Ma, dogters op plaas aangerand

Argieffoto: Maroela Media

ʼn Ma en haar twee minderjarige dogters is die afgelope naweek op ʼn plaas in Noordwes oorval en glo verskeie kere met knuppels aangerand.

Jacqueline Theologo, die DA se woordvoerder vir landbou in Noordwes, het in ʼn verklaring gesê die voorval het Saterdag op ʼn plaas in Bokfontein naby Brits gebeur.

Volgens Theologo het twee van sewe aanvallers die huis op die plaas binnegekom en die ma en haar dogters, onderskeidelik 9 en 13 jaar oud, met knuppels aangerand. Die slagoffers is glo herhaaldelik oor hul koppe en rûe geslaan. Theologo sê slegs ʼn skootrekenaar en twee selfone is tydens die aanval gesteel.

“Mpho Motlhabane, die LUR vir gemeenskapsveiligheid en vervoer, en premier Supra Mahumapelo moet aanspreeklik gehou word en moet die polisie en die nasionale regering aanspoor om die inwoners van hierdie provinsie se landelike gemeenskappe te beveilig,” het Theologo gesê.

“Ons pleit by die provinsiale en die nasionale regerings dat landelike veiligheidseenhede op die been gebring moet word. Ongeveer ʼn jaar gelede het die ANC in die Noordwes se provinsiale wetgewer beweer dat landelike veiligheidseenhede reeds hier operasioneel was. Ons was baie verras om van hierdie eenhede te hoor, net om later uit te vind dit was ʼn blatante leuen. Ons het die LUR weer hieroor gevra en hy het toe bevestig dat daar geen landelike veiligheidseenhede in plek is nie.”

Theologo sê volgens die LUR is daar wel daaglikse patrollerings in landelike gebiede, word daar daagliks beamptes op “misdaad-brandpunte” in die provinsie se landelike gebiede ontplooi en word die veediefstal- en trio-misdaad-taakspanne ontplooi om verdagtes te ondersoek, op te spoor en in hegtenis te neem.

“Dit is doodgewoon nie genoeg nie. Mense in landelike gebiede en op plase is weerloos en teikens vir misdaad. Die aanvalle op landelike gemeenskappe gaan net ongehinderd voort en neem jaarliks toe,” het sy gesê.

“Die ANC moet die veiligheid van landelike gemeenskappe ernstig opneem, landelike veiligheidseenhede op die been bring en hul mandaat en bedrywighede aan die publiek bekendmaak. Alle mense op plase en in landelike gemeenskappe word geaffekteer deur misdaad en geweld, en beide boere en plaaswerkers word aangeval. Dit is tyd vir ʼn totale nuwe benadering in Noordwes waar die mag van die gereg toegepas word en misdaad uitgeroei word.”

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sid ·

Hierdie is nog n baie hartseer geval waar mense doelose geweld ontmoet.
Ons moet ophou om die ANC regering om hulp te vra en ons moet ons veiligheid in eie hande neem. Mense beveilig jul self.

Anoniem ·

Dit maak nie saak wat ons van die SAPD se diens dink nie. Die feit is dat hulle eenvoudig nie oral kan wees nie. Ons platteland is geheel en al te ver uitgestrek vir hulle om orals te kan wees en die kriminele weet dit. Nie eers ‘n kommando stelsel of SANW patrollies sal die totale landelike areas kan dek en patrolleer nie, die kommando stelsel is bowendien afgeskaf, so waarmee laat dit ons? Ons moet na ONSSELF omsien en ons eie netwerke skep, niemand anders kan of gaan dit vir ons doen nie.

Wolf ·

Niemand luister nie. Stel weer die weermag se kommmando eenhede in gee hulle die reg om die plase teen alle koste te beveilig, en sie daar, probleem opgelos. Stel ook weer die polisie se dwelm en smokkel eenheid in, en kyk wat gebeur. En, o ja, Kondig n nood situasie aan sodat die slapgat weermag n bietjie kan werk kry. Die weermag lede word in elk geval betaal en hulle doen heeldag niks.

Chris Ws ·

Dis tyd dat die regering self gedagvaar word vir verliese tydens plaas aanvalle want die anc regering is niks gepla oor mense op plase en plotte nie.Veral as hulle wit is.

Mrs H ·

Kan julle asb vir ons se of die ma en kinders nou bygestaan word, en of hul beserings darm nie te ernstig is nie?

PJC ·

Hoe het hulle in die huis gekom. Hierdie kon veel erger gewees het. Genadiglik was hierdie klomp nie so erg geweldadig soos in ander gevalle nie. Ek voel nog steeds dat mense op plase nie voldoende beveilig is nie.

Reguit ·

Mense soos Sid dink die geweld teen Blankes is “doelloos”. Is dit regtig? Dink weer.

Gollie ·

Stel die weermag aan,die stad is vol troepe wat op en af loop en dronk is in uniform.

Wonder ·

My woorde is opgebruik vir al hierdie aanrandings en moored op ons mense. Vader bewaar ons ou volkie asb.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.