Ma, dogter sterf in ongeluk

Twee mense is dood in die ongeluk by Magaliesburg. (Foto: Netcare911)

ʼn Ma en dogter is dood toe hulle motor Maandag kort na 19:00 met ʼn bakkie op die R24 by Orient Hills in Magaliesburg in Gauteng in ʼn botsing betrokke was.

“ʼn Volwasse vrou en ʼn meisie in die motor is op die toneel dood, terwyl ʼn volwasse man en ʼn meisie geringe beserings opgedoen het. Paramedici het hulle op die toneel behandel,” het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, gesê.

Die beseerdes is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die insittendes van die bakkie is nie beseer nie, het Herbst gesê.

Verdere besonderhede oor die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Annelize

Dra gee kennis van die omstandighede rondom die ongeluk nie, ek weet net een ding, dis een vieslike stuk pad daardie. “Glorified” twee -spoor paadjie as jy my vra, en die mense ry soos besetenes daar. Selfs in helder daglig, is dit ‘n nagmerrie om daar te ry.