Ma, dogter ‘wreed vermoor’; meisie (4) in hospitaal

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Allanridge in die Vrystaat het ʼn volskaalse soektog na ʼn groep verdagtes van stapel gestuur wat glo Vrydag ʼn ma en haar dogter “wreed vermoor” het en ʼn vierjarige meisie gewond het.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het vermoedelik reeds Donderdagaand plaasgevind.

Volgens Mbambo is die polisie Vrydagoggend na die toneel in Allanridge ontbied. Sy sê die polisie het die liggaam van die ma, glo 55 jaar oud, in haar kamer aangetref en die liggaam van haar dogter (14) in die sitkamer aangetref. Albei het verskeie skietwonde gehad.

“ʼn Vierjarige meisie is per helikopter na ʼn hospitaal geneem om ʼn skietwond aan haar bobeen te behandel. ʼn Sewejarige meisie is ongedeerd,” sê sy.

Die vier- en sewejarige dogtertjies is die 55-jarige vrou se kleinkinders. Volgens Mbambo het die sewejarige eers tot Vrydagoggend gewag om hulp te ontbied. Sy sê ʼn motief vir die moorde is nie in dié stadium bekend nie. “Die kinders [die vier- en sewejarige dogtertjies] het vermoedelik by hul ouma gekuier vir die skoolvakansie,” sê sy. “Ons het reeds ʼn taakspan aangestel om die skuldiges vas te trek.”

Die ma van die vier- en sewejarige dogtertjies was nie tuis ten tyde van die voorval nie.

Die polisie ondersoek twee aanklagte van moord en een van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Sarel Strydom ·

Dit is tyd dat iemand die Polisie of Regering aanvat omdat hulle nie in staat is om die Burgers van die land te beskerm nie.

Johnny McCallum ·

Die polisie en nie regering wil ons nie beskerm nie.

Siek en sat ·

En dis hoe dit in die nuwe SA gaan. Meer en meer moorde en slagtings dag vir dag en NIEMAND verroer n vinger nie. Regering is TJOEPSTIL. maw hulle keur dit goed.

Kwaaitjie ·

Ek stem saam dat die land ‘n gemors is, maar na 23jaar,kwalik meer ‘n nuwe Suid-Afrika.

Coen ·

Dit het tyd geword om daai sleg polisie beamptes aan te vat of hulle doen hulle werk of hulle kry hulle ry

johanny ·

hulle moor vroue en kinders wat n hoop lafharts ☻☻☻☻

Anne ·

Ek se al die laaste 3 jaar maak siviele sake teen die staat. Elke burger is geregtig op beskerming

Pieter ·

Stories, soos dié moet na die buiteland gaan. Dis net Maroela as meer bekende mediahuis wat dit konsekewent plaas. Ek gril nou al vir Kyknet se beheptheid met ‘n ANC bevorderende side-issues, terwyl plaasaanvalle geheel geïgnoreer word.

Reguit ·

Walglike SA hool. Emigreer as u kan. Ter wille van u kinders se toekoms.

Marina du Plessis ·

Staat moet verantwoordbaar gehou word vir dorps-/plaasaanvalle. Gewonde aanvallers word gratis behandel in hospitale, maar oorlede/gewonde slagoffers se familie moet hospitaal- en ambulans-/helikopteronkostes self betaal?! Iets groot fout met die huidige eise vir betalings!!!! Hospitale, ambulanse, helikopters en begrafnisondernemers moet die fakture aan die staat of die aanvallers/moordenaars se families stuur vir betaling, dan sal daar dalk vinniger opgetree word om sulke aanvalle/moorde te voorkom en landsburgers te beskerm?????!!!!!

Jo ·

Hou op moan en groan! Die polisie kan nie oral wees niw. Staan saam en begin iets doen. Maklik om in jou gerieflike huisie te sit en te se ag shame, walglike SA ens ens. Wat gaan JY daar omtrent doen?

VanAfrika ·

Nou kom lei jy ons dan op en wys ons hoe, ons vrouens se hande is afgekap want ons het nie militêre opleiding die. Ons sal maar net die tierkat in ons laat uitkom om terug te baklei, maar ons het nie eens kans teen twee, drie, vier, vyf van hulle nie. As jy ons opleiding kan gee, hier is ek. En hier praat ek nie net van selfverdediging nie. Ek praat van die “real deal” As jy ons militêre opleiding kan verskaf sodat ons leopard crawl en al daardie “dinge” kan doen om die vyand te fnuik, lei ons dan op.

Theresa ·

Daar is nie ‘n oorlog verklaar nie. Net ‘n “oorlog” wat as misdaad verskans word. Almal het ‘n gelyker kans op verdediging as oorlog verklaar word. Ek het al menigmaal gewonder wat die ergste is??
Maar dis tyd dat daar ‘n geleerde opstaan en ons leiding gee hoe om die regering tot verantwoording te roep. Hier is miljoene mense wat saam sal staan om teen misdaad beskerm te word. Of droom ek van kiewieteiers in London?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.