Ma en seuntjie sterf in Margate-ongeluk

Foto verskaf deur Netcare 911

ʼn Ma en haar tweejarige seuntjie is Sondagmiddag dood in ʼn ongeluk op die R61 in Margate aan KwaZulu-Natal se suidkus.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is kort voor 15:00 na die toneel ontbied. “Volgens berigte op die toneel was twee ligte motors betrokke in die ongeluk. Die vrou en seuntjie het noodlottige beserings opgedoen toe hulle tydens die ongeluk uit die motor geslinger is.” Hulle is albei op die toneel dood verklaar.

Die persoon in die tweede motor het matige beserings opgedoen. Hy is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Cherokee ·

Wat ‘n hartseer berig. Miskien is veiligheidsgordels tog ‘n moet.

? leser ·

ai, dis tragies, al die ongelukke met mense dood, sterkte aan families ??

Louisa ·

Dis soooo belangrik om kinder veiligheid stoeltjies in die motor te he. Gespe daardie kosbare lyfie in! Ja, dit is duur, maar ons kleingoed se lewens is dit werd! En grootmense, sit daardie sitplek gordels aan, dit kan dalk net jou lewe red. Innige simpatie aan al die familie.

Hans Richardt ·

Enige ongeluk gebeur in oogwink. Die remafstand van voertuig op 120kmh, ongeveer 5m per 10kmh.
Ek het onlangs besef dat ‘n bestuurder bv min reaksietyd het vir bv honde wat skielik uit bosse(deesdae) op middelmannetjie kom, 1 se neus vas onder die ander se stert…. Toeter veroorsaak net verwarring by diere… Loslopende diere en voetgangers is Gevaar deesdae op snelweg, maar ook bestuurders wat sonder ligte ry!

Ben Potgieter ·

Tragies,tragies verby.Asseblief almal sit die kleuters in veiligheidstoeltjies en gordel julle self vas.More hoor ons weer God het sy mooiste blommetjies kom pluk.Dit is ‘n leun uit die hel uit.Volg net basiese beginsels en jy kan jou eie lewe en kinders sin beskerm.Let wel “God is not in the killing business”Nogmaals hartseer om van sulke ongelukke te lees.Mag die Vader die familie troos deur sy liefde en genade.

Hans Richardt ·

Dink tyd en reaksie tyd, om situasie te probeer vermei of botsing se impak te verminder.
Mense sê maklik dat mense roekeloos bestuur het in noodlottige botsing. Vir elke 10 meter dinktyd, voor bestuurder reageer, hetsy deur te rem of uit te swaai, is ongeveer 10 meter per 10 kmpu.
Die uitdrukking van “spoed maak dood”, is waar. Hoe laer die spoed, hoe meer tyd om logies te dink en te reageer.
Hierdie konsep van hoe om in ‘n krisis te reageer word ongelukkig nie aan gewone bestuurders geleer nie.

Jozi ·

Veiligheidsgordels en ‘n ordentlike karstoeltjie vir die kinders is ‘n MOET.
Dit help nie nou om te spekuleer of klippe te gooi nie, maar ouers/bestuurders asseblief – as die kinders nie vasgemaak is nie, gaan daai motor nêrens!

Wit leun ·

Ek laat my kinders glo dat as hulle en ons nie gordels aan het nie, ons ‘n ongeluk gaan maak. Hulle skreeu blou moord as ons hulle soms toets en ‘vergeet’ om vas te maak. Sommige sal seker dink dis wreed maar my kinders sal MY nie laat ry sonder dat hulle vas is nie. Almal moet vas. 1e en laaste reël in die kar.

Maljan ·

Is veiligheidsgordels nie al sedert die 80’s verpligtend nie? Dis net eenvoudig verbasend dat mense dit steeds jie doen nie. Ook die aansit van kaer se hoofligte was verpligtend verklaar in 2000/2001. Kyk maar hoeveel mense kom die reel na. Die spietkop daar langs die pad wys jou ook (met n handgebaar) jou kigte is aan wanneer hy by him verby ry. Soveel vir wette maak.

lvh ·

Baie tragies! As ek die foto’s so bekyk is dit weer iemand wat iemand verby gesteek het, waar hy/sy nie veronderstel was om dit te doen nie.
As almal nou maar net aan die reels hou, sal daar al baie minder noodlottige ongelukke gebeur

GM ·

Ai, ek neem aan die kind was nie in ‘n karstoeltjie vasgegespe nie. Ek sien so gereeld hoe boetie of sussie tussen die sitplekke rondspring terwyl mamma of pappa op die selfoon is, besig om te bestuur. Hoeveel keer het paramedici nie al gesê nie: “‘n Kind se kans op oorlewing is bykans 0 as hul deur die voorruit vlieg”.

Karstoeltjies is nie almal so duur nie – ek het een, splinternuut, gekoop vir R300. Ons kon nog nie besluit op die ‘regte een’ nie, maar moes een hê vir die rit terug van die hospitaal af. Daarna het ons stoeltjies vir ‘n R1000 elk gekoop wat mens kan aanpas soos die kind groei. (Dis R111,11 vir 9 maande van jou swangerskap). En dit hou al jare. Ek sien nog gereeld sulke winskopies. Baie keer kry jy ‘n stootkarreltjie en stoeltjie vir R1500.
En daar is baie inisiatiewe al gewees waar hul stoeltjies verniet uitdeel. Vra vir hulp as jy dit nie kan bekostig nie, daar is baie wat met liefde hul ou babagoed weggee.

Ek weet dit help nou glad nie om die dinge te sê nie, die kindjie en mamma is oorlede, maar hopelik sal iemand anders die trauma gespaar word as hul sien hoe belangrik stoeltjies wel is.

Sterkte aan die naasbestaandes. Rus sag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.