Ma en dae oue baba sterf saam

Foto: Verskaf.

ʼn Ma en haar 21 dae oue baba is Vrydagoggend dood en vyf ander mense beseer toe die motor waarin hulle gereis het, gerol het.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 05:00 op die N3 tussen Harrismith en Warden plaasgevind.

Volgens Dollman is drie volwassenes, een tiener en drie kinders op die toneel behandel. Die bestuurder van die motor het glo beheer verloor waarna die voertuig gerol en op sy dak geland het. “Van die insittendes is uit die motor geslinger,” het Dollman verduidelik.

ʼn Ma en haar 18 maande oue babaseuntjie het baie ernstige kopbeserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas. “Nog ʼn ma en haar tweejarige dogtertjie asook ʼn 14-jarige meisie het matige tot ernstige beserings opgedoen.”

Hulle is deur provinsiale nooddienste na ʼn hospitaal vervoer.

Die polisie ondersoek die voorval.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

A ·

Sterkte aan die oorlewendes. My gevoel is dat daar dalk te veel mense in hierdie kar was en dat daar nie genoeg veiligheidsgordels was om almal te beskerm nie.

Mathilda` ·

Dis hartseer – ek het ook agtergekom daar is te veel mammas en kinders in die motor. Lyk ook na ‘n kleinerige karretjie.

Annette Stander ·

Die voertuig was totaal oorlaai! Dalk nog ‘n onbevoegde of roekelose bestuurder ook

Niel ·

Ek verstaan nie altyd lekker die term “Beheer oor voertuig verloor” nie. Daar moet tog iets vooraf gebeur wat aanleiding gee dat ‘n persoon bv. uitswenk en dan beheer oor die voertuig verloor. Mens verloor nie net sommer beheer oor ‘n voertuig nie.

MissDemeanor ·

Ek stem saam ja. Het hul gegly op plas water? Het ‘ band ge bars? Was daar ‘n “pothole”. Ek wonder hoeveel mense gaan dood direk as gevolg van swak onderhoud van paaie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.