Ma dood in motor langs pad aangetref

Riana Louw Du Toit. Foto: Facebook.

Die gemeenskap van Sutherland en omliggende gebiede is in rou gedompel ná Riana Louw Du Toit se liggaam Dinsdagoggend in haar motor langs die R354 tussen Sutherland en Merweville aangetref is.

Maroela Media verneem ʼn man wat glo voorheen van verkragting aangekla is, het Du Toit glo vir ʼn rygeleentheid gevra en haar toe met ʼn klip aangeval.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn saak van moord word ondersoek.

Die man het glo boksies druiwe wat in Du Toit se motor was gesteel, en dit geloop en eet en langs die pad neergegooi, en dit het glo gehelp om hom vas te trek.

Tawana het bevestig ʼn 41-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord. Hy sal Donderdag in die Sutherland-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Du Toit se man is glo ʼn paar jaar gelede oorlede. Sy word oorleef deur twee tieners wat in die Paarl in ʼn koshuis is.

Du Toit was die kliënteskakelbeampte by die Rogge Brood-restaurant op die Rogge Cloof-plaas.

Lente van Rooyen, ʼn inwoner van Merweville, het die voorval as ʼn absolute tragedie beskryf. “Hierdie was so onnodig! Ons vra God wat die doel was, maar ons sal nooit die antwoord weet nie!”

Huldeblyke vir Du Toit stroom intussen op sosiale media in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Rozanne ·

Die arme kinders het nognie eers hulle Pa se dood verwerk nie. Hoe sinneloos om twee sulke pragtige kinders “wees” te laat vir ‘n paar trossies druiwe ?? Mag hy kry wat hy verdien !!

Andre ·

Rozanne, dit het nie oor die trossies druiwe gegaan nie. Riana sou sekerlik die druiwe vir hom gegee het as hy haar gevra het. Nee, dit het gegaan oor die “plesier” om iemand om die lewe te bring.

$ ·

Hoe kan God dít wat Hy uitdruklik in Sy Woord verbied (jy mag nie moord pleeg nie) nou wil gebruik vir Sy doel? Dit was nooit God se doel of wil dat sy vermoor word nie – hoe kan ‘n mens se bose sonde Sy wil wees? Mense pleeg juis moord en doen sonde TEEN God se wil.

Hy sal haar familie wel versterk en dra deur hierdie tyd …

Casper Labuschagne ·

Die derde of dalk vierde soortgelyke berig wat net vandag op Maroelamedia verskyn. DIt voel asof ek in trane kan uitbars, maar dit voel ook asof ek wil ontplof. Hoe en wanneer gaan dit ophou?

Pop ·

Moenie enigen n rygeleentheid gee nie. Ooit nie. Vir barmhartigheid kry jy dalk jou dood. Stomme stomme kinders. So pragtige vrou in die fleur van haar lewe weggeruk.

Nettie ·

@Pop, ek stem. Moet NIEMAND ‘n saamrygeleentheid gee nie, nie eens as jy die persoon ken nie, want kyk wat het nou hier gebeur. Ek gee niemand ‘n saamrygeleentheid nie – of ek jou ken of nie en of jy langs my bly of êrens langs ‘n pad staan, of jy wit, bruin, swart of watter kleur ookal is. Ek gaan nie in die situasie kom dat ek saam met my aanrander of dalk moordenaar in ‘n klein, beknopte spasie van ‘n motor is nie.

thinus ·

Ek het nie woorde nie. Ek stik in my haat en walg in my woede.

Gert ·

Waar is die laagtepunt van wandade? JA GELOOF IS DIE STEUNPILAAR VAN BELEWENISSE. HET GELOOF DAN NIE OOK ‘N ETIESE WAARDE NIE?

Lynnette Foster ·

Dis baie tragies. Maar ek wil ook net noem dat die R354 die pad tussen Sutherland en Matjiesfontein is!

Mariaan ·

Skokkend !!! Hoekom?? Wreed vermoor oor n goeie daad…2 kinders wees….waar is ons Here wat ons moet beskerm…mey respek….Sy volk word uitgemoor…EN??? HOEKOM…ek verstaan nie….baie sterkte aan hierdie arme familie

Johann Marx ·

Mariaan….moenie hierdie situasie om “die Here” se nek hang nie. Sal jy dieretuin toe gaan en in die leeu hok gaan klim? Nee. Want jou brein het die vermoë om die uitkoms van so ‘n daad redelik akkuraat te voorspel….die leeus gaan jou opvreet. Hierdie was ‘n ordelike land met wette wat toegepas is….en die gedrag wat ons nou sien was onder beheer. Maar met ons “breins” het ons besluit om die “leeu hok” oop te maak (op FW se aanbeveling) en wat het ons nou? Ons word verslind!!! Hierdie het NIKS met “die Here” uit te waai nie…………ons het dit aan onsself gedoen, en ons sal dit self moet oplos!!

Bertram ·

Dit maak mens by die dag meer woedend wat word van ons land ons wereld, ons volk word min soveel nou al uitgemoor vir watse rede?, Here Jesus tree in vir U volk asb tog, in Jesus Christus se naam Amen

Johan Claassen ·

Hartseer om te lees, maar asb mense- dis nie God se manier, wil of toelating nie. Besef dat die mens outoriteit oor die aarde gegee is. Alles wat tot lewe lei, is reeds voorsien in Christus se afgehandelde werk. Maw, mense maak besluite. Jesus kan nie meer intree as wat Hy tydens die kruisaksie gedoen het nie; Hy het toé alles gegee- dis vir ons om te verstaan en te weet wie ons in Hom is, wat Hy van Homself sê en vir ons in plek gestel is. Dié wêreld is gebroke en goed gebeur maar die mens moet verantwoordelikheid neem vir elke gekose besluit. God is liefde, lig en lewe- Hy kan nie teen Homself gaan nie, maw Hy is lewegewend en kies nie om dit vir enige persoon te beëindig vir een of ander obskure rede nie.

A ·

Dankie Johan Claassen, hierdie is ‘n baie moeilike saak wat mense nie graag na luister nie. Ons as mens wil graag self veroordeel – maar die oordeel kom ons nie toe nie. Dit is afgryslik wat met hierdie pragtige vrou gebeur het. Nou kyk ons in ‘n spiëel maar eendag……….

Liezl ·

Mooi gestel, Johan Claassen. Ons wil vinnig vir God vra hoekom en waarom. Maar hy het reg aan die begin vir die mens die keuse gegee om self te kies. Dit wat ons vandag is, is ons keuse. Elke dag is nuut, elke dag moet ons die regte besluite maak. Dis so jammer van hierdie pragtige vrou. Sterkte aan haar familie. Hy sal julle toevou in Sy liefde, Hy huil vandag saam met julle oor jul verlies, maar sy is op die beste plek, aan Sy voete.

$ ·

Dankie Johan, só bly jy stel mense se wanopvattings oor God reg ..

Niklaas ·

My hart gaan uit na die 2 kinders. Wat n slag is dit nie vir hulle , kort na pa se dood. Wees altyd so versigtig met wie jy behulpsaam wil wees. Rylopers kan baie gevaarlik wees. Moet nooit kanse vat met vriendelike vreemdelinge nie.

Theresa B ·

‘n Mens voel so Thinus. Dit is SO sinneloos. Die arme kinders. Ek hoop daar is familie wat hulle sal ontferm oor hulle.

Wonder ·

Mag die Vader die kinders saggies en teer in Sy hand van vertroosting toevou en beskerm.

Vermeende ·

Dit is so jammer maar gelukkig gaan CR alles weer kom regmaak.

Thinus ·

Deut. 28 verklaar die wat na God se stem luister en dit onderhou sal gesseend wees en dit sal besonder goed gaan met hulle, en die wat nie luister sal dit besonder sleg mee gaan – God self spreek baie slegte wense oor hul uit.
Nou wil jy: ‘Ek se maar net 1’, vir my kom vertel hierdie mens, gesin en al die ander slagoffers en arm mense in hierdie land is ongehoorsame en goddelose mense?
Wel as dit nie so is nie, dan geld die beloftes en oordeel van deut. 28 nie meer vir ons nie.

Pieter ·

Ja-nee, ek wou ook daarop kommentaar lewer. Deut. 28 was aan God se uitverkore volk gerig gewees en die uitkoms van hul ongehoorsaamheid het selfs tot die groot diaspora gelei wat 2000 jaar lank aangehou het.

Om Deut. 28 in hierdie geval te wou toepas, sou daarop neerkom dat Riana God nie gedien het nie (wat nie die geval was nie, want ek het haar geken; ons is ver langs familie). Dit sou ook daarop neerkom dat Jesus Homself nie aan God onderwerp het nie, want soos ons weet, is Sy gebed nie verhoor toe Hy gebid het dat die beker Hom verby moes gaan nie…

Denise ·

Ek het nie woorde nie SKOKKEND sterkte aan die kinders!!!!!

Anneke ·

Mag die Here sy hand oor die kinders bring en baie sterkte met die gesin. Hoop daai man droom elke aand daarvan tot sy laste asem uit geblaas word.

christa ·

kan daar nog mense wees wat die goed ‘n saamry geleentheid gee. Ek sien hulle langs die pad, en ry net verby. Die dae wat jy jammer was vir hulle is verby. Jy kry jammer maar hulle kan nie eers die word spel nie. So jammer vir haar familie.

susan ·

Daar is REGTIG mense wat ‘n rygeleentheid soek en nou kan ons hulle ook nie oplaai omdat sulke ongenaakbare mense ook ryloop. Twee tienerkinders nou wees. Waar gaan dit eindig Kan aan haar gesig sien sy was ‘n barmhartige sameritaan wat mense wou help.

Peet J ·

Indien hy voorheen vir verkragting ‘n aangeklaagde was is die kanse goed dat hy die slagoffer wou, of wel verkrag het, en haar daarna vermoor het, Die saamrygeleentheid was net ‘n verskoning om sy seksueledrange te bevredig.

drange te

Johan Bester ·

My innnige simpatie.
Johan Marx jy en ander het miskien fw se twak geglo nie ek nie .En ek het my werk verloor daaroor.Ek het by die hek gestaan en keer maar is deur almal uitgejou.

Gert ·

Wat my HEELTEMAL dwars in die krop steek, is hoe die buurman boer ‘n voorheen veroordeelde krimineel kon aanstel as arbeider op sy plaas??? Ek bedoel, het daar geen klokkie van “bad news” ooit by hom gelui nie, of het hy bloot net nie omgegee nie??

Hier waar ek in die buiteland bly, sal daar altyd eers ‘n agtergrond ondersoek en “drug test” (bloedtoets) op jou gedoen word voordat jy vir ENIGE pos oorweeg sou word, hetsy arbeider, professioneel of watter ander pos ookal. Mense moet regtig begin dink vir hulself!

B Vollgraaff ·

Mender jy is die eerste en enigste wat die tragies voorval reg benader en opinie gee. Jy is 100% reg. Ek bly steeds verbaas oor hoe alles aan die politieke bestel gehang word.As ons nog n apartheid staat was waar sou ons nou gesit het gegewe druk van orals. Oor die godsdiens uitsprake tov moord bly ek liewers stil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.