Ma, dogter van Harties ná stryery doodgeskiet

Ruzanne Weideman en haar ma, Magdalena Prinsloo (Foto: Facebook/Ruzanne Weideman)

ʼn 61-jarige man is Maandagmiddag in hegtenis geneem in verband met die skietdood van Catharina Magdalena Prinsloo (58) en haar dogter, Ruzanne Weideman (31), by hul huis op Kosmos in Noordwes. Die twee is omstreeks 14:30 doodgeskiet. Die vermeende aanvaller is aan die slagoffers bekend.

Kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, sê die polisie op Hartbeespoortdam ondersoek ʼn saak van dubbele moord.

“Daar was na bewering ʼn rusie, waarna die man glo sy jaggeweer gaan haal en albei vroue doodgeskiet het.

“Nooddienspersoneel het die ma en haar dogter op die toneel dood verklaar,” sê Myburgh.

“Die verdagte is oomblikke later in hegtenis geneem en sal na verwagting Woensdag op aanklag van moord in die Brits-landdroshof verskyn.”

Volgens ʼn goeie vriendin van Ruzanne was daar kuiergaste by die gesin. Die vermeende aanvaller het kort tevore nog telefonies met ʼn vriend gesels en gesê hy gaan saam met Ruzanne se sesjarige dogtertjie swem.

“Dit klink my hulle het by die swembad gesit en kuier toe ʼn bakleiery tussen die verdagte en Magdalena uitgebreek het.

“Ek vermoed Ruzanne het by die bakleiery ingemeng en vir haar ma opgestaan; sy en haar ma was ongelooflik na aan mekaar.

“Hy het glo daarna vir Ruzanne geskiet, sy was egter nie dadelik dood nie waarna hy haar weer in die kop geskiet het, daarna het hy na Magdalena toe geloop en haar glo ook in die kop geskiet,” sê die vriendin.

Verdere besonderhede was nie dadelik bekend nie.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

SA word gek. Meeste van ons is uitermatig gestress weens die desperate situasie van die land. Mense knak net te vinnig, soms oor nietighede.

Pieter9 ·

Die doodstraf MOET terugkom! Moet nie die snert glo dat dit nie ‘n impak sal hê nie; hoe weet’ hulle’ as dit nie getoets word nie. Moordenaars weet dat hulle maksimum 15 Jr sal dit. Ten volle versorg. Hulle kan nog verder op belasting-geld studeer/bekwaam. Tevrede dat hulle gedoen het wat hulle wou. Ons kan nie so aangaan nie. Moordenaars en harde kriminele is nie bang vir die tronk nie.

Martie ·

Ek stem. Daar is nêrens in die wêreld iemand wat nie bang is om dood te gaan nie, al sê hulle ook wat. Dit het jare se werk in hospitaal met terminale siektes my geleer. Op die oomblik word die helfte moordenaars nie eers gevang nie.

JohanR ·

Is niemand in SA meer bang vir die tronk? Jag geweer – hulle het nie ‘n kaans gestaan!

SANDRA ·

Pieter9. Ek stem saam. Kriminele het baie meer regte as wat wetsgehoorsame mense het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.