Ma en dogter op N4 oorval, beroof

Die omgewing waar die aanval plaasgevind het.

Die polisie is steeds op soek na ʼn bende aanvallers wat ʼn Pretoriase ma op die N4-hoofweg naby Onderstepoort verkrag en beroof het.

Die vrou en haar 12-jarige dogter was Dinsdag omstreeks 19:00 op pad huis toe, toe twee van die voertuig se motorbande op dié hoofweg in die noorde van Pretoria glo gebars het. Volgens inligting is klippe of ander skerp voorwerpe vermoedelik doelbewus as ʼn lokval in die pad gepak.

Die twee moes noodgedwonge stilhou.

Maroela Media het verneem die vrou het onmiddellik haar man gebel en gesê waar hulle gestrand is. Hy het op sy beurt iemand wat daar naby woon, gevra om dadelik daarheen te ry om die twee op te laai.

Volgens inligting het die aanvallers egter binne minute toegeslaan. Hulle het klaarblyklik die motor se deure oopgedwing en die ma en dogter uitgeruk.

Kapt. Rebecca Phatlhane, polisiewoordvoerder in Pretoria-Noord, het gesê die vrou is digby haar voertuig langs die pad verkrag. Haar dogter was klaarblyklik net ʼn entjie daarvandaan.

Phatlhane het gesê die drie aanvallers het gevlug met kontant, juweliersware en selfone. Hulle is steeds soek.

Maroela Media het verneem die ma en dogter het ná die aanval op die hoofweg by verbygaande motoriste om hulp gepleit. Die persoon wat die vrou se man vroeër ontbied het, het hulle glo daar gekry nadat niemand anders stilgehou het nie.

Albei ontvang berading. Die vrou is glo ʼn paar dae lank in die Montana-hospitaal behandel, maar is reeds ontslaan.

Die Pretoria-Noord-polisie ondersoek klagtes van verkragting en gewapende roof.

ʼn Bron het aan Maroela Media gesê die gesin is diep getraumatiseer deur die voorval en dat ander motoriste ekstra waaksaam op die pad moet wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Frank ·

Kan nie verstaan hoe die N4 Witbank snelweg en “naby Onderstepoort” bymekaar kom nie?

Pieter du plessis ·

Frank wat ek nie verstaan is hoekom die media nie enige beskrywings gee van die aanvallers nie wat is die rede daarvoor,wat beteken die woorde aanvallers of mans in n land met multikulturele groepe,wil die media het die vermoë om die aanvallers te stop maar hulle doen nie waarom?

Lionel Greenberg ·

Our legal system is useless. Only small time “insignificant” people got to jail.
POLICE, NPA, MAGISTRATES and JUDGES – DO YOUR JOB WITHOUT FEAR OF FAVOUR, ELSE RESIGN.

Johanna ·

Hoe verskriklik!!! En NIEMAND het stilgehou om te help nie. So jammer dat julle dit moes deurmaak. So verskriklik hartseer!!

JP ·

Frank die N4 stop in Pretoria dan moet jy op die N1 klim en weer op die N4 klim om op die N4 Rustenburg pad te kom.

Eben P ·

Johanna sou jy gestop het? In vandag se tyd is dit baie gevaarlik om te stop …. baie sterkte aan die vrou en haar dogter Maar dis die land wat die anc vir ons geskep het sonder dissipline

Maria D ·

Mag hierdie moeder en dogter en die hele gesin die krag ontvang om hierdie trauma te verwerk. Sal God ons bewaar want nêrens voel en is ons meer veilig nie.

Niks ·

Niks sal gebeur nie. Niemand soek hulle nie. Hulle kom met moord en verkragting weg.

Thomas ·

Die tragiek is mense is te bang om te stop…. Al wil hulle.

Vonny ·

Ek het ook al 2 keer as vrou verby tragesè omstandig hede verby gery. Ek het sò n vreeslik om langs die pad te stop. Ek bid vir hierdie hele familie asook naasbest aand is. Ons land het God meer as ooit nodig.!!

Ek ook ·

Ek het al met my twee babas in die motor verby ‘n minibus taxi gery waar die bestuurder sopas geskiet is en rondgerol het op die sypaadjie, maar ek was te bang om stil te hou. Tyd vir kameras op alle paaie in alle gebiede dankie.

Pieter du plessis ·

Die meerderheid mense is te bang om te lewe,te bang om n ding te sê soos dit is,te bang om betrokke te raak en die polisie nog meer bang /lui en die kriminele floreer daarop.

Corrie ·

Vrouens moet hulself bewapen en leer om daai wapen te gebruik en as jy in nood is moet nie huiwer om te skiet nie. Baie jammer en hoop julle word gou beter. Dis ongelukkig die land wat die ANC skep vir ons blankes

Danie ·

Dis so traumaties. Baie sterkte aan familie.
Ons harte huil oor ons siek land.Mag die skuldiges boet op die swaarste moontlike wyse.

Engela de Vries ·

Sekere mense moet vinnig uit die weg geruim word, want hul het n groot meerderheid nog net reg bewys.

Thys ·

Kan ni glo wat ek nou gelees het nie ek bid saam met die gesin dat hulle oor dit kan kom alhoewel ek weet dit gaan baie moeilik wees,wees sterk en glo net di here sal julle bystaan sterkte !!!

Jr ·

Thys wat kan jy nie glo nie. Waar bly jy oorseë want hierdie dinge gebeur elke uur in Suid Afrika. En die geliefde party doen niks nie en gee niks om nie.

LB ·

Ek haat hierdie siek veragtelike land waarin ons noodgedwonge moet woon! En die ANC president praat net oor die ekonomie wat hy wil regruk. Het hy al een keer na die moorde, geweld en misdaad verwys? Hier is niks meer om op trots te wees of na uit te sien nie. Ek wil nie meer ry as dit nie noodsaaklik is nie, want jy is nêrens veilig nie. Enige oomblik kan hulle op jou toeslaan in druk verkeer, in ‘n besige sentrum kan jy deel uitmaak van ‘n rooftog want hulle skiet wild en wakker want ‘n lewe beteken niks en ons almal sit soos lammers ter slagting en hoop en bid dit word ons gespaar. Ek haat dit om bang te voel maar dit is wat ek geword het. Bang ek word ook ‘n slagoffer soos hierdie arme mense waaroor in die artikel nog ‘n statistiek geword het wat ook onder die Tafel ingevee gaan word.

Alwyna ·

Stem saam. Dis sooo tragies want ek is mal oor ons land se natuurskoon. Dinge gaan ook erger word
Ai, ons word darem geslaan met die 11de plaag…

VVA ondersteuner ·

Gaan stem asb op die VVA (Verenigde Vryheids Alliansie ) webtuiste vir onafhanklikheid.

walglik ·

Sies!! ek weet nie of ek wil uitbars in trane of naar word nie.
Dit is baie ontstellend. Jammer vir die arme vrou en dogter. Ek dink die naar gevoel is eintlik haat.

Dikvoet ·

Mag die Here hulle genadig wees??, dis die ergste van alle dinge

Mariaan ·

SKOKKEND verby! Barbara wat dit doen…so jammer vir die ma en dogter wat so iets moet sien…agge nee man…swak..siek nasie! Ons moet wegkom uit hierdie land!!!

Henry ·

Ag Oom Jaco
Waar en wanneer gaan die “WARE selfbeskikking” plaasvind en hoe sal die Utopia verhoed dat sulke misdadige wreedhede in hierdie droewe land plaasvind???

Kotie ·

Nou vra ek met trane in my oe, hoe gaan ons stembusse toe en stem vir n beter en veiliger land en dis wat met vrouens en n onskuldig 12 jaar meisie gebeur??? Hoeveel nog? Wanneer gaan almal besef ons land is nie meer ons land nie… Ek hoop en bid van harte dat die gesin die krag sal kry om weer op te staan.

Tokkie ·

Die ma en die kind gaan die res van hul
lewens getraumatiseerd wees – die misdadigers gaan maar net aangaan met hul lewens asof hulle niks verkeerd gedoen het nie

Kotie ·

Presies my punt! Hardseer om te dink dat die nog een van ons onopgeloste sake gaan word. Want wie gaan hulle soek?

PJC ·

Ek as man kan maar net bespiegel oor hoe die arme vrou moet voel. In my oë is dit erger as moord as hierdie gemors so iets aan ń vrou doen.

chris ·

niks gaan gebeur nie, 2 maande terug is 2 vrouens in die suide van johannesburg ook dood geskiet. die SAPS sit met genoeg leidrade maar hulle is te slapgat om die skuldige aan te keer. sa is die land waar jy so maklik kan wegkom met moord.
Nog n geval waar n vrou dood is asgv haar vriend, alle bewyse is vir die SAPS voorgele, asook al die verklaring s en foto’s maar nog steeds kom die moordenaar weg.
watter wonderlike sapd het ons nie in die land nie,

Anna ·

So jammer dat seker die groot ste nagmerrie wat n vrou kan beleef op jullepad gekom het …. dis pure euwel wat op ons wag !!!!! Hoop julle sterkte toe en bid vir julle?

Helena. ·

Daars iets wat ek nie kan verstaan nie..hoe moet enigeen so n voorval keer as hulle nie eens in die omtrek van die voorval is nie..dis op die pad, nie voor die parlement gebou nie. Hoe kan daar n polisie man op elke kilometer van die paaie wees. Hoe kan die dinge gekeer word. Ek is 100% aan die slagoffer se kant, maar hoe keer enigeen die dinge in “ons” land.

Intel stop Misdaad ·

Behoorlike polisiëring gaan oor die stop van misdaad, voordat dit plaasvind. Groot genoeg vrees vir gevolge van misdaad is die beste afskrikmiddel. Helaas is dit nie in SA die geval nie.
Behoorlike vervolging wat lei tot tronkstraf, sodat hulle nie bloot ‘verdwyn’, of ontsnap nie. Weereens, nie die norm in SA nie.

Johan ·

Niemand kan dit keer nie, want ons het in n land van lamlendige papbroeke verander.Elkeen is dag tot dag bang en lam van vrees. Niemand wil betrokke raak nie, jy hoop net dat jy nie die volgende slagoffer sal wordnie. Ons is in n land van die mees veragtelike wesens op die planeet.

Janet ·

My man het my en ons kinders opdrag gegee om in so’n geval aan te hou ry, indien moontlik tot ‘n veiliger plek, al ry ons die vellings en nog meer stukkend.

Pieter du plessis ·

As jy in n land met regte polisie bly dan werk dit so.

Sonia ·

Ek moet liewers niks sê nie want wat ek te sê het sal my in die tronk laat beland. Dis so opvallend hoe lafhartig die “mans” is wat so roof en moor – nooit 1-1 nie! Mag die vrou, dogter en hulle familie geregtigheid sien gebeur.

Cherokee ·

Dan is daar mense wat van versoening praat. Met húlle! Daar’sie ‘n kans nie.

Frank ·

Wat ‘n siek situasie! Siek verby! Ek sit hier in Engeland en droom en beplan vir waneer ons eendag teruggaan… Lyk my dit gaan net ‘n droom bly.

Expats begin lede word van ‘friendsofafriforum dot com’ om te probeer om dinge beter te maak vir EENDAG… ek hoop daar is meer wat ons kan doen. Ai…

Die vrou en haar dogter is in my gebede.

Anoniem ·

Dit het net nie end nie : As dit nie ‘n plaasaanval in Bonnievale is nie, dan is dit ROTSE wat digby De Doorns op ‘n onskuldige drywer van ‘n vragmotor gegooi word, of ‘n Boer en Sy tuinier of ‘n Mamma en haar dogter op die N-4 of en so kan ons aangaan………………………………….

MAAR Onse President sê vir Beleggers Suid-Afrika is NET DIE PLEK OM JULLE GELD TE BELÊ

Wat ‘n leuen ?

Frank ·

Geen polisieëring se resultate. Kriminele is net glad nie meer bang nie. Miskien is ‘n private polisiemag die oplossing? Of Reserviste …

Opossing is selfbeskikking ·

Die enigste oplossing is selfbeskikking, klaar.

Pieter du plessis ·

Die polisie polisieer nie meer hulle lê iewers onder n boom en niksdoen nie en sodra misdaad gepleeg word dan is hulle gou om te sê hulle ondersoek pateties verby as die polisie n volskaalse staking het sal ons nie eers die verskil sien nie.

Herklaas ·

Ja Pieter, ons almal ken die antwoorde op almal se vrae maar ons is te min om te baklei teen ‘n oormag van kriminele met planne!! Die helfte is binne die polisie!!!

Corné ·

Frank, N4 loop verby Onderstepoort van Brits na N1. Google Maps.

Mark ·

Wat hartseer is is wanneer hulle vra dat jy moet versigtig wees op sekere paaie. Kan hulle nie die paaie patrolleer nie?

Jenny ·

Dis baie erg! Almal moet hulself kan verdedig. Gaan vir lesse! Kry wapens! Ry met traangas in jou kar. Wees altyd gereed vir enige situasie! MOET nie stop in die aand nie al bars jou bande. Veral nie as julle net vrouens in die kar is nie. Wees altyd paraat.

Boerin ·

God hou U Hand oor hulle !
Dis absoluut net ondenkbaar…iets om nagmerries oor te kry, elke dag net iets erger as die vorige dag.

Willem Grobler ·

Wees altyd gewapen en leer om dit te gebruik. Moet nooit stilhou as jy oor klippe of iets dergeliks gery het nie. Hou aan beweeg so vêr as moontlik weg van die plek waar die goed in die pad gepak was en skakel vir hulp.

AP ·

Dit help nie eens om ons ware gevoelens uit te spreek nie want dan is jy ‘n rassis maar wat word die drek genoem. Mense???
Hoop ma en dogter kry net die beste berading.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Gelukkig is die ANC inhuldiging
R100 000 000.00 goedkoper as die vorige keer…..Cyril spaar geld vir sy Nkandla…dan sal hy n groter budget hê vir sy mense….dalk kan hy Privaat Polisie dan aanstel om na 2pm in die middae te werk…
.
.

RH ·

Wat van n saak van Poging to moord? Sou daai kar gerol het of teen n ander kar as gevolg van hul dade van skerp voorwerpe in die pad in gooi wetend dit kan n ongeluk veroorsaak en daardeur mense se lewens in gevaarstel? Tiepies hoe feite of gedraai word of uit gelos word. Het die regters nie ook die reg om te se dat so klag nog by gesit moet word nie? Regtig waar SA is in sy canon in.

hercu ·

Cyril Ramapromise commended South Africans and the IEC as millions of people voted for anarchy, farm murders, theft, graft, fraud, vbs, state capture and criminal activities broadly!

and then all just going on and on and on!!

sorry for your trauma?

Attie. ·

Daar word nie ‘n woord gerep oor ras nie so ek kan dink wat ek wil. As ‘n skurk ‘n lokval stel met skerp ysters en klippe wat die bande laat bars dan kon ‘n man netsowel oor die goed gery het. Iets verstaan ek nie. Ek verlang skielik na die doodstraf. Ek glo egter oor die betrokke rasse wat ek wil glo want ek bly al lank in die geweldadige land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.