Ma en kleuter ernstig beseer toe motor oor hulle ry

Argieffoto

ʼn Ma en kleuter is Donderdag tydens ʼn fratsongeluk in Welbekend, Pretoria, ernstig beseer toe die ma se motor oor albei gery het.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het Vrydag aan Maroela Media gesê die vrou, in haar 30’s, en haar 18 maande oue seuntjie het omstreeks 14:00 buite ʼn skool in dié omgewing op die gras gesit terwyl sy gewag het vir haar ander kinders om uit die skool te kom.

Volgens Dollman het iets egter skeefgeloop met haar motor se handrem en dié motor het vorentoe, bo-oor hulle, gery.

Paramedici is inderhaas na die toneel ontbied waar ma en kind vir ernstige beserings behandel is.

Dollman kon nie in dié stadium meer inligting rakende die aard van hul beserings verskaf nie. Hy het wel bevestig dat die motor se wiele oor albei gery het.

Die vrou en haar kind is op die toneel behandel waarna hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

B ·

Jammer vir die ma en kind :(

Watter fabrikaat motor? (Want ‘n sekere handelsmerk het op die oomblik ‘n kennisgewing uit vir handremverstellings wat gedoen moet word.)

zeldri ·

ag ek’s so jammer ek hoop die mamma en baba kry behandeling

wonder wie gaan die blaam kry vir die ongeluk

Cherokee ·

Wie gaan die blaam kry?
Tannie Maria se man natuurlik! Tannie Marie van Riebeeck se man. Hierdie is SA onthou!

Chekoree ·

@Cherokee
Skerp en Oom Jan is altyd die swartskaap of is dit nou witskaap wat die skuld vir alles moet kry!!

Cherokee ·

Soos jy sê ook heel skerp sê Ckekoree, Oom Jan sal maar die swit skaap wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.