Ma en tweejarige verdwyn in Bloemfontein

Suzan Strydom (Foto verskaf deur Vrystaat-SAPD)

JONGSTE: Suzan Strydom en haar tweejarige dogtertjie is veilig gevind. Lees meer.

ʼn 37-jarige vrou en haar tweejarige dogtertjie het Saterdag uit Bainsvlei in Bloemfontein in die Vrystaat verdwyn.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou, Suzan Strydom, was in ʼn psigiatriese hospitaal in Kaapstad voordat sy Vrydagaand teruggekeer het na haar huis in Bainsvlei.

“Suzan en haar man en hul tweejarige dogtertjie, Minneke, het Vrydagaand sonder enige probleme gaan slaap. Toe die man vanoggend wakker word, het Suzan en Minneke egter spoorloos verdwyn,” het Kareli bygevoeg.

Suzan ry met ʼn rooi Chevrolet Spark (2011-model) met registrasienommer CF193503.

“Sy is vermoedelik gewapen en sy moet versigtig genader word, aangesien sy moontlik geestelik onstabiel kan wees,” het hy gesê.

Enigiemand met inligting kan die Bainsvlei-stasiebevelvoerder kontak by 076 300 5567.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Vinger ·

Vir omstandighede onbekend aan ons is dit maklik om vinger te wys. Moenie dat ons dit doen. Bid eerder vir ‘n goeie einde vir hierdie gebeure.

Ai ·

Ondersoek die man, n vrou sal nie vlug van n man by wie sy veillig voel nie. Mens is geneig om “psigiatriese hospitaal” te hoor en dan aan te neem die persoon is so mal soos n haas. Baie onskuldige mense wat niks makeer nie is al geforseer in sulke hospitale in hoor….

Hoop sy en die dogtertjie is okay. Ek sal maar skepties bly tot MM bewyse kan gee dat SY die gevaar is. As sy is moet hulle beslis gou gevind word sodat sy hulp kan kry en die dogtertjie veillig by familie kan uitkom.

VRA MY EK WEET ·

Ai,

Ek stem 100% saam..Die vrou vlug nie sonder rede..

Dalk is die man die een wat hoort in die psigiatriese hospitaal

Cherokee ·

Dit is ook waaraan ek gedink het terwyl ek die berig gelees het. Maak seker of haar huislike omstandighede veilig is of waarom en waarvan sy vlug.

Ouvrou ·

As sy moontlik onstabiel is hoekom is sy ontslaan. Nou kan haar kind moontlik in gevaar verkeer.

DS ·

Ek stem saam met Vinger, Louisa en Estue. Bly eerder stil as jull niks goeds het om te se nie. Bid eerder dat dit ‘n goeie einde sal he. Miskien kan julle professionele doemprofete wat so gereeld op MM negatiewe kommentaar en voorspellings lewer DAN iets goeds te se he.

w ·

Jesus asb behoed en bewaar di mamma en ha kindjie en bring hul asb veilig trug na hul geliefdes. Ons bid vir die mamma

Dolfyn.... ·

Sien darem die Ma en dogter is gevind. Bly om dit te hoor. Stem saam met van die kommentare wat sê ons moenie vinger wys nie ens. Ek voel ook dat mens nie kan oordeel nie want nie een van ons is in hulle situasie of in hulle skoene nie. So ons ken nie die ware toedrag van sake nie.
Hoop hulle kry die nodige hulp en bid dat als mooi sal uitwerk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.