Ma en seun by graf beroof

Die Forest Hill-begraafplaas in Port Elizabeth. (Foto: Carol Beneke/eGGSA Library)

Die polisie het mense gewaarsku wat hul afgestorwe geliefdes by begraafplase besoek om op hul hoede te wees nadat ʼn ma en seun verlede week by ʼn begraafplaas in Gqeberha (Port Elizabeth) beroof is.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het ʼn vrou en haar seun om 16:45 haar ma se graf by die Forest Hill-begraafplaas besoek toe vier onbekende mans hul omring het.

Die mans het glo die 58-jarige vrou en haar seun se selfone gebuit, asook die seun se broek, tekkies en baadjie. Hulle het items uit die slagoffers se motor gevat, maar te voet gevlug.

Die verdagtes het na bewering gedreig om die vrou en seun te skiet, hoewel hulle nooit ʼn vuurwapen uitgehaal het nie.

“In vorige gevalle het rowers egter slagoffers met messe gedreig en met hul motors op die vlug geslaan,” het Naidu gesê.

Die polisie het gewaarsku dat die spesifieke begraafplaas ʼn brandpunt is vir rowers.

“Die gebied om die begraafplaas is redelik stil, hoewel daar ʼn deurpad is wat gereeld deur voetgangers en drawwers gebruik word. Besoekers word aangeraai om nie enige kosbare juwele of waardevolle items by hul te dra tydens besoeke aan die begraafplaas nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Agge nee ·

Moet ‘n mens nou ook sonder jou broek, tekkies en baadjie gaan? Die berig sê nie hulle is van juwele en kosbaarhede beroof nie, maar van selfone, en die klere wat hulle aangehad het. Die waarskuwing is dus belaglik. Die polisie moet liewer hulle vinger trek en die plek patrolleer en beveilig.

Stephen ·

Brandpunt vir rowers? Kan die Polisie nie n paar van die vet polisiemanne die plek help oppas nie? Daar is nie tekort aan polisie nie, net tekort aan mense wat nie wil werk nie.

Tiptol ·

Dalk verbeel ek my, maar dit voel of daar baie meer misdaad in Gqeberha is as wat daar in Port Elizabeth was.

Marianna ·

Ja, sodra ‘n plek se naam verander pas die dorp aan by die naam.

Harley Davidson ·

Spandeer duisende rande om ‘n naam te verander maar kan nie eers mense beskerm wat hulle familie se grafte besoek nie ,anargie en verval die africa manier.

MAGRIETHA ·

Tragiers my famielie en skoon famielie is in oudtshoorn begraaf plaas begrawe en daar net so onveilig plakkerskamp langs begraafplaas opgerig en hul beter af as mense wat hul geliefdes wil besoek – beste is polisie moet saam met jou gaan vir wat dit werd is

Cherokee ·

‘n Berig soos hièrdie, oortuig my dat die naam Gqeberha nou diè van Port Elizabeth moet vervang. Die nuwe naam is absoluut meer gepas. Port Elizabeth klink meer formeel.. . meer grànd. En cyrel, ek weet jy praat nogal ‘n redelike Afrikaans, maar ek wens, ek wens jy kon my opinie raaklees. Niè dat dit werklik iets sou werd wees nie, maar dit sou ‘n saadjie kon plant. Maar miskien lees jy die soweto of so iets. En verkneukel jou in die kommentare daar.

Blomme ·

Skryende Skande. Mens nou nie eens meer in jou finale rusplek van die skurke ontslae nie. En mense word nou gewaarsku om versigtig te wees… Beteken dit jy konstant oor jou skouer moet loer terwyl jy maar net by jou geliefde se graf bietjie vrede gaan soek? Is hulle nie veronderstel om.die plek te beveilig nie?

Hennie ·

Is die patetiese pote nie veronderstel om dit te verhoed nie? Nou tree hulle op soos verslaggewers…. Swape!

Jdb ·

Dit help veel as julle nie die begrafplaas se naam, ligging of buurt noem nie.

Sarel ·

Dagvaar de betrokke Amptenare van die Munisipaliteit wie sd pligvdit is om ‘n skoon en veilige omgewingvte skep. Die probleem ons het dit al as leefwyse asnvaar
Terwyl Amptenare hulle vet salarisse uitleef

Charl ·

Plaas ”undercover” polisielede daar wat kan waarneming doen en ontplooi van hulle as lokaas, kort voor lank sal daai misdadige elemente in die slaggat trap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.