Die gemeenskap van Sutherland en omliggende gebiede is in rou gedompel ná Riana Louw Du Toit se liggaam Dinsdagoggend in haar motor langs die R354 tussen Sutherland en Merweville aangetref is.
Maroela Media verneem ʼn man wat glo voorheen van verkragting aangekla is, het Du Toit glo vir ʼn rygeleentheid gevra en haar toe met ʼn klip aangeval.
Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn saak van moord word ondersoek.
Die man het glo boksies druiwe wat in Du Toit se motor was gesteel, en dit geloop en eet en langs die pad neergegooi, en dit het glo gehelp om hom vas te trek.
Tawana het bevestig ʼn 41-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord. Hy sal Donderdag in die Sutherland-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Du Toit se man is glo ʼn paar jaar gelede oorlede. Sy word oorleef deur twee tieners wat in die Paarl in ʼn koshuis is.
Du Toit was die kliënteskakelbeampte by die Rogge Brood-restaurant op die Rogge Cloof-plaas.
Lente van Rooyen, ʼn inwoner van Merweville, het die voorval as ʼn absolute tragedie beskryf. “Hierdie was so onnodig! Ons vra God wat die doel was, maar ons sal nooit die antwoord weet nie!”
Huldeblyke vir Du Toit stroom intussen op sosiale media in.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
41 Kommentare
Die arme kinders het nognie eers hulle Pa se dood verwerk nie. Hoe sinneloos om twee sulke pragtige kinders “wees” te laat vir ‘n paar trossies druiwe ?? Mag hy kry wat hy verdien !!
My hart gaan uit na haar familie.
Hierdie was onnodig maar nie God se doel.
Tragies
Sinneloos