Ma en seun sterf in Durbanville-ongeluk

'n Ma en haar 17-jarige seun is op 30 Junie 2016 in Durbanville, Kaapstad, oorlede tydens 'n trompop botsing met 'n vragmotor (Foto: ER24)

‘n Ma en haar 17-jarige seun is op 30 Junie 2016 in Durbanville, Kaapstad, oorlede tydens ‘n trompop botsing met ‘n vragmotor (Foto: ER24)

ʼn Ma en haar 17-jarige seun is Donderdagmiddag oorlede tydens ʼn trompop botsing met ʼn vragmotor in Durbanville in Kaapstad.

“Paramedici van ER24 en die Life Healthcare en metrodienste was net ná 13:00 op die toneel,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. Die vragmotor en die ma en seun se ligte motor het in die middel van die pad gestaan.

“Die vrou was in die passasiersitplek. Sy het reeds aan haar beserings beswyk. Paramedici kon ongelukkig niks meer vir haar doen nie en sy is op die toneel dood verklaar,” het hy gesê.

Die tienerseun het ʼn paar meter van die motor af op die sypaadjie gelê. “Lede van die publiek het hom uit die wrak gehaal. Hy het verskeie beserings opgedoen en het nie enige tekens van lewe gedoen nie,” het Meiring bygevoeg. “Paramedici het dadelik met KPR en 40 minute lank gevorderde lewensondersteunende ingryping gedoen. Die oomblik wat hy weer lewe getoon het, is hy na Mediclinic Durbanville gehaas vir dringende behandeling. Sy toestand het egter by die hospitaal weer versleg en ná ʼn verdere 20 minute was daar geen teken van lewe nie en hy is dood verklaar.”

Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

TJ ·

Wat n tragedie om n ma en seun so wreed te verloor . Dit moet VIR die agterbelewens erg wees

ada ·

Ai so so jammer om te hoor . Dink aan al die familie en sterkte vorentoe.

Joann ·

Ai so onnodig. Maar die mens wik en God beskik. Ons sal nie weet hoekom nie.

Johann Marx ·

Kyk mooi na die foto. Dit lyk nie of die trok in die verkeerde laan of oor die sperstreep is nie, en dit wil ook nie voorkom asof so ‘n groot voertuig teen ‘n effense opdraende die spoedgrens kon oorskry het nie. Dus……ma in die passasiersitplek, 17 jarige agter die stuur, heel waarskynlik met leerlinglisensie, te vinnig en in die verkeerde baan….totaal onervare en so onnodig. Jong leerling bestuurders moet begin besef ‘n voertuig is NIE ‘n speelding nie…Baie van hulle bestuur asof hulle op playstation is en net “reset knoppie” kan druk.

Baie dankie dat jy so simpatiek is Mnr Marx, sjoe ek dink die wereld kan doen sonder mense soos jy wat so vinnig oordeel. ·

As mense nie iets mooi kan se nie moet hulle eerder niks se nie. Familie en vriende lees ook hierdie berigte.

Wat-ek-lees ·

‘n Ongeluk so onnodig !!!
Duidelik was die slag van botsing aan die SWAARGELAAIDE vragmotor se kant. Daar is NIKS wat in die middel van die pad staan soos in die berig gestel.
Duidelik is die opleiding van K53 nie voldoende soos wat voorkombare ongelukke gebeur reg deur die land.
Daar moet skok sowel as teleurstelling gaan deur ‘n gemeenskap sowel as families en vriende om tyding te ontvang van sulke ongelukke. Agterna dan die verwyte en hoekom en waarom dit gebeur het.
Ek het op ‘n klein oos-transvaalse dorpie my leerlinglisensie vir 8 dae gehad waarna ek op 30 Junie 1960 my bestuurslisensie geslaag het. Dus gister was ek vir 56 jaar op die pad SONDER ENIGE ONGELUK. Ek wens net dat ek meer betrokke kon raak in opleiding MAAR SONDER die K53 wat ‘n sirkus is met menige belangrike tekortkominge.

Johann Marx ·

Dit bly darem maar ‘n rare verskynsel onder ons dat ENIGE rasionele reaksie, gebasseer op waarneming van die feite beskikbaar, gesien word as “oordeel”? Ek het bloot na ‘n foto gekyk, uit lewenservaring en algemene kennis dit wat ek sien opgesom…..en my spyt uitgespreek oor so baie jong mense wat so onnodig sterf omdat daar in Suid Afrika nie naastenby genoeg klem gelê word op die gevare wat motorbestuur inhou nie. Ek het sopas ‘n derde “leerling bestuurder” wat deur die proses gegaan het…..dus weet ek dat “bestuurslisensie” NIE beteken “ek kan bestuur” NIE. “As mense nie iets moois kan sê nie, moet hulle eerder stilbly”? Wat is daar wat MOOI is om oor hierdie onnodige lewensverlies te sê? Dis ‘n tragedie…..en ek hoop my reaksie spoor ander ouers aan om hulle leerling bestuurders (wat 17 jaar oud is) te bemagtig om VEILIG te bestuur….

Barno ·

Kan nie help om te wonder of hulle sitplekgordels gebruik het nie?

Daardie Meganes was een van die eerste motors wat 5 sterre vir veiligheid gekry het. Die kajuit lyk redelik “intact”.

Asb. mense, jou 5 ster voertuig help niks as jy nie vasgegordel is in ‘n ongeluk nie!

Koos ·

Ek is nie ‘n kenner maar as ek na die fotos kyk is dit ‘n residensiële gebied 60km sone maar daai bakkie lyk of hy baie vinniger om daai draai gekom het.

Philip Koen ·

Indien ‘n mens nie ‘n kenner op ‘n gebied is nie moet jy eerder nie kommentaar lewer nie. Doen jouself ‘n guns en gaan kyk na die botstoetse wat deur Euro NCap gedoen word en dan vergewis jy jou van die skade wat aan ‘n voertuig aangerig word teen relatiewe lae snelhede.
Ek dink nie spoed was die grootste rede vir die tragedie nie, die skade aan die voertuie dui aan dat die voertuie heel moontlik binne die 60km/h perk vir residensiele areas was, die motor se kajuit lyk ook nie te beskadig nie, die afwesigheid van gordels kon hier dalk ‘n rol gespeel het.

Donovan ·

Sper streep, blinde hoogte, sonder lesensie, spoed… dit is n resep vir GROOT moeilikheid… AI dit is nie lekker nie… Hy het natuurlik n ander kar verby gevat want hastigheid in jou g@t maak dat jy mense in gevaar sit…

Hannelie ·

Ai dis so hartseer. Ek lees almal se kommentaar….ons kan baie bespiegel ja….maar ek dink ons moet nou dink aan die familie wat 2 mense saam aan die dood afgestaan het. Ons dra hul op in ons gebede en mag hul vertroosting vind.

Ronel ·

Ek lees almal se kommentaar op die berig en my hart bloei vir die familie van die oorledenes. Ja dit wat hier geskryf word kan seker alles waar wees, maar kom ons respekteer ander deur nie altyd net die negatiewe raak te sien nie. Plaas jouself vir een oomblik in die familie se situasie. Ek hoop werklik dat JY wat so oordeel dan ook dieselfde deuntjie gaan sing. My innige simpatie aan n Pa wat sy kind en vrou verloor het, n kind wat sonder n Mamma moet voortgaan. Ek bid dat julle deur God vertroos en gedra word.

Sarie ·

Maak maar eers seker van die feite mense. Die seun het nie bestuur nie. Die pa het. Hierdie mense het n ruk terug hul dogter ook aan die dood afgestaan, dus moet daardie pa alleen voortgaan. Die presiese oorsaak word nog ondersoek. Tot die ondersoek afgehandel is, dink ek almal kan gerus maar net simpatie betoon teenoor die familie en laat dit dan daar.

Landi ·

Pa Ernst was nie saam met hulle in die motor nie. Dit maak ook tog nou nie saak wie bestuur het nie. Dit was ‘n ongeluk wat met enige iemand kon gebeur en ‘n man is nou sonder sy hele gesin. Daar was ‘n meisie in die motor saam met hulle wat oorleef het sys in die hospitaal en dit moet ook vreeslik erg wees vir haar. Juan laat ook sy vriende agter by Brackenfell Hoër en was ‘n oulike seun. RIP Juan en Jenny en sterkte aan almal.

Ben Naude ·

Hierdie lyk soos Langebergweg en indien wel is dit nalatigheid en sinnelose verlies van lewe. Verby gegaan op ‘n blinde hoogte. Baie hartseer.

Dommetjie ·

Die beste is die ma is nie 17 nie. sy was bestuurder. Die 17 jarige vriendin het langs die ma gesit en haar seun op voertuig se agtersitplek. it is nie op foto nie, maar die feite wat deur gegee is deur oog getuies. Laat mens wonder hoekom oordeel mense so maklik oor dit word net aanvaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.