Ma erken sy het seun (10) vermoor

Argieffoto: SAPD

ʼn 50-jarige ma van Noordwes het haarself Woensdag aan die polisie oorgegee ná die moord op haar tienjarige seun.

Brig. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die voorval het die polisiebestuur geskok gelaat.

“Die vrou het Woensdag na die gemeenskapsentrum by die Bedwang-polisiestasie [suidwes van Bela-Bela] gegaan en aan die beamptes gesê dat sy haar seun vermoor het. Die beamptes het haar na haar huis in die Little Trust-nedersetting gevolg waar hulle die seun se liggaam in die slaapkamer aangetref het,” het Mokgwabone gesê.

Mokgwabone het gesê die seun se liggaam het verskeie steekwonde aan die bolyf gehad. Die motief vir die moord is nie bekend gemaak nie.

Die ma is in hegtenis geneem en moet binnekort in die Temba-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Lt.genl. Baile Motswenyane, die provinsiale polisiekommissaris, het die voorval veroordeel. Sy het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om hulp te vra as hulle probleme ervaar wat tot voorvalle soos dié kan lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anoniem ·

Hoe kan n ma n kind foodmask gooi die sleutels weg dis n onskuldife kind soos gister kry man hulle n baba in die surige op die myn dis hartverskeurend

ken van benoni ·

Daar kan moontlik verskeie redes wees, depressie, geldnood, drank, dwelems of selfs weerwraak teenoor die ander ouer. Net jammer ‘n kind is dood voor daar hulp gevra is. Dis tragies.

Ag tog ·

Anoniem, wat is FOODMASK? Is dit te veel moeite om net eers jou kommentaar na te gaan voordat jy dit stuur?

Cato ·

Ag tog, foodmask is doodmaak en onskuldife is onskuldige. Ja spelling is belangrik, jy kon vir Anoniem op n mooier wyse daarvan bewus gemaak het. Ons land is deurmekaar en ons het nie nodig om mekaar ook te kritiseer nie. Se maar net!

ANONIEM2 ·

REGTIG” aG tOG” IS DIT TE VEEL MOETITE VIR JOU OM VRIENDLIK TE WEES?

SARIE VAN HEERDEN ·

SE MAAR NET in enige kommentaar is tog so onnodig. Dis soos Anoniem. ” Annoniem se maar net…..”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.