Ma en dogter (3) ‘brutaal aangerand’

Foto: SAPD, Facebook

Die polisie in Port Elizabeth ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat ʼn vrou en haar driejarige dogter in hul huis in die stad “brutaal aangerand” is.

Brig. Marinda Mills, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê bure het die afgelope naweek op 47-jarige vrou en haar dogter in hul huis in Chatty afgekom.

“Daar word beweer dat bekommerde bure Saterdag omstreeks 18:00 na die vrou by haar huis gaan soek het. Sy het nie gereageer toe hulle aan die deur geklop het nie en hulle het die huis binnegegaan. Hulle het die ma en dogter met veelvuldige kopbeserings aangetref,” het Mills gesê.

Sy het gesê die vrou en kind is na ʼn hospitaal gehaas. Volgens Mills is die motief vir die aanranding nog nie bekend nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die polisie het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om na vore te kom. Intussen het brig. Keith Meyer, waarnemende bevelvoerder van die Mount Road-polisie, die aanval ten sterkste veroordeel. “Met kinderbeskermingsweek in gedagte moet ons beklemtoon dat dit almal se plig is om by te dra toe die beskerming van kinders teen geweld, uitbuiting en mishandeling,” het Meyer gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Michael ·

Dit raak al erger vrouens en kinders moet selfverdediging begin studeer, akido word aanbeveel deur die kenners die lafaards teiken in elk geval net baie ou mense of vrouens hoekom weet ek nie wat hulle is die huidige bevoordeelde groep in Suid-Afrika met al die voordele van werk ens ens.

Leeutjie ·

Dis baie waar Michael om selfverdediging op te neem. Ek het 30 jaar van my lewe spandeer met dit en kan myself verdedig! Die probleem is egter waar daar 2 of meer is beteken jou lewe niks! Hulle is te lafhartig vir ‘n een tot een…. en kom in getalle!

Ai ·

Wie rand n 3 jarige weerlose kind aan?! So klein dingetjie is mos geen bedreiging nie.
Ek hoop die ma en haar kind word gou beter. Dis hartverskeurend.

Die regering FAAL ·

Janee nou word die 3 jarige kinders ook al aangerand, volgens die staat is dit seker net HUISROOF wat verkeerd gegaan het. Wanneer gaan die STAAT wat verantwoordelik is (dmv die polisie en weermag) wakkerword en sy burgers probeer beskerm? Hulle doen niks daaraan nie, want volgens hulle is dit ‘opgemaakte’ stories deur anti-regerings groepe. So word mans, vrouens en kinders verkrag en vermoor en so sit Zuma heerlik met sy biljoene en sy maag met vet smeer met ‘n hengse sekuriteitsmag waarvoor ONS betaal om sy huis .hoekom sal hy worry oor ‘n 3 jarige wat papgeslaan is saam met haar ma ? Dit raak hom mos nie! Stem net weer ANC in die volgende verkiesing en jy kry WEER ‘n Themp en pet. TRAGIES, sterkte aan die slagoffers en familie! Motief vir aanranding op ‘n 3 jarige? SOEK Julle regtig vir ‘n MOTIEF?? Wat kan die MOTIEF wees?

Vraag ·

Vra eerder vir Zuma in die parralament wat dink hy van vroue, kinders en oumense.

Theresa ·

Mans hoef nie aan misdaad blootgestel te word nie. Hy moet verklaar waarom hy nie landsburgers beskerm nie. Almal het die reg om beskerm te word en hy FAAL almal.

jean ·

En nog is het einde niet……….. klakkelose toesprake oor vrouens en kinders….

Liezl ·

En daar word my vuurwapenlisensie vir selfverdediging mos toe nou afgekeur. MOTIVERING NIE GOED GENOEG NIE!!!!!!!!!!!! Nou gaan ek ‘n boek skryf, shame die ou wat daar bo in Pretoria sit ken seker nie die land se statistieke nie. Sal hom bietjie inlig

Lucy ·

Daar word een ding gepreek oor beskerming van vroue en kinders, maar in die praktyk is dit heeltemal ander storie. Ek het my twee dogters gevat en gestap uit huis waar hulle blootgestel was aan gesinsgeweld van hul pa af. Hy skryf hulle af vir jaar, gaan dan welsyn toe en beweer hy het geen toegang om hulle te sien nie. Dit is nou nadat hy nuwe vrou gekry het en wou indruk maak by haar. My dogters blootgestel aan ondervraging, besoeke aan manlike welsyn werker, wat alles wat ons hom meedeel bevraagteken en betwyfel. Drie maande later roep my Graad 1 dogter se juffrou my en vertel my dat my dogtertjie haar hart by haar uitgehuil het die dag en die dinge wat sy haar juffrou vertel het breek my hart. Sielkundige besoek later en my dogtertjie moet op medikasie gaan aangesien sy nou depressief / post traumatiese stres het – my oudste dogter is reeds twee jaar op depressie medikasie as gevolg van wat sy deurgegaan het. En ja, nou moet ek hulle weer van voor af opbou. Daar is nie geregtigheid en beskerming vir kinders en vroue nie, en ek kan getuig daarvan.

Vertel ·

Is daar al enige fotos van hierdie arme mense wat so verniel is vrygestel? Ek sou graag wou sien. Dit is so ‘onpersoonlik’ om net daarvan te hoor en nie te weet wie die mense is nie, want MENSE Is mos nou deesdae enigiemand .. ek wil graag weet hoe dit met die kind ook gaan?

jean ·

So jammer vir jou en die kinders Lucy…..Jou en die Liewen Heer se liefde sal hulle deur al die strooi dra……wees verseker..sy dag sal kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.