Lees ook:
Ma gevonnis na seksdade met kinders
eNuus berig dat die vrou tereg staan op meer as 30 aanklagte. Daniëlla van Heerden, eNuus se verslaggewer wat die hofverrigtinge bywoon, sê die ma het beken dat sy haar kinders tussen 2007 en 2009 seksueel misbruik het en hulle verwaarloos het.
Die ma het in ‘n verklaring wat aan die hof voorgelees is, ook erken dat sy haar gestremde dogter gedwing het om te kyk hoe sy en haar man [die kind se pa] seks het.
In haar verklaring erken sy dat sy haar negejarige seun verkrag het en hom gedwing het om met sy sussies, onderskeidelik sewe en 15 jaar oud, seks te hê. Sy voer aan dat sy dit gedoen het om haar seksdrang te bevredig.
Volgens eNuus se verslaggewer het die ma se regsverteenwoordiger begin huil nadat sy die verklaring aan die hof voorgelees het.
Die hof het ook gehoor dat die ma se ouers geskei is en dat sy deur haar ma verwerp is. Sy is glo deur haar ooms verkrag en het op 15-jarige ouderdom van die huis af weggeloop en met die pa van haar kinders getrou.
Die pa ontken intussen die aanklagte teen hom. Sy saak is tot 5 September uitgestel en daar is gelas dat hy vir sielkundige waarneming gestuur moet word.
Die hofverrigtinge duur voort.
Vir meer besonderhede oor vandag se hofverrigtinge kyk vanaand eNuus om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
siek, siek, siek, siek!!!
Ek kan nie Glo wat ek lees nie … Wêreld raak al hoe sieker & sieker
Gee haar vir my, ek sal weet wat om met haar te doen!
Hierdie is mos nie mense nie, dis barbaars om die minste te se! Ag nee sies!
Ek staan verstom!!!!