Ma, drie kinders verdwyn saam

Jenna Koeberg

Jenna Koeberg

Die familie van ʼn Pretoria-ma is rasend van bekommernis oor haar en haar drie kinders se veiligheid nadat hulle Woensdag spoorloos verdwyn het. Hulle vra die publiek om hulle sover moontlik te help met die opsporing.

André Putter, ʼn privaat speurder wat aangestel is om na haar te soek, het Donderdag aan Maroela Media gesê die ma, Jenna Koeberg (31), en haar drie kinders, onderskeidelik 12, 10 en 4 jaar oud, is Woensdag vir die laaste keer omstreeks 09:00 in Moreletapark in die ooste van die stad gesien.

“Sy is die bestuurder van ʼn plaaslike pizza-restaurant wat aan haar man, Sean (31), behoort. Hulle is die laaste keer glo deur Jenna se persoonlike assistent gesien. Daar word vermoed dat sy haar assistent gevra het om hulle langs die pad af te laai,” het Putter gesê.

Putter het gesê die familie vrees vir haar en die kinders se veiligheid. “Sy het nie haar motor, beursie, selfoon of bankkaarte by haar nie. Die moontlikheid bestaan wel dat sy kontant by haar gehad het.”

Sean het haar en die kinders Woensdag as vermis aangemeld by die Garsfontein-polisiestasie.

Putter het ʼn beroep op die publiek gedoen om inligting oor die saak te versprei, of na vore te kom as hulle weet waar Jenna en haar kinders hulle moontlik bevind. Bel Putter by 084 485 6448.

Lees die opvolgberig: Soektog vir eers afgelas nadat ma en kinders saam verdwyn. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

GC ·

En so wonder ek of daar meer hier is as wat dit lyk. Dalk is daar ‘n rede hoekom sy weggeloop het. Ek hoop hulle is veilig.

EMK ·

Hoekom “vermoed” hulle sy het die assistent gevra om hulle langs die pad af te laai, ondervra hom/haar dan dadelik en kry so dalk inligting!

Miemie ·

Hoop ter harte as jy weggeloop het uit jou eie dat hulle jou nie opspoor nie dame. Ken die gevoel en die vrees van iemand wat jou lewe verwoes en dreig om jou kinders te vat sou jy hom los. Hy besit als en jou volgens hom… Sou dit die geval wees dat jy van hom vlug bid ek dat jy veilig bly en God jou hand sal hou waar jy gaan…. en jou kinders se ma is verseker ‘n Heldin.

EMK ·

Miemie waar op aarde kom jy aan jou inligting? Dit wat jy sê staan nêrens in die berig nie!

No ways ·

Nou hoekom sou iemand “vermoedelik” vra om langs die pad afgelaai te word sonder geld of selfoon of niks nie. As sy wou wegloop sou sy mos voorsorg getref het. Ek dink die assistent skiet spek.

AmY ·

Dalk is sy beter af sonder haar man. ‘n Vrou ‘vlug’ nie sommer vir die geringste argument of meningsverski van haar man nie. Sy wil dalk ‘n beter lewe vir hulle hë. Maar weereen, ons weet nie wat werklik daar gebeur het nie.

Me ·

Dit klink maar vir my baie suspisieus…maar tyd sal ons wel leer.

Linda ·

Vermoed???? Kry die assistent dat hy/sy kan praat!!!! Ja MM ek ruik ook ‘n vrot rot!!

charmaine ·

Dalk is daar n ander man wat haar die besluit laat neem het die dat sy nie geld, beursie of selfoon nodig gehad het nie?

Hak mense se koppe uit hierdie tyd van die jaar? Dis net wegloop stories en moord en selfmoord?? Sjoe van ons moet dankbaar wees vir ons klein probleempies daar is mense met wie dit baie sleg gaan in die lewe!

Amanda ·

Stem saam…iets nie lekker nie. Hoekom sal assistant met haar kar ry? Hoop sy en kinders is ok.

pop ·

Hoop ons lees more vroeg dat sy en kinders ongedeerd gevind is .

Maretha ·

Wat baie snaaks is, is die feit dat ek gister aand op sy facebook profiel was om na die “comments” te kyk of hulle al gevind is. Ek het to sommer ook deur sy fotos geblaai ens. Vandag is sy profiel nêrens te vinde nie en ook nie die “comments” nie. Hoekom sal hy nou sy facebook profiel toemaak? Steek hy dalk iets weg? Dit laat mens baie wonder.

Leana ·

Het ook agtergekom sy FB profiel is gesluit. Wat de hel gaan aan in ons land..

Se maar net ·

Hier is beslis ‘n vreemde ding besig om kop uit te steek. Geen vrou sal net loop sonder haar foon en geld nie. Veral nie as jy kinders het nie. Begin by haar man daar sal jy die antwoord kry.

Kylie Grove ·

Maroela media. Verwydet hierdie vrou se gesig en artikel. Ek het al gevlug met my kinders. As jul al die feite het, publiseer iets. Tot dan stel jul moontlik haar lewe en daai kinders in gevaar. Watse man offer ñ beloning? Nou word sy geheadhunt… Sy het intentionally gegaan het Sean op Facebook gesê gisteraand. Alles wat ek gisteraand gelees het dui na slegte dinge en obsessie. Los haar uit. Juis oor haar veiligheid.

Ella ·

Kylie Grove, ek stem saam met jou: wat ook al die omstandighede wat daartoe aanleiding gegee het, as dit waar is dat sy die assistent gevra het om haar iewers af te laai, is daar baie goeie rede waarom sy wil weg wees. Mnr Putter, ek hoop jy praat met haar voor jy jou klient vertel waar sy haar bevind.

Krummeltjie ·

Uit eie ondervinding…..noodroep…HELP!!!!! Iets groot fout. Geen ma gaan met kinders op vlug slaan sonder enige foon,geld of enige iets anders as daar nie iets fout is nie….

Gesiggie ·

Hier is regtig iets aan die gang?? om iemand te vra om jou langs die pad te los?? en waarom het die persoon wat haar afgelaai het??? nie dadelik aan haar man gaan vertel?? of was sy gevra om stil te bly?? dan sekerlik moet die vrou van iets anders weet?? Het iemand anders haar opgetel?? Die veiligheid van daai kinders is baie belangrik… Mag jul almal veilig wees… en almal weer aangaan met hul lewe”’ Meskien soek sy bietjie aandag????

gigi ·

Wat as assistent en die man in verhouding is en.vrou en kinders uit die pad wou hê. As my eks my dood geslaan het sou hy my ouers gese het ek het weggeloop. Hy weet nie waarheen nie. Darem het ek hom gelos voor dit sou gebeur het.

Ronell ·

Het julle wraggies niks anders as om te gis oor ander se lewens nie… bly by die feite die lewe is klaar ingewikkeld. Hoop sy en kinders is veilig, dis al!

Johan ·

Ek sien ‘n slang in die gras. Iets het verkeerd geloop. Hoop hulle is veilig…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.