Ma, dogter vas oor moord

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie in Brits, Noordwes het ʼn vrou en haar dogter in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 20-jarige man.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die ma en dogter het die jong man daarvan beskuldig dat hy boumateriaal uit hul erf in Maboloka gesteel het. Die twee het die man glo gaan soek en hom aangerand.

Volgens Moleko is die man op die toneel dood verklaar. Die polisie is na die toneel ontbied en die vrou en haar dogter is in hegtenis geneem.
Die verdagtes sal Vrydag in die Ga-Rankuwa-landdroshof verskyn op die aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.