die eerste paragraaf. Die ma is verkrag (en ek dui op die woord verkrag) en die mans wou die dogter ook seksueel aanrand (en ek dui op die frase seksueel aanrand)

Jammer om te sê maar hulle sou ook die kind verkrag het. Noem dit by die naam en hou op om dit so sag te laat klink. Die ma is verkrag en daar was ook n poging om haar 10 jarige dogter te verkrag.

ek sê maar ook ·

Ek dink min mense besef hoe erg dit vir BAIE swart vroue is – bittermin van hulle kry na so traumatiese aanval hulp in die vorm van terapie ens. KAn julle vi reen oomblik probeer dink hoe die klein kind ook moet voel en die nagmerries wat sy sekerlik kry? Soms moet mens vir ‘n oomblik probeer om in ‘n ander se skoene te stap om te weet hoe hul sukkel. Heel moontlik kon sy ook iets soos Vigs gekry het na die aanval. Meeste swart vroue meld nie eers verkragtings aan want hul weet eerstens bitter min word gedoen om die oortreders vas te trek en verder is hul basies “op hul eie” na so ‘n storie. Sommige polisie maak nie eers ‘n saak oop na so klagte nie. Dit gebeur baie meer as wat die koerante/nuus haal dis oor en oor bewys.

Ati selfbeskikking ·

Ja julle wat so teen selfbeskikking praat, julle is reg, Afrikaners kan niks regkry nie en gaan nou ten gronde gaan. Julle moet vinnig vlug of gereed maak om vermoor te word soos die eff dreig.

trotse Botswana (wit) ·

SKOKKEND … Suid Afrika se swart mense voel absoluut niks eers vir hul eie mense nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.