Ma erken skokkende seksdade met haar kinders

Lees ook:
Ma gevonnis na seksdade met kinders

Die ma en pa tydens hul hofverskyning. Foto: Daniëlla van Heerden/eNuus

Die ma en pa tydens hul hofverskyning. Foto: Daniëlla van Heerden/eNuus

‘n Vrou van Noordwes het Maandag in die Rustenburg-landdroshof erken dat sy onder meer haar seun verkrag het en haar gestremde dogter op ‘n bed vasgedruk het sodat die kind se pa haar kon verkrag.

eNuus berig dat die vrou tereg staan op meer as 30 aanklagte. Daniëlla van Heerden, eNuus se verslaggewer wat die hofverrigtinge bywoon, sê die ma het beken dat sy haar kinders tussen 2007 en 2009 seksueel misbruik het en hulle verwaarloos het.

Die ma het in ‘n verklaring wat aan die hof voorgelees is, ook erken dat sy haar gestremde dogter gedwing het om te kyk hoe sy en haar man [die kind se pa] seks het.

In haar verklaring erken sy dat sy haar negejarige seun verkrag het en hom gedwing het om met sy sussies, onderskeidelik sewe en 15 jaar oud, seks te hê. Sy voer aan dat sy dit gedoen het om haar seksdrang te bevredig.

Volgens eNuus se verslaggewer het die ma se regsverteenwoordiger begin huil nadat sy die verklaring aan die hof voorgelees het.

Die hof het ook gehoor dat die ma se ouers geskei is en dat sy deur haar ma verwerp is. Sy is glo deur haar ooms verkrag en het op 15-jarige ouderdom van die huis af weggeloop en met die pa van haar kinders getrou.

Die pa ontken intussen die aanklagte teen hom. Sy saak is tot 5 September uitgestel en daar is gelas dat hy vir sielkundige waarneming gestuur moet word.

Die hofverrigtinge duur voort.

Vir meer besonderhede oor vandag se hofverrigtinge kyk vanaand eNuus om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Riana ·

Ek kan nie Glo wat ek lees nie … Wêreld raak al hoe sieker & sieker

Marie ·

Hierdie is mos nie mense nie, dis barbaars om die minste te se! Ag nee sies!

Belinda ·

Ek het regtig nie meer woorde nie…………………..ek is stom en boos!

Leana ·

Absoluut SIEK. Hoe laag het hierdie vrou gedaal om dit aan haar eie bloed te doen! Sy hoort NOOIT OOIT weer die buitekant van ‘n tronk te sien nie !

maxine ·

Dus deur sulke mas en pas wat die doodstraf maar kan terug kom ,, hoe siek waar in jou lewe mag die Here met jou werk !!

leana ·

Hierdie vrou is die naam “moeder” nie werd nie. Hoe absoluut sielsiek en laag moet iemand wees om tot sulke uiterstes te gaan. Dit nogal met jou eie bloed kinders ! Kinders deur haarself gebaar ! Sy hoort die buitekant van ‘n tronk NOOIT weer te sien nie!

tanja marx ·

Ek was sommer naar toe ek hiervan hoor dis nie n ma nie dis n monster!!

shanone bezuidenhout ·

Dis vieslik man!! Vir my part moet hul toe gesluit word en die sleutel moet weg gegooi word sodat daai vieslike goed van ouers hul straf kan verdien en hel beleef soos wat hul kinders het !!

AmY ·

Hierdie is die ergste wat ek in ‘n lang tyd van gehoor het (buiten die Springs-gruwelhuis).

Ek kan nie glo dat ouers so iets aan hulle eie bloedkinders kan doen nie.

Dan is die een kind boon-op serebraal-gestremd. Nee, regtig. Wat word van die mensdom?

Die ma is glo self as kind misbruik en verkrag as kind, des te meer kon sy verhoed het dat dieselfde met haar eie kinders gebeur.

Penelope ·

SIEK………… is nie die woord nie. Hulle moet in die openbaar gestenig word die hele wereld moet dit sien. maar dit sal nie gebeur nie, so ek hoop hulle kry hulle eie medesyne in die tronk maar is daar iemand so siek soos hulle in die tronk???? Wat dit aan hulle kan doen. Ek hoop so!!!!!

MARI BUITENDAG ·

o nee!!!!!!!!!!!! arme kinders. ag waarom kan die doodstraf nie heringestel word nie. want nou is madam net sun city vir misdadigers met regte gestuur.

charmaine ·

Hierdie 2 en die 2 van Springs moet almal aan n paal gehang word dag en nag, die elemente kan met hulle werk. Dis duidelik hulle weet hoe om soos muise aan te teel maar daarn a klap die brein toe. Sulke mense kry gewoonlik wat hulle verdien in die tronke. Daar is mense daar binne wat ook daar binne sit vir hulle misdade maar vir kindermolesteerdes is daar nie plek nie.
Vir ons normale ouers en mense wat ons kinders op troontjies sit en hulle lief het tot aan die einde van die wereld en alles sal opoffer, sal sulke goed nooit sin maak nie.
Hulle is wonderwerke van die Here, SY engeltjies!

Vanita Dicks ·

Ag nee wat ek wil se is kru en sien dit word nie toe gelaat. Hoop nie die mense in tronk kry hulle beet nie, dink hulle sal tot dit geniet. Arme, arme kinders, voel of ek net wil huil!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.