Ma en seun bykans twee weke lank vermis

Jaydon en Nadia Venter.

Jaydon en Nadia Venter.

Die Alberton-polisie ondersoek twee sake van vermiste persone nadat ʼn ma van Germiston aan die Oos-Rand en haar tweejarige seuntjie op 14 Oktober spoorloos verdwyn het.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het vandeesweek pamflette van Nadia (22) en Jaydon Venter (2) versprei met die hoop dat iemand hulle sal herken en die polisie in hul ondersoek kan bystaan.

“Jaydon en sy ma woon saam in Elspark. Hulle is vir die laaste keer saam in Edenvale gesien. Nadia se ma het hulle as vermis aangemeld nadat sy nie vir Nadia kon opspoor nie,” het Rechner Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Jaydon se biologiese pa is tans uitstedig vir werksverpligtinge.

Nadia het ʼn blou denim en wit T-hemp aangehad die laaste keer wat sy gesien is. Dit is nie bekend watter klere Jaydon aangehad het nie.

Nadia het swart hare, weeg sowat 55 kg, is 1,68 m lank en het ʼn neusring. Jaydon het blonde hare en bruin oë.

Enigiemand wat weet waar die twee hulle bevind, word versoek om sers. Buthelezi by 078 623 2995 of Pink Ladies by 072 214 7439 of 083 378 4882 te bel.

OPVOLG: Die ma en seun is gevind. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anon ·

Hulle was vroer al vermis. Mar die polisie het na verdere ondersoek besluit om hulle toe eers as vermis te verklaar.

M A ·

Swart hare en ‘n neusring? Ek dink nie iemand sal hulle kan opspoor nie. Die fotos en beskrywings klop nie. Die seuntjie lyk so 5 of 6 jaar oud op die foto.

BoereBikerBaby ·

Heel duidelik worry die pa nie, as ek moes hoor dat my kind vermis is, sou ek dadelik huistoe gekom het en my oorsese trippie eenkant toe skuif…. Vandag is geld meer belangrik as familie waardes. Dis baie sad…

Guntz ·

Dalk werk die pa in die buiteland en het nog nie die nuus gehoor nie….

Dis gevaarlik om sommer net iets aan te neem!

Ruby ·

BoereBikerBaby, heel duidelik ken jy hierdie mense persoonlik en weet wat die omstandighede is om só ‘n stelling te maak?

heksie ·

Maak eers seker van jul feite – ek ken hul persoonlik; die kind is net oor 2 (fotos misleidend) en het jul al ooit gehoor van haarkleur??? en daar is n rede hoekom hul nou eers as vermis aangemeld is!!! Die wereld is SIEK verby…..maar as daar iets gebeur met die kind dan wil almal oe en a hoe hartseer dit is………….

Martha ·

Ek stem saam met jou oor mense wat kommentaar lewer sonder om te dink. Dit geld nie net vir hierdie berig nie, maar vir elke ander berig. Sommige kommentaar is baie swak.

plankie ·

Ek ht di berig op Facebook geshare en iemand het gecomment
Anke…nadia is not missing. she took her child from family members thru the police because she felt they were trying to take him away from her and they weren’t allowing her to see or visit him. She was suppose to join me in margate to work at our daycare ctre but we couldnt help her because of the drama with the pple that were doing this. Her and jayden r fine…she was placed in a job and has a place to stay. She just did what any mother would do if her child was being taken from her. I have spoken to her and she is in very good hands…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.