Ma en kêrel moor glo kleuter

(Foto: nightjartravel.com)

ʼn Ma en haar kêrel sal Maandag in die landdroshof in Mokopane (Potgietersrus) verskyn in verband met die moord op die vrou se vierjarige dogter vroeg Sondagoggend.

Dít nadat die paar, onderskeidelik 26 en 28 jaar oud, die kind so erg aangerand het dat sy dood is.

Die man, wat nie die biologiese pa is nie, het glo Sondag angstig geraak toe die kind lastig begin raak het. Hy het daarna glo die laaikabel vir ʼn selfoon gegryp en haar daarmee aangerand.

“Die ma was teenwoordig tydens die aanval op haar dogter, en het na bewering niks gedoen om die man te keer nie. Sy is dus medepligtig aan die aanval,” sê brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder van Limpopo.

“Die ouers het daarna glo die erg beseerde kind neergelê om te slaap en eers later die oggend gesien sy het aan haar beserings beswyk.” Die man het hom later aan die polisie oorgegee en ʼn voorlopige ondersoek het daartoe gelei dat die ma ook in hegtenis geneem is.

Die paar staan tereg op moord en die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

RyanSA ·

Dit maak my vreeslik kwaad/hartseer.. Baie mense soos, ek en my vrou, het baie gesukkel, en het ‘n laaaang storie om te vertel hoe hulle uiteindelik ‘n kosbare kindjie in die wêreld kon inbring, dan lees jy so iets….Ek hoop regtig hulle hulle gaan swaar gestraf word.

Diva ·

Dis skokkend afgryslik…. Sy is nie die woord ma werd nie. Sy het toegekyk
Tronk toe altwee.

Oe la la ·

Wanneer ek sulke goed lees kan my verstand dit nie verklaar nie. ek is n enkel ma van 2. en dis my grootste vrees om my kinders bloot te stel aan iemand wat hulle skade gaan aanrig, hulle het nie gevra om in die situasie te wees nie, en dis jou plig as ma om hulle te alle tye veilig te hou al is dit ten koste van jou geluk!
Ek is so versigtig en my reel is dat wanneer ek iemand sou ontmoet dat ek hulle vir die eerste 6 maande nie sal bloot stel aan die persoon in my lewe nie. net omdat ek hulle wil beskerm. Ek wil eers die persoon mooi leer ken en dan sal ek hulle aan hom voorstel, maar dit wil voorkom of die meerderheid mammas nie so voel nie….

Annelize ·

Jou besluit om jou kinders nie dadelik bloot te stel nie, is prysenswaardig. Dit spreek van emosionele volwassenheid, en ‘n oop en reguit kop.

Ek het al te veel gesien hoe Mamma van die een verhouding na die volgende spring, met kinders en al, en dan word die arme bloedjies nog van die begin af gese om vir die nuwe kerel “Pappa” te se, om net 6 maande later of selfs gouer, ‘n nuwe “Pappa” in prentjie te he.

Dis ‘n wenresep vir emosioneel opgeneukte kinders.

Oe la la ·

Presies Annelize! Ek voel net dat my kinders se veiligheid altyd eerste moet kom! En ja party mammas laat my hare rys…

Kinders verstaan nie waar pas die nuwe oom in die prentjie nie. hulle raak ook geheg aan hom en dan wanneer dit nie uit werk nie dan verstaan hulle nie en hulle hartjies kry ook seer!

Janc ·

Dis baie hartseer. Ons sukkel al paar jaar vir ‘n kind, dan lees mens hierdie berig.

Yvette ·

Hoe aaklig moes daardie klein mensie se laaste ure nie gewees het nie. Ek kry skaam vir ons mensdom.

JM ·

‘n Mens het nie woorde nie. My drie dogters is die kosbaarste geskenk wat die Here vir my gegee het! Hoe doen jy so-iets aan ‘n weerlose kind?

Magda ·

Sien ANC / EFF – wat hier gebeur en julle kyk weg, wat noem julle dit – Misdaad teen die mensdom / of Volksmoord. Doen iets met ons WET – die mense moet NOOIT OOIT weer die buite kant van die tronk sien nie. So jammer en hoop die mense gaan SWAAR gestraf word

Annelize ·

My hande en arms raak lam as ek sulke dinge lees. Die Vader hoor vir my, ek moet darem maar sulke uitvaagsels in die hande kry….. Dis nou hoe dit lyk as jou IK telling, duidelik laer as jou ouderdom is.

Some people should not be allowed to breed…..

Hannelie ·

Kinders is so weerloos. Dit maak my absoluut mal om te dink daar is soveel kinders wat deur dieselfde mishandeling gaan. Afgryslik!

Anel ·

Hoe slaan mens ‘n kindjie met selfoonlaaikabel dood? Dis verskriklik!!!????

antieke antie ·

dit moet makliker gemaak word dat iemand so kind dadelik kan plaas waar sy veilig kan wees…. gemors is nie ouers nie

lollapot ·

JA! Sy is medepligtig aan die aanval op ‘n weerlose kind!
In my lewe was al ek bang, maar nog NOOIT so bang, dat ek sou kon toekyk hoe ENIGE persoon my kind aanrand nie, wat nog te sê van vermoor?

Martie ·

Poppie se verhaal. Arme arme dogtertjie die grootmense het jou gefaal. Mag die vrou en haar kerel baie lank sit

isabelle ·

ongelooflik wreed Sulke mense hoort nie in die samelewing nie Dit is baie hartseer

Natalie ·

Dit maak my woedend!!! Nils em niemand sal iets doen voor doe kind stef. Poppie koekemoer was duidelik nie genoeg van n voorbeeld nie kom ons moor nog n kind!!
Hoekom moet n kind eers sterf om n ma eers dan verantwoordelik te hou vir haar rol.??
Ek het eerste hand ondervinding hoe vertraagd en siel siek on welsyn en hof sisteem is. Kinders word nie beskerm nie die sleg laer as dam skuim gemors het meer regte!!
Moets ons dan ook geboue afbrand voordat ons justice vir die kinders kry?

Kietsie ·

Dis stories soos die wat mens laat glo die doodstraf moet terug gebring word. Onskuldige hulpelose kind deur die wat haar moes beskerm het vermoor. Waar gaan ons mensdom op eindig?? Mag jou siel vrede vind by God kleinding en nou kan jy saam met die engele juig en baljaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.