Ma, dogtertjie sterf in botsing

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Ma en haar driejarige dogtertjie is Woensdag dood en haar twee ouer dogters beseer in ʼn ongeluk in Prieska in die Noord-Kaap.

Volgens Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, het die ongeluk op die R357, sowat 50 km buite Prieska plaasgevind. “Die vrou se swaer het ʼn wildsplaas in die omgewing en hy het gereël dat een van sy vriende paramedici van ER24 met sy helikopter na die toneel vlieg om hulle vinniger daar te kry,” het Majija Donderdag aan Maroela Media gesê.

Sy sê toe paramedici by die toneel opgedaag het, was die ma en die driejarige reeds dood. Provinsiale nooddienste het reeds hul liggame en die twee beseerde sussies uit die wrak gehaal. “Die vrou se negejarige dogter het ernstige kopbeserings opgedoen. Haar 11-jarige sussie het matige beserings opgedoen.”

Majija sê die twee sussies is per helikopter na die hospitaal in Prieska geneem, waarna hulle met ʼn ander helikopter na die Bloemfontein MediClinic oorgeplaas is vir verdere behandeling.

“Ons verneem die sussies sterk goed aan,” het Majija bygevoeg.

Die bestuurder van die tweede voertuig wat ook in die ongeluk betrokke was, is ongedeerd.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Angelique ·

Ek wil net ‘n regstelling maak, die 11 jarige dogterjie het die breuke op gedoen en die 9 jarige het die erge hoofbesirings op gedoen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.