Ma en kleuter doodgery

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Ma en haar tweejarige kind is Woensdagoggend dood nadat hulle deur ʼn motor in Peterweg in Ruimsig, wes van Johannesburg, raakgery is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het die liggame van die vrou en kind in die middel van die pad gelê. Die motor wat hulle getref het, het ʼn paar meter verder tot stilstand gekom.

“Paramedici het die beseerdes ondersoek en gesien hulle het noodlottige beserings opgedoen. Niks kon verder vir hulle gedoen word nie en hulle is op die toneel dood verklaar,” het hy gesê.

Volgens Meiring het die bestuurder van die motor glo nie die voetgangers oor die straat sien loop nie. Die bestuurder het geen beserings opgedoen nie.

Die polisie was op die toneel om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.