Ma en kind (3) verdwyn saam

Foto: Verskaf

Die publiek se hulp word benodig om ʼn ma op te spoor wat saam met haar driejarige kind spoorloos in Kaapstad verdwyn het.

Dessie Rechner, stigter en direktrise van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het Woensdag gesê die ma, Tasneema Sayed (46), is die laaste keer op 4 Augustus om 15:00 deur haar oom gesien.

“Sy het met haar driejarige kind in 4de Laan in Belgravia in Athlone verdwaal. Sy is verstandelik gestrem en depressief,” het Rechner gesê.

Die ma en haar kind is as vermis by die Philippi-polisie aangemeld.

Sayed het bruin oë, swart hare en weeg sowat 70 kg.

“As enigiemand weet waar sy haar bevind of hulle sien, bel die polisie of ons asseblief onmiddellik,” het Rechner gepleit.

Bel sers. Mxhiki by 073 178 1126 of die Pink Ladies by 072 214 7439.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gesiggie ·

Hoe kan iemand n Ma in so toestand nie oppas… dan het sy nog n kind ook? waar is die familie, slegs die Oom word genoem? by wie het die vrou dan gebly.. sy het die 4de Augustus al verdwyn, Ek hoop van harte dat iemand die berig sal sien en dat Sayed en haar kind veilig is. Die arm vrou sy is getrem en het depressie, hoop regtig net sy het dalk net verdwaal. Sterkte aan die Familie en Glo met die hulp van Pink Ladys sal als goed gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.