Ma en seun (2) dood gevind; twee vas

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Twee mans, onderskeidelik 18 en 25 jaar oud, sal Maandag in die Rustenburg-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn 21-jarige vrou en haar tweejarige seun.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou se vriend het haar liggaam sowel as dié van die kleuter Vrydag op die slaapkamervloer van haar huis in Boitekong aangetref. Die ma en seun is vermoedelik verwurg.

Volgens Moleko was daar by die huis ingebreek en verskeie items is gesteel. “Die polisie het inligting opgevolg en later dieselfde dag twee mans in Boitekong in hegtenis geneem. Die vrou se selfoon en van die ander gesteelde items is in die verdagtes se besit gevind,” het Moleko gesê.

Die verdagtes sal tereg staan op aanklagte van moord en huisbraak.

Moleko kon nie onmiddellik die oorledenes se name bevestig nie en het gesê die polisie sal dit in die komende week bekendmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

john samuel ·

Hoe Barbaars moet jy regtig wees om n 2jarige kind te kan verwurg…?!?

Johann Marx ·

John Samuel, dis nie barbaars nie….dit is ongelukkig die toppunt van jou potensiaal. Individue met ‘n ondergemiddelde emosionele intelligensie het nie die vermoë om die uitkoms van hulle dade in ag te neem tydens die uitvoering daarvan nie. Dus…ek wil NOU ‘n selfoon hê, ek loop die naaste mens met een storm en sal hom vermoor om dit te kry. Daar is geen denke oor wat volgende gaan gebeur nie….daar is geen gedagtes oor moontlike arrestasie, verhoor, skuldig bevinding of straf nie. Daar is net die drif om die onmiddelike behoefte/drang op daardie oomblik te bevredig…..

Melissa ·

‘n Psigopaat het geen beheer oor sy impulse nie, het ook geen gewete of empatie nie.

Hendrik von Wielligh ·

Johann baie waar. en diesulkes maak ongelukkug n baie groot % van n bepaalde samelewing uit.

Kaufman ·

Baie groot, daar is oral sosiopate rondom ons, in ons werksplek, woongebiede, kliente, oral. Sowat amper twee present van mense val in die kategorie maar heelwat meer mense het eienskappe daarvan of lei aan soortgelyke toestande. Onder die kriminee is die persentasie nog baie hoër, ek skat die helfde van moordenaars val in die kategorie omdat sosiopate minder huiwerig is om misdadigers te word. Dit is belangrik om te weet dat meeste harde misdadigers werklik geen gewete het nie, en sien dit gladnie as verkeerd om dood te maak nie, selfs oues of kinders. Dit word selfs nog as meer aanvaarbaar gesien deur selfs nog groter deel van die wat grensgevalle is deur haatspraak wat so deur die president en EFF verkondig word.

gerbrandt ·

Johann Marx jy is sooooo reg.Daar is honderde wat met daardie kwaal rondloop. Ongelukkig het hulle met geen mentaliteit insig of moraliteit groot geword nie. Dan is die breinselle ook te min om die uitkoms van hulle dade te begryp. Groot probleem in groot dele van Afrika en natuurlik ook hier. Gaan nooit verander nie. Nie in n miljoen jaar nie.

Topster ·

Dis hoekom so n barbaar uit die samelewing verwyder moet word want hy gaan nie verander nie Bring terug die doodstraf

Wern ·

Heeltemal waar wat julle sê. Geen tronksisteem sal sulke mense verander nie en hulle sal maar net weer gewetenloos moorde pleeg, soos dit elke dag op ons strate bewys word. Doodstraf of werklik lewenslange tronkstraf is enigste oplossing om met moordenaars af te reken.

Theresa ·

Sulke barbaarsheid (of tekort aan wat ookal nodig is om ‘n “normale”mens te wees) word in sommige gebiede met steniging of afkap van ledemaat wat pla, regverdig. Daar sal miljoene mense in hierdie land met afgekapte hande loop as elke selfoon wat gesteel word en iemand wat daarvoor vermoor word, op so ‘n manier gestraf word. Natuurlik ook derduisende met ander dinge ook missing, a g v die menige verkragtings in ons land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.