Ma dood, dogter gewond in kruisvuur

Die vrou se liggaam is in ’n steeg in die woonbuurt Westbury gekry. Foto: Twitter via Yusuf Abramjee

ʼn Middeljarige vrou is dood en haar 10-jarige dogter gewond toe hulle in die kruisvuur van ʼn beweerde bendeskietery in die weste van Johannesburg beland het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, Gautengse polisiewoordvoerder, sê die polisie is omstreeks 13:00 Donderdag ontbied na die toneel in die werkersklasvoorstad Westbury, wes van Auckland Park.

Beamptes kon vasstel dat die vrou en haar dogter te voet onderweg was toe hulle in die kruisvuur van drie vermeende bendelede beland het. “Ons moet nog bepaal presies wie op wie geskiet het,” het Dlamini Vrydagoggend aan Maroela Media gesê.

“Beamptes het ʼn verdagte, wat ook gewond is, op die toneel aangekeer en onder polisiebewaking hospitaal toe gebring.”

Die 10-jarige is in die been geskiet en na ʼn nabygeleë hospitaal gebring. “Terwyl die beamptes by die hospitaal was, het inwoners ʼn tweede verdagte aan die polisie op die toneel uitgewys. Hy is ingeneem vir ondervraging en word nog saam met sy medeverdagte aangehou,” sê Dlamini.

“Ons weet nie wat die motief vir die skietery was nie,” sê Dlamini, “maar ons ondersoek sake van moord en poging tot moord.”

Gevra of sulke voorvalle gereeld in Westbury plaasvind, het Dlamini gesê sover sy wete strek, is dit ʼn vreedsame buurt.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter ·

Hou aan stem vir julle geliefde ANC en niks sal gedoen word aan misdaad en moord nie.

Bertie ·

Solank bedrog saamsmee en moord vry rondloop sal die land val tot as. as niemand gaan opstaan en se dis genoeg nie gaan geen nageslag oorleef om sa aan die gang te hou nie die uiteinde gaan wees elke land gaan n stuk van SA kleim en die mense van sa sal nie meer wees nie wit of swart om te ewe

Koos de Meyer. ·

Ons nuwe Suid-Afrika. Anargie en wetteloosheid aan die orde van die dag. Dan lieg hulle nog skaamteloos in die VN.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.