Ma en dogter in huis vermoor

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

Die polisie het ’n grootskaalse soektog van stapel gestuur na die verdagte of verdagtes wat betrokke was by die moord op ’n bejaarde vrou en haar dogter in Roodepoort.

Die 78-jarige vrou en haar 53-jarige dogter se liggame is Sondag met verskeie steekwonde in ’n kothuis in Floridapark gevind.

Dit is in die stadium nog nie duidelik wanneer die vroue vermoor is nie en of enige iets uit die huis gesteel is nie.

“Die ondersoek is na die Gautengse provinsiale ondersoekeenheid verwys en word ondersoek in ooreenstemming met die SAPD se verbintenis om alle geslagsgeweld- en vrouemoordsake te prioritiseer,” het brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die polisie ondersoek die omstandighede rondom die dubbelmoord en probeer die motief vir die grusame daad vasstel.”

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om hul naaste polisiestasie of Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Irma ·

Dankie vir berig hou ons asb op hoogte dis my tannie se skoonfamilie en ons weet niks

Maggies ·

Innige meegevoel met hulle verlies. Mag geregtigheid seëvier.

Misky ·

Innige meegevoel en hoop en vertrou die skuldiges word vinnig vasgetrek. So onnodig en sinneloos

Johan ·

Ek dink as die slagoffers se name bekend gemaak word sal daar ‘n groter kans wees vir hulp/leidrade van die publiek af.

Blikke ·

Hierdie is steeds skokkend en vernietigend. Duidelik is genoeg vir party nie Genoeg nie en dit lyk hopeloos en sonder eind. Hier is dalk uiteindelik slegs een manier om die waansin stop te sit. BOOS….is nie die woord nie….dalk eerder n ander paar woorde en Emosies wat ek nie hier kan se nie!!!

Harry ·

Spreuke 1 verwys spesifiek na hierdie boosheid. Ons moet ons Liewe Vader vra om beskerming en ons veranwoordelike bydrae maak tot die beeindiging van hierdie soort veragtelike optrede.

Nicole ·

“Meneer” die president, jy het die stryd, mag respek, en beheer as president VERLOOR … LANK, LANK GELEDE AL!!!

Anoniem ·

Sê net vir my hoekom lees ons net van Blankes wat vermoor word?? En Mnr Ramaphosa jy sê niks!!!!

Danie ·

Wat probeer jy sê Kotze?
Dat ons nerens lees dat witmense besig is om mense van kleur te vermoor nie?
Of iets anders..?

Cecilia ·

Met n 2% sukses kans op arrestasie het ek nie veel hoopp dat enige iemand ooit sal gevang word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.