Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die ma en dogter het die jong man daarvan beskuldig dat hy boumateriaal uit hul erf in Maboloka gesteel het. Die twee het die man glo gaan soek en hom aangerand.
Volgens Moleko is die man op die toneel dood verklaar. Die polisie is na die toneel ontbied en die vrou en haar dogter is in hegtenis geneem.
Die verdagtes sal Vrydag in die Ga-Rankuwa-landdroshof verskyn op die aanklag van moord.
Feminisme vorder…