Ma dood, baba kritiek gewond in skietery

polisie-sapd

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Ma en haar babadogtertjie van ses maande is Woensdag in Kaapstad geskiet.

Robert Daniels, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê die skietery het omstreeks 09:00 in die Sweet Home Farm informele nedersetting in Philippi plaasgevind.

Daniels het gesê hulle vermoed sover nie dat die voorval met bendegeweld verband hou nie. “Iemand was vermoedelik besig om ʼn misdaad, waarskynlik ʼn rooftog, te pleeg, toe die ma en haar baba in die kruisvuur beland het,” het Daniels gesê.

Die ma is op die toneel dood. Die kind is in ʼn kritieke, maar stabiele toestand na die Rooikruis-kinderhospitaal geneem.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nicolette ·

Onskuldige mense weereens beseer…hoe wreed…sterkte aan die babatjie wat nou sonder n mamma is….so so hartseer

Liza ·

Dit hou net nie op nie, waar is ons oppad heen……. Suid Afrika word alhoe meer erger….. Arma kindtjie nou moet sy sonder n mamma groot word, …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.