Ma en dogter verkrag, beroof

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie in Mpumalanga is op soek na vier mans nadat ʼn 32-jarige vrou en haar 13-jarige dogter verkrag en beroof is naby Acornhoek.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê die ma en haar dogter het Dinsdagaand in hul huis geslaap toe die ma wakkergeskrik en daar twee gewapende mans langs haar bed gestaan het.

“Hulle het geld geëis en die slagoffers het ʼn onbekende bedrag kontant aan hulle gegee. Een van die verdagtes het die ma verkrag terwyl die ander een die 13-jarige meisie verkrag het,” het Mohlala gesê.

Die twee verdagtes het vleis uit die yskas gesteel voor hulle saam met twee makkers, wat buite die huis gewag het, gevlug het. Die polisie ondersoek ʼn saak van roof en verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Asjas ·

Pierre, ek dink eerder die probleem le by die anc regering wat nie mense opvoed nie. Solank hulle onopgevoed is sal hulle vir die anc stem en dit is presies wat die anc wil he.
Ek vlug nou weer somtyds van hier (Maroela) na News24, want as jou kommentaar net effens verskil van die “mainstream” word jy uitgehaal met die swakste beledigings wat ek nog in my lewe teegekom het.

Pierre Celliers ·

Asjas, jy’s reg, sommige mense onder ons ou volkie kan maar lelik wees, dan dink hulle nogal hulle is “Cool”! Ai toggie!!
Ek was ook eens by News 24, maar weens hulle seksbeheptheid het ek oorgeskuif na Mail and Guardian, wat op die oomblik vir my lyk na ‘n goeie opsie. Probeer dit gerus.

Bosvark ·

Is die nou n wit vrou of n swart vrou? of weet julle self nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.