Ma en 4 seuns sterf op Moedersdag by Coligny

Argieffoto (Foto: Kent Williamson)

Die polisie in Noordwes ondersoek vier sake van moord en doen ʼn geregtelike doodsondersoek ná ʼn 38-jarige ma en haar vier seuns, tussen 2 maande en 15 jaar oud, Sondagoggend dood aangetref is in ʼn huis in Vaalbank, net buite Coligny.

Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, sê die vyf persone is almal deur paramedici op die toneel dood verklaar.

“Volgens inligting het die ma en pa die Saterdagaand ʼn woordewisseling gehad,” het Myburgh gesê. “Die hele gesin, ouers en ses seuns, het die aand egter bed toe gegaan.”

Deur die loop van die aand het die ma wakker geword en glo gif gedrink en in die huis versprei. “Die ma en vier van die seuns is oorlede. Die 35-jarige pa en twee seuns, onderskeidelik agt en 17 jaar oud, is in die hospitaal opgeneem vir mediese behandeling.”

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Zacahara ·

Ek wonder net wat dryf ‘n mens tot so ‘n onmenslike daad….???

Chantel ·

Ai tog, dis bitter hartseer. Ander mense se boeke is duister vir ons.

Zani2106 ·

ek kan nie eers indink hoe n mens jou eie knders dood maak nie …. :(

Fedup ·

Why would you do that?
I understand life is pushing all of us to the brink.
Suicide is not the answer.
Really sad to read of so much suicide cases around the world.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.