Ma en haar vierjarige dogtertjie aangeval

Argieffoto

ʼn 35-jarige ma van Reitz in die Vrystaat is dood toe haar eks haar Dinsdag met ʼn mes aangeval het ná ʼn huishoudelike onderonsie. Hul vierjarige dogtertjie het ʼn meswond in haar arm opgedoen.

Die 33-jarige verdagte, wat onlangs van bed en tafel van Nthabiseng Mokoena geskei is, het Dinsdag na hul huis in Petsana teruggekeer, het kapt. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, gesê. “Ná ʼn stryery het hy Nthabiseng verskeie kere met ʼn mes aangeval. Die dogtertjie is ook tydens die aanval beseer.”

Nthabiseng is op die toneel dood verklaar. Die dogtertjie is na ʼn hospitaal in Reitz geneem, waar sy steke ontvang het en later ontslaan is. Mohobeleli het gesê die dogtertjie is tans by haar ma se familie.

“Die polisie is oor die voorval in kennis gestel en beamptes het flink reageer. Die verdagte is tot by ʼn koppie in Petsana agtergevolg waar hy in hegtenis geneem is. Hy het ʼn tou in sy besit gehad wat hy vermoedelik wou gebruik om sy eie lewe te neem,” het Nthabiseng bygevoeg.

Die man sal na verwagting Vrydag in die Reitz-landdroshof verskyn op aanklag van moord en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nadia ·

Die moord op vrouens en kinders deur hulle mans/pa raak al hoe erger

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.