Ma eis groot bedrag ná onnie kind klap

‘n Skermskoot uit die video. (Video: Twitter)

Die ma van die oudleerling van die Sans Souci Girls’ High School in Kaapstad wat glo deur ʼn onderwyseres geklap is, eis nou skadevergoeding van R150 000.

William Booth, die onderwyseres se regsverteenwoordiger, het gesê die eis is by die gelykheidshof in Wynberg ingedien. Volgens Booth voer die leerder se ma aan dat haar dogter “aangerand” is omdat sy aan ʼn ander rassegroep behoort en ʼn ander kultuuragtergrond het.

“Ons kantoor het opponerende stukke namens ons kliënt ingedien wat beswaar maak hierteen aangesien die voorval duidelik nie die gevolg was van ons kliënt was rassisties of diskriminerend op grond van kultuur was nie.”

Volgens Booth is die eis niks anders nie as ’n poging om finansieel voordeel te trek uit ’n voorval wat in werklikheid aangewakker is deur die leerder se “gebrek aan dissipline, oproerige en uiters uitdagende gedrag”.

Die onderwyseres is intussen oorweldig deur die ondersteuning wat sy van haar leerders, kollegas en lede van die publiek gekry het, aldus Booth.

‘n Skermskoot uit die video. (Video: Twitter)

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het vroeër bevestig die onderwyseres sal met die aanvang van die tweede kwartaal weer op haar pos wees.

Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, het gesê die skool se beheerliggaam het na afloop van ʼn dissiplinêre proses besluit dat die onderwyseres ʼn boete en finale waarskuwing en behandeling vir woedebeheer sal ontvang.

Die leerling wat glo geklap is, se ouers het haar intussen uit die skool gehaal, het Shelver bevestig.

Maroela Media het vroeër berig ʼn video van die onderonsie tussen die leerder en die onderwyseres is wyd op sosiale media versprei. Op die video kan gesien word hoe die twee in ʼn woordewisseling betrokke is, klaarblyklik oor ʼn selfoon en die taal wat die leerder in die klas gepraat het.

In ʼn stadium stamp die leerder die onderwyseres met haar tafel en probeer skynbaar haar selfoon teruggryp, waarna die onderwyseres haar ʼn oorveeg gee.

Dit is aanvanklik deur sommige op sosiale media beweer dat die voorval rasgedrewe was, maar leerders by die skool het dit eens dat die voorval niks met ras te doen het nie.

Die leerling se ma het vroeër ʼn klag van aanranding by die polisie aanhangig gemaak, terwyl die onderwyseres ook glo ʼn klag teen die leerder by die polisie ingedien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Sê Net.... ·

Die hele rasse storie raak nou afgesaag.

Leer vir jou kind maniere en respek vir mense ouer as hulle dan sal dinge soveel beter gaan.

Willem Grobler ·

Ja en hou sommer haar selfoon by die huis – dié goed hoortbnie in ‘n klaskamer nie.

Barbara ·

Op die video kan die kind se gebrek aan dissipline/respek duidelik gesien word. Ook kan gesien word dat sy die onderwyseres doelbewus met tafel wou beseer! Indien daar enigsins v aanranding gepraat word het hierdie kind haarself eerste duidelik aan aanranding skuldig gemaak! Verder het hierdie kind ‘n reputasie as probleem-kind! Eintlik behoort die onderwyseres ‘n eis teen haar in te dien! Ouers moet besef, deur hul kinders se swak optrede te probeer regverdig, die kind in sy kwaad versterk word en hulle self verantwoordelik is as hul kind as krimineel opeindig.

Johan ·

Reg of verkeerd… Ek het tonne simpatie vir die onnie wie se gesag deur ‘n astrante leerder ondermyn is . Dit was ‘n teenreaksie teen die leerder se skandalige gedrag…

Pretoria ou ·

Stem heelhartig saam.
Die ouers sterk die dogtertjie in haar swak onopgevoede gedrag

Elna ·

Ek mag dit seker nie se nie want ek het nie bewysse hiervoor nie maar hoekom kom dit vir my voor dat die ma die kind aangehits het om skoor te soek met die onnie sodat die onnie tot so gewelddadige stap moet gaan sodat die ma kan geld eis van die onnie af??? As ek n regter was het ek die eis se mier van die hand gewys want die ma soek nou net geld wat ek persoonlik hoop sy nie gaan kry nie want sy moes haar kind maniere geleer het deur die onnie respekteer het. Net my opinie van die saak.

Wessel ·

Aha, die ekonomie knyp! My roep sal eerder wees dat die beskuldige, as sy skuldig bevind word, vir ‘n paar dae korrektiewe toesig gaan, maar dat daar geen geldelike betaling aan die eiser gemaak word nie.

AmY ·

Die ma moet daai geld maar wegsit. Sy gaan dit eendag nodig kry wanneer sy borgtog vir daai bedorwe brokkie moet betaal.

BlinkStephaans ·

Dis jammer ons kan nie die ma iewers aankla omdat sy ñ kind grootgemaak het wat geen respek het nie. Kruip maar agter jou ras perdjie weg om jou eie tekortkominge te verdoesel mamma… dit is mos maar die voorbeeld wat die bewind van ons dag ook stel. Neem verantwoordelikheid vir jou kind man.

Netso ·

Tipies!!! Ek wens dit was die “going-rate” vir ñ taai klap. Ek is jammer om te sê maar as dit jou lot as jou hande te lig raak. Skud jou sak en gaan asb aan met jou lewe onnie.

Maxi ·

Genade! Dis nou so tipies van die ouers! Swak karakter en wil nou net geld skep. Het dit opgemerk met die ma se eerste onderhoud. Ek skaar my beslis agter die onderwyseres. Dis tyd dat ons kinders outydse waardes geleer moet word. Moet by se daar is darem baie van hul nog ordentlik grootgemaak word. Hierdie is duidelik n vrot appel.

JB ·

Dink die onderwyseres moet n klag teen die ma insit en eis vir vergoeding omdat sy die kind maniere moet leer asngesien die ma nie haar ouer-plig nakom en haar kind maniere leer of respek vir ander leer nie.

Wurmpie ·

Sy het die onnie met die tafel gestamp. Ek dink dit is R250 000 se eis

Gert ·

Eies van ouers en onderwys. OHS departement het n gevaarlikke werk situasie veroorsaak. Die kinders het geen maniere nie. Word by die huise geleer.

Opisthophthalmus ·

Haha, hoe anders sal sy van die ‘grid’ afkom hahaha

Cherokee ·

Die departement behoort die ma te rook met ‘n bedrag gelykstaande aan dit wat sý eis, vir gebrek aan opleiding aan haar dogtertjie, of so iets.

Lizzy ·

Dit gaan ń kettingreaksie wees, vir nog eise, deur ongemanierde leerlinge, as hierdie eis goedgekeur word. Lekker sakgeld vir die toekomstige generasie wat skoolreëls verontagsaam.

Stefan ·

As hulle verafgaande goed kan kwyt raak, dan kan mens seker maar sê dt was self verdediging.

Johan Viljoen ·

Wat leer die ouer haar kind? Bied weerstand teen enige vorm van dissipline. Toon disrespek teen enige iemand wat in ‘n gesagspisisie geplaas word. Dit is mos sg menseregte. Word heeltemal uit verband geruk deur magte wat alle orde wil omverwerp en word ondersteun deur die hoofstroom media. As kind het ek nie gewaag om eers my ouers te vertel dat ek gedissiplineer moes word deur ‘n onnie. Ek sou gestraf word deur my ouers omdat dit nodig was dat ek gedissiplineer moes word. Ons is geleer jy is so vry as wat jy jou medemens sy vryheid gun. Viva onnies voeter hulle as hul nie wil luister. Die kind se lewe was nie in gevaar. Hoe tragies dat die onnies se gesag van hul gestroop is deur sg menseregte wetgewing

Leonard ·

Ek sou haar nog harder gemoker het vandag se kinders het niks respek vir ouers en onderwysers nie

Phil ·

Nou moet al die ouers van die ander kinders wat in die klas was tydens die onderonsie n klag gaan lê teen die MA van die ongemanierde kind. Die ongemanierde kind se optrede het die tyd van die ander kinders in die klas wat WIL leer gemors…

Heinrich die slimkop ·

Klap haar weer juffrou , die keer met ‘n teeneis!

Tanya ·

Ok kom ons maak dit reg verdig jufftou betaal en dan moet die ouers die selfde bedrag aan juffrou betaal ek sou haar nie geklap het niw ek sal haar met vuis begekom het sy het die juffrou getart leer julle kinders wat tespek is en maniere dan sal dot nie gebeur nie bring teruv lyfstraf sooz ons fit gehat het en ons het maniere

Anon ·

Ek dink julle moet die video weer kyk, die onnie is van die staan spoor baie agressief en onprofesioneel. Sy stamp eerste die bank teen die kind vas waarna sy die foon geweldadig uit die kind se hand gryp. Die kind stamp die bank terug teen haar waarna die onnie die kind klap. Jy kan sien die onnie was lus vir n fight. As die kind wit was en n swart onnie het hom se geklap was almal aan die kind se kant. As dit my kind was kon sy daai R150000 maar gehou het vir mediese onkoste want ek sal haar foon uit haar hand gryp haar met die tafel bank stamp en as sy enige teen reaksie gee haaf net so hard klap

Okay ·

Dalk ne dalk want die juffrou sukkel al lank met “jou” onmanierlike bloeitjie en die video het laat in die “gesprek” begin. Dalk want sy sê al herhaaldelik vir jou kind om haar werk te doen. Moontlik vir die helr eerste kwartaal smeek sy mooi met absoluut niks ondersteuning van jou as ouer nie en jou onmanierlike brat raak net erger en erger. Dalk moet jy in n onderwyser met 40+ kinders in die klas se skoene staan voor jy as ouer jou mond oopmaak en kla. Gaan gee n kwartaal onderwys met jou wonderlike engeltjie in die klas dan praat ons weer.
Groete
P.s ek is n onderwyser so wert waarvan ek praat. Lekker dag leer jou kindjie maniere!

Gesiggie ·

Die MA kort ‘n taai klap! Nou wil sy geld eis? Ag ASB!!!!!!

fred ·

dagvaar die ma vir afpersing…..almal die skuld van die liberale aktiviste, politieke korrektheid en al die menseregte organisasies wat krap waar dit nie jeuk nie….Ek kan nie verstaan nie dat daar nog persone is wat in goverment skole kan klas gee…Sterkte aan al die onderwys personeel landswyd.

Neels ·

Dit is seer sekerlik nie die ma wat dit eis nie maar wel haar regsverteenwoordiger. Sy sal blywees as sy n kwart daarvan sien want die verteenwoordiger gaan met die meeste wegloop kwansuis vir regskoste ens.

Dina ·

Ai tog, hoe belaglik kan gierigheid mens tog maak. Hoekom howe enigsins tyd mors op sulke belaglike sake gaan my verstand te bowe. Dis mos duidelik soos daglig dat die kind uittartend was.

fred ·

Moenie toelaat dat die ander ons uitlok om te reageer….hulle staan klaar om dit af te neem in die hoop vir politieke of finansieel gewin….goeie raad,ignoreer hierdie situasies …..het hiermee persoonlike ervaring gehad en die politieke klimaat is dat n blanke altyd verkeerd is……Let op: alleen blankes kan rassiste wees……!!!!

Blits ·

In vandag se lewe het die kinders te veel regte, meer as wat die ouers het, ons hande is vasgebind met n bullseye op ons gesigte geverf,.
my pa het my geneuk as ek nonsens aangehaag het maar ek is nie dood daarvan nie maar my n beter mens gemaak en ek se dankie dat hy my geneuk het.
vandag se kinders mag jy onder geen omstandighede pak gee nie anders hardloop hulle polisie toe, vat die selfoon en hulle ruk hel erg hande uit of probeer selfmoord pleeg, straf deur te keer dat die boyfriend kan kom kuier dan loop hulle weg, as ek en my vrou enige vorm van straf probeer dan is dit asof die duiwel in ons huis los gelaat is en dit raak so ondraaglik dat ons wil weghardloop, die maatskaplike werkers is in die kind se kant en dit help nie eers om hulle te vra vir hulp nie, ons was al by die polisie, kerk maatskaplike werkers, niemand wil help nie want die kind bly onskuldig maak nie saak wat hulle doen nie.

A. Zoet ·

Die duiwel is los.:
Die kind het haar selfoon in die klas gehad sy wou dit nie oorhandig aan die onderwyseres nie dis waar die marankas begin plaas neem het. In vandag se skole mag ‘n leder nie sy selfoon by hom he tydens klas nie. Ek sou ook my poppe uit dieprem gegooi het as ek die onderwyseres was. My raad is aan die onderwyseres dat sy ‘n teen eis instel teen die ouers en die leder. Die leerder het geen respek vir haar onderwyserres gehad nie daarom het die konflik gebeur. Onderwyseres stel ‘n teen eis in asseblief. Vandag se kinders in skole het geen maniere vir ‘n onderwyser/onderwyseres nie. sterk staan Juffrou en wys hyl waar Dawid die wortels begrawe het. Ek het geen vertroue meer in die onderwys Departement nie wan al wat hul kan doen is skree RASSIME al kom dit van die leerder die skuldige af. SUE hulle onderwyseres moet nie terug staan nie asseblief.

MCS ·

Geld kannie maniere of respek vir jou kind koop nie. Geld sal van haar net meer van ‘n brat maak. Miskien moet die ma na haarself kyk en wonder waarom die kind so is. Mevrou die lewe skuld jou niks!

HPV ·

Dit werk eintlik so, die anc/eff het die mense geleer die wêreld skuld hulle iets en die iets is jy onvang alles gratis. Jy hoef nooit te werk nie want die gewers sal nooi ooit opraak nie, “demand”, gooi ‘n vloermoer of hou jou hande net bak. Tot en met hierdie tipe denkwyse verander is dit nag vir Suid Afrika. Dit gaan ‘n lang nag wees…tensy die gewers ophou gee…

Henriëtte ·

Ras is nie hier ter sprake nie.
Hierdie ma moet beslis haar verantwoordelikheid as ouer hersien en eerder hierdie tyd aan die opvoeding van haar kind se spandeer wat duidelik tekort skiet.
Mamma, jy verdien ook ‘n klap…

Adri ·

As ek president word dan smelt ek daai reuse beeld voor die Uniegebou en maak n paar beelde vir onderwyseresse. Hier by ons is ook n paar leerlinge wat moet slae kry.

Chris ·

Die geld gaan n belleging in die kind s toekoms wees. Sy is oppad parlement toe, sy word reg groot gemaak want een het nie nodig om onder disipline te staan daar nie.

Mariana ·

Nou ja daar is dit nou. Snaaks sy is nie ook al ‘n huis gegee nie. Dit is as of die kind betaal wil wees vir haar gedrag. Die ma is die ergste, as sy haar kind ordentlik opgevoed het sou hierdie tipe gedrag nie kop uitgesteek het nie.

Wielspore ·

Indien die ouers se eis sou slaag is hulle verloorders, die kind het nie geleer om eienaarskap te vat vir verkeerde optrede. Die situasie gaan hom in die toekoms herhaal en die keer gaan die ouers iemand anders ten duurste moet betaal om die kind se verkeerde optrede te regverdig.

Foxi ·

Die liefde vir rykdom. Ek skaam my vir die ma. Sy moes eerder haar dogter n mokerse oorvee gegee het vir haar optrede. Maar soos die gesegte sê, ouers is die voorbeeld van hul kinders se optredes.

George in Bloem ·

Nogal gewonder wanneer kom die geld ding…..dis mos hoe dit deesdae hier werk.

Jean ·

Nerens lees ek enige kommentaar van lesufi nie,of is hy nou aangestel oor borgskappe teen die Afrikaanse Feeste .

Simba ·

Dit is nie n blanke onderwyserres nie, anders was sy al agter tralies.

Jan die Buurman ·

Niemand het die reg om sy vinger vir ander te lig nie sommige onnies kom met issues skool toe en kinders ontgeld dit vra my ek is ook n onnie deesdae gaan dit net oor geld wat van die liefde vir jou werk? Niemand word forseer om skool te hou nie jy behandel ander ouer se kind soos trash maar jou eie kind tantrum gooi stop jy hom of haar vol geld of geskenke ek het begrip vir dai ouer wat as die kind n mediese toestand gehad het en wit was en dit n swart onnie was? Wat dan? Eks moeg vir die vooroordele ons moet regkom lyfstraf is uit slaan liefs jou eie kind!

Net ek ·

As daar nie self one in die klas toegelaat word nie, wat van die een wat die video geneem het? Gaan daardie een geskors word?

Dis aanranding as jy die juffrou stamp. Waar is daardie klag?

Koos de Meyer. ·

Die kind het geen maniere punt. Hang af hoe kinders groot ge maak word. My seun het vir die juffrou gesê, as daar ‘n probleem is bel my. Ek slaan sy boude dat hy kan leer wat dissipline is. Sielkundig groot maak, snert. Maar vandag is dit mos gehoorsame ouers.

John ·

?.. maar hoekom nou al kerm. Stem vir die VFPlus-terugslaners en jul nuwe nuwe tuisland saam met jul Khoisan/Griekwas-bloedfamilie. Die eise sal instroom hou net moed. Ons hoop die sweety-pie-oompie op die groooooot EK-plakkate het baie geld want sy naaaaaste gaan sy 7%-gene laat betaal en sommer ook vir al die terugslanery…
Stem vir die slaan-en-pay-party en ly broeders ly!

Israel ·

Die ma moet die juf betaal want sy het gehelp met die kind se opvoeding!

Barbara ·

Op die video kan die kind se gebrek aan dissipline/respek duidelik gesien word. Ook kan gesien word dat sy die onderwyseres doelbewus met tafel wou beseer! Indien daar enigsins v aanranding gepraat word het hierdie kind haarself eerste duidelik aan aanranding skuldig gemaak! Verder het hierdie kind ‘n reputasie as probleem-kind! Eintlik behoort die onderwyseres ‘n eis teen haar in te dien! Ouers moet besef, deur hul kinders se swak optrede te probeer regverdig, die kind in sy kwaad versterk word en hulle self verantwoordelik is as hul kind as krimineel opeindig. Onderwysers word uitgelok! Dit is omdat kinders regte het ipv goeie dragslae op sy tyd!! Maar chaos & anargie is ons voorland met ‘n regering wat hulle ook nie aan enige reëls of dissiplines steur nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.