Ma drink rotgif voor sy kinders glo skiet

Argieffoto: SAPD, Facebook

ʼn Gautengse vrou word in ʼn hospitaal behandel nadat sy rotgif gedrink het voordat sy na bewering haar twee kinders geskiet het.

Die voorval het Sondagmiddag by die vrou se huis in Soweto plaasgevind. Die vrou is ʼn beampte van die Johannesburgse Metropolisie (JMPD).

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, het gesê die vrou se agtjarige seun is in sy linkerbeen geskiet, terwyl haar 11-jarige dogter in haar buik geskiet is. Hy het gesê die kinders is ook tans in die hospitaal waar hulle operasies sal moet ondergaan.

Minnaar het gesê die vrou wou vermoedelik selfmoord pleeg deur die rotgif te drink. Daar is egter nie tans meer inligting oor die rede hiervoor bekend nie. Hy het gesê die vrou is in ʼn stabiele toestand.

Volgens Minnaar sal daar strafregtelike aanklagte teen die vrou aanhangig gemaak word, maar dié aanklagte hang af van die uitkoms van ʼn interne ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Aletha ·

Dis verskriklik. Ek voel in my hart vir haar en haar kinders.
Mag sy en hulle die nodige ondersteuning kry wat nodig is, sonder oordeel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.