Ma, drie seuns en oom sterf saam

Martie de Klerk met haar drie seuns, Johan, Barend en Altus. Foto: Facebook

Die Laerskool Pietersburg het Vrydag hartroerende foto’s op sy amptelike Facebook-blad gedeel van drie boeties, almal leerders van die skool, wat Donderdagaand saam met hul ma in ʼn motorongeluk gesterf het.

Martie de Klerk (36) en haar drie seuns, Johan (10), Barend (8) en Altus (5), is Donderdagaand in ʼn ongeluk op die N1 dood toe hulle motor met ʼn vragmotor gebots het. Overvaal Stereo 96.1 berig Martie se swaer, Tobie Kritzinger (40) van Mookgophong (Naboomspruit), is ook in die ongeluk dood.

Luidens die berig is die bestuurder van die vragmotor, wat se band na bewering gebars het, in die ongeluk beseer en na ʼn hospitaal geneem.

Laerskool Pietersburg het Vrydag in ʼn kort verklaring die seuns en hul ma se dood bevestig. “Woorde is ontoereikend en skiet ver te kort waar ons as skoolgemeenskap pyn en hartseer ervaar met hierdie groot verlies – drie jong boeties en hul moeder aan die dood afgestaan. Ons opregte gebed is dat ons Hemelse Vader elkeen wat geraak is met hul afsterwe, deur Sy gees sal aanraak en volkome vertroosting vir elkeen sal bring,” lui die verklaring.

Verskeie mense het boodskappe van medelye op sosiale media gedeel. Op Martie se heel laaste inskrywing wat sy op 28 Februarie op Facebook geplaas het, het iemand geskryf: “Ai Martie min het jy geweet hierdie woorde wat jy hier gelaat het, is so waar. Mag jy en jou pragtige drie seuns in vrede rus aan die voete van Jesus.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Yankee ·

Band gebars?? Hulle sal natuurlik volhou met hierdie verklaring. Ek was nie daar, maar werklik, band gebars!! Net om dit te lees, pynlik!! Hel, vrou se aldag vir my, waarom lees jy nog sulke dinge, waarom word jy so kwaad, ons is Amerikaanse burgers al vir 27 jaar, woon nie meer daar, maar nog steeds raak jy briesend as jy so iets hoor. Sal altyd, altyd so raak. Kan nie help nie. So sad, so sad!!!

Jan ·

Ja, trok bande kan bars, dit is baie moeilik somtyds onmoontlik om ń lorrie wat teen 80km/h ry te beheer as sy voorband bars.

sarahPTA ·

Jou immigrasie na Amerika en die vraag oor die trok se band wat gebars het, wat ek dink terloops moeilik sou wees om weg te steek veral op die N1, is onvanpas. Die punt is dat mense hul lewens op ‘n baie tragiese manier verloor het en ons harte gaan uit na hul familie en vriende.

Cronnie ·

Hi Yankie, dankie dat jy nog aan SA dink, vertrou jy dink ook in jou gebed aan die mense en regering van jou x-land.

Kiwi ·

Dieselfde hier, woon al jare nie meer in SA nie, lees nog elke dag Maroela, by interesant om te sien hoe weesendlik verskil die eerste wereld van Afrika. Hier by ons sal iemand verseker lang tronkstraf kry vir so n gebarste band. Daar sal deeglik ondersoek ingestel raak en die eienaar en bestuurder van die vragmotor sal eerstens moet pas staan, die toetsstasie sou moontlik lesensie verloor en beboet raak. Maar daar sal verseker hare waai.
Baie sterkte aan die familie.

Emma ·

Baie baie hartseer met trane in my oe dink ek aan die familie. Sterkte

Spike ·

Sjoe, die lewe kan soms harde houe uitdeel. Baie sterkte aan die naasbestaandes.

AmY ·

Tragies.
Hierdie is regtig baie hartseer.
Baie sterkte aan die familie en vriende.

Hennie ·

Wat ‘n tragedie! Daar word niks genoem van die pa nie? Sterkte vir die familie!

Sue ·

Martie was van die pa geskei. Sy naam is Barend de Klerk, woon in Brakpan, weer getroud en op een van Martie se Fb inskrywings het gestaan dat hy nie baie betrokke was nie maar op Newerk 24 se hul hy het “sy kop verloor” toe hy die nuus hoor.

Iemand ·

Daardie pad is ongelooflik gevaarlik, het ‘n vriendin op daardie pad verloor en al talle ander kere amper in ongelukkie beland as gevolg van onverskilligheid.

Dis baie hartseer om te lees van die jong familie en die lewens wat so kort geknip is.

Gesiggie ·

Ai… dit is so hartseer Mamma en al 3 haar seuntjies”’, maar nou kan hul weer saam wees en deel wees van Jesus se blomme tuin, my Innige meegvoel aan die Familie en geliefdes wat deur soveel hartseer gaan, hul was n pragtigge gesin.

Tanya ·

Weer eens n lieg stoorie band het (gebars)Die dood is so pynlik vir die Famielie.RUS IN VREDE julle is nou by God.

Muffin ·

Wat n pragtige foto. Dit is werklik baie hartseer. Baie sterkte aan die hele familie sowel as die skool. Dit is n groot verlies die 3 pragtige jong seuns.
Ek het egter nie woorde nie.

Piet Nel ·

Ek sal graag wil sien dat versoolde bande op ‘n vmotor se stuur as verbied word, dat die mense wat hergroefde bande op straat hoeke verkoop vervolg word en dat kurupte toetsstasies ondersoek word, dit maak mense dood op ons paaie.

Chris Nel ·

Piet, versoolde bande is al jare gelede wetlik verbied op vragmotor se stuur aste.

Jan ·

Niemand is dom genoeg om versoolde bande op hul stuuras te sit nie, ek self het al ń splinter nuwe voorband gebars op ñ lorrie wat deur die vragmotor handelaar geïnstalleer is, somtyds is die bande net foutief of lae banddruk wat deur ń lekkasie op die band kan veroorsaak dat die band teen hoë spoed bars.

Katerina ·

Ai dis n verskriklik tragies, mens kan skaars woorde vind..Verskriklik.

leser ·

tragedie, sterkte aan almal betrokke, ek vra Jesus se hand van vertroosting oor julle

opleiding in swaarvoertuig bestuur sal baie help, sien in pretoria dat meeste swart vrouens aansoek doen vir bestuurslisensie, dan ry hul met medium tot swaar voertuie vir hul lisensie

Margaret ·

Dis so verskriklik tragies, en my hart pyn van hartseer! Het geen woorde van vertroosting nie….Net ons Hemels Vader kan julle vertroos!!

Engela de Klerk ·

Yankee regtigwaar, soek jy nou aandag. Ek woon langer as jy in N.Amerika, maar my simpatie is met hierdie kosbare, pragtige gesin se traumatiese verlies en waar ons woon het boggerol uit te waai met die onderwerp!

Ina ·

Trok bestuurders het geen beheer nie veral wanneer hulle op hulle selffone is of besig is om te eet en met hulle elmboë die stuurwiel vasdruk. Ons ry elke dag tussen Kimberley en Ritchie en elke dag is daar n voorval met n trok. Of hulle verloor beheer en jaag deur die plaasheinings of hulle “swerve” die hele pad vol. Of hulle ry 3 tot 4 trokke agtermekaar of probeer mekaar verbygaan. Trok bestuurders weet hulle sal niks oorkom nie. Wonder of hulle gewete het?

Mariaan ·

Wat n tragedie!!!!! O nee dis net te erg…verstaan nie hoekom sulke goed gebeur nie…NIKS EN NIEMAND kan tog sulke pyn beter maak nie…hoe gaan mens aan na so verlies…nee genade

KAKtus ·

Aan die Americans…. my kaktusse kan skoon verdroog lyk as iemand anders in hul grond krap….. hou jou eerder by jou eie. Jy het mos nou jou wortels in n ander gat gaan druk..

Sterkte aan die familie

Andrea ·

Hemel maar mense is giftig! Yankee probeer sê dat wat hier gebeur in SA hom nogsteeds raak. Is julle te dom om dit raak te lees? Môre vra julle weer vir die eks-SA ners: gaan stem, gaan stem asb, help ons. Vandag spoel jul jul monde uit oor n goedbedoelde opmerking. Pateties!

Madels ·

Ek stem, ons as gesin was vir n paar jaar vir werk oorsee, elke dag het ons SA nuus gelees en gebid vir ons land en sy mense. Yankee was heeltemal verkeerd verstaan hier. Hy gee om al is hy al soveel jaar uit SA. SA is in ons bloed/are.. sal nooit ooit ons land en sy mense kan vergeet of ophou omgee nie

Dinamies ·

Was dit weer van daardie selfde vragmotormaatskappy wat laasjaar n soortgelyke ongeluk met meer as 20 mense dood veroorsaak het?

KAKtus ·

Andrea, Ai kalmeer tog en gaan plant n Kaktus ?. Ons stel nie belang in ander se stemme nie. Braai eerder.

Oorsee ·

Dankie, Kaktus. Dit oorweeg om te gaan stem maar dis baie duur om by ambesade te gaan stem en nou Kan my gewete rus in die wete dat julle NIE my stem soek nie. My en my gesin se heil is tog uitgesort, hoekom deur al die moeite gaan om dit vir mense wat nie ons stemme soek nie, probeer help? Vier stemme minder vir VF+.

Sam ·

Sjoe maar ons het baie band spesialiste hier! Nie te praat van al die getuies wat daar was om te se die storie is ‘n leun.

Ig ·

Enige sterfte is onnodig op ons paaie. Ongelukkig is paaie deesdae “Death Traps” Die band storie klink amper soos “n hond het voor my ingehardloop” Yankee as jy kom kuier sal jy heel tuis wees op ons paaie want die meeste motoriste ry in die regterbaan.

Frikkie ·

My hart breek vir die pappa en man wie se arms nou leeg gaan wees!
Drie lyfies liefde is summer net weggeruk! Dis aaklig! Jou lewensmaat weggeruk! Aaklig! Here hoy Asb daai pappa vas!!!!?

Theresa ·

My hart is baie seer vir hierdie mense. Ek het nie woorde nie en ek verstaan nie die goed nie. So pragtige mamma en 3 pragtige seuntjies wat nog so baie in die lewe moes doen. Here hou die pappa styf vas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.