Ma en seun steel glo miljoene by Inkomstediens

(Argieffoto)

ʼn 63-jarige ma en haar 38-jarige seun het Maandag in die landdroshof in Bellville in die Wes-Kaap verskyn ná hulle glo miljoene rande van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gesteel het.

ʼn Lasbrief is vir die inhegtenisneming van dié ma en seun van Kaapstad, Antoinette en John L’ Amour Pender, is verlede week Dinsdag uitgereik.

Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, sê John, ʼn geregistreerde belastingpraktisyn, het tussen 2010 en 2016 na bewering verskeie vervalste fakture by die SAID namens sy ma – wat ʼn geregistreerde belastingbetaler is – ingedien.

“’n Aanvanklike ouditondersoek deur die Inkomstediens het aan die lig gebring dat die fakture na bewering vervals is,” sê Hani.

“Hierdie fakture het die Inkomstediens meer as R1 miljoen uit die sak gejaag.”

Die saak is na die Valke verwys wat tot die ma en seun se inhegtenisneming gelei het.

Die twee sal na verwagting weer op 26 Februarie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

ES ·

Marius, jy is reg – dit moet lasbrief wees. Dagvaarding is ‘n “subpoena”, en ‘n dagvaarding word gewoonlik uitgeruik as jy as getuie geroep word in ‘n kriminele (of as verdediging in siviele) saak. Maroela Media, julle sal dalk moet wysig?

Anja van der Merwe ·

Goeie Dag ES en Marius

Dankie vir jou kommentaar. Ons sal die artikel wysig.

Dankie.

Groete
Anja van Maroela Media

Willem ·

Hoekom word die talle ander stelers nie inhegtenis geneem nie?

Leeuwyfie ·

Hiérdie berigte word spesiaal na elke mediahuis gestuur met die hoop om belasting betalers skrik te maak.
SAID is en bly die regering se bank se polisie. Massa aksies is beter as ons wil hê die regering moet ons hard verdiende geld ordentlik gebruik.

Tanniepetoors ·

Ek is baie teleurgesteld in die Maroela Media kommentators. Miskien is baie van julle se kommentaar “tong in die kies”, maar om inkomstebelasting te ontduik en bedrog te pleeg is wragtig nie aanvaarbaar nie. Dit is en bly krimineel.

Jacobus ·

Snaaks hoe ‘n miljoen slenter opgespoor word maar Kader miljarde – eh it’s difficult!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.