Ma en baba sterf in Mpuma-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ma en haar baba, vermoedelik drie jaar oud, is Saterdag in ʼn ongeluk op die N4 buite Middelburg in Mpumalanga oorlede.

“’n Man, vermoedelik die pa, is kritiek beseer nadat ʼn Nissan Sentra en ʼn vragmotor mekaar getref het,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê.

Die ongeluk het ongeveer 20 km buite Middelburg plaasgevind.

Die Sentra is in twee stukke geskeur. Die ma, vermoedelik in haar 30’s, en die driejarige het dood in die pad gelê. Die pa het ʼn paar meter ver van die wrak af gelê. Hy is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

ʼn Ooggetuie het aan paramedici gesê ʼn vragmotor het die motor op die N4 in die rigting van Nelspruit getref. ʼn Ander persoon het gesê dit het gelyk of die bestuurder beheer oor die motor verloor het voordat hy voor die vragmotor beland het.

Owerhede ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.