Ma en boer wat dogter vir seks gebruik swaar gestraf

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Boer van die Oos-Kaap en ʼn ma van Stutterheim is swaar gestraf nadat die vrou haar dogter, toe 11 jaar oud, aan die boer verskaf het vir seksuele doeleindes.

Tsepo Ndwalaza, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, het gesê William Knoetze (59) is skuldig bevind aan 19 aanklagte, insluitende twee aanklagte van verkragting waarvoor hy tot 15 jaar tronkstraf gevonnis is. Hy is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir sewe aanklagte van mensehandel vir seksuele doeleindes en ʼn bykomende tien jaar vir tien aanklagte van seksuele uitbuiting van ʼn kind.

Die vonnisse sal samelopend uitgedien word wat beteken Knoetze is effektiewelik tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Knoetze se naam sal ook by die register van seksuele misdadigers gevoeg word.

Die kind se ma (34), wie se naam nie bekendgemaak mag word nie om haar dogter se identiteit te beskerm, is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van mensehandel en tot tien jaar tronkstraf vir die seksuele uitbuiting van ʼn kind. Haar vonnisse sal ook gelyklopend uitgedien word.

Die twee is verlede jaar in hegtenis geneem nadat die vrou haar dogter aan die boer verskaf het vir seksuele doeleindes in ruil vir finansiële vergoeding. Die vrou het glo ook haar dogter gedwing om nog twee meisies vir die boer te “werf”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jo ·

Sulke …..!! Om onskuldige kinders se lewens so te verwoes is ondenkbaar.

KarooKlong ·

Hou die spasie dop – hulle gaan hom regsien in die tronk. Hy verdien dit.

Neptunus ·

Heeltemal te lig gestraf. Dit beteken hy sal dalk al na sowat 8 tot 10 jaar uit op parool kan wees.

Ek kan maar net my kop skud.

SNEL ·

Dis skokkend en vieslik, om te dink n ma doen so iets aan haar kind en vir Knoetze om nogal in te stem. Aarde, twee volwassenis wat die arme kind moes beskerm het. Die twee varke moes lewenslank gekry het, hulle is uiters “siek” en gewoonlik genees die tronk nie hierdie spoot “siekte” nie. Arme kind, ek hoop sy is nou waar sy goeie sorg en liefde sal kry.

Theresa ·

Die wiel sal draai vir hierdie mense vir wat hulle aan die arme kind gedoen het. Ek hoop net die dogter kry hulp en kry ‘n 2de kans om iets van haar lewe te maak.

scalla ·

Knoetze is die naam boer nie werd nie, gemors, hy en die ma, mag hul boet

Armando Pellencin ·

Scalla, jou kommentaar is voortreflik!
Armando.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.