Ma ernstig beseer toe sy kind tydens plaasaanval beskerm

Waarskuwing: Die foto onderaan die berig is grafies van aard en mag sensitiewe lesers ontstel.

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Vrou is ernstig beseer nadat sy Maandagoggend haar dogter teen ʼn aanvaller op ʼn plaas buite Stanger in KwaZulu-Natal beskerm het.

Inligting oor die voorval is tans nog baie skraps.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, sê ʼn enkele aanvaller gewapen met ʼn mes het glo in die kombuis toegang tot die huis verkry. “Die ma het haarself voor die aanvaller in gegooi om haar kind te beskerm,” het Herbst gesê.

“Die ma het ernstige beserings opgedoen, terwyl haar dogter daarin kon slaag om in die huis weg te kruip. Die dogter is ongedeerd.”

Volgens Herbst het die aanvaller op die vlug geslaan toe die ma en haar dogter se gille die bure se aandag getrek het. Dit is nie in dié stadium duidelik of enigiets uit die huis gesteel is of wie almal ten tyde van die voorval in die huis was nie.

ʼn Woordvoerder vir die KwaZulu-Natalse polisie het die voorval aan Maroela Media bevestig, maar gesê polisiebeamptes is steeds op die toneel besig. Meer inligting sal later bekendgemaak word.

Die toneel in die kombuis waar die vrou aangeval is. Foto: IPSS Medical Rescue

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Anoniem ·

Gaan klop by Mnr Julius Malema se deur want die 28’s het hom uit die tronk gepiemp ! Ondersoek HOM, Hy weet meer as wat Hy voorgee ???

Oujongvrou ·

Die regerende partb van die land maak eenvoudig of daar niks is om oor bekommerd te wees nie. Hier word meer mense in hierdie helhool daagliks doodgemaak as in n oorlog. Wat n absolute skande. Maar hulle bekommer hulle oor skurke wat in oorseese tronke sit. ☹dis al wat hulle bekommer. Dat die gemene boewe van hierdie samelewing gerieflik is.

Liberaal ·

Omns liberaliste sal dit nie tyoelaat nie want ons beskerm aanvallers, dis die polities korrekte ding om nie te dink aan die lot van die slagoffers nie maar net aan die vryheid van die aanvallers. Dis liberale waardes vir die wereld.

Kalahari Kind ·

Liberaal is sarkasties en wys daardeur op die onmenslikheid van vandag se liberale beskouings. Ek geniet altyd sy manier om die belaglike uit te wys.

Gewone boer ·

Ja, agri sa verteenwoordig slegs die ryk megaboere wat nie hulle plase gaan verloor nie, daarom is boere soos hierdie nie deel van hulle nie, daarom sal hulle dit ontken.

Marlene Hanekom ·

Die dogter is fisies ongedeerd maar ek belowe sy het emosinele skade opgedoen. Mag sy daardie skade in oorwinnig omkeer en dit gebruik op ‘n positiewe wyse op die dag van afrekening. Sterkte aan die gesin. What does not kills you makes you stronger !

Appelkoos ·

Dit kon net sowel die dogtertjie gewees het! Die mense van ons land sal moet begin intree. Dit help nie ons sit agteroor en lewer kommentaar nie, want wie gaan iets doen omtrent dit? Donald Trump en sy regerende party sal ernstig moet begin intree met betrekking tot plaasmoorde en grondhervorming

Kalahari Kind ·

Ek bid vir die mamma se volkome herstel en vir die hele familie se verwerking van die trauma.

Elna ·

Sterkte aan die gesin en familie en as ook die dogter wat deur baie erg trauma gaan dit vat tyd om te verwerk en om daarvan te vergeet is nie maklik nie. So lees ons daagliks hoe ons minderheids volkie uitgemoor word en niemand van ons kan iets daarom trent doen nie omdat ons magteloos is en ons krete vir hulp na ander lande word nie gehoor nie want dit word toe gesmeer en ontken deur die ANC en EFF!!! Ons kan net bid dat ons hemelse Vader sal toeslaan en dat geregtigheid laat geskied. Sterkte vir almal in hierdie moordslagveld van n land.

Kalahari Kind ·

Kan ons nie eis dat ‘n deel van ons belastinggeld aan plaasaanvalle se slagoffers geskenk word nie? Vir mediese en terapie onkostes. Dis tog net reg, aangesien die regering aandadig is en self weier om iets te doen?

Cherokee ·

Natuurlik kan ons dit eis Kind van die Kalahari, maar om te eis beteken nie noodwendig toestaan daarvan nie.

Annelize ·

Hell hath no fiery, like a mother’s protection of her child. Hoop die Mamma herstel volkome, en dat sy en haar dogter al die hulp sal kry wat hulle nou nodig gaan he, medies sowel as sielkundig. Mamma, jy is die naam Mamma waardig, ek salueer jou.

Andrea ·

Hierdie vrou is die naam ‘ma’ deur en deur werd. So jammer vir jul trauma en pyn, mevrou, maar ek respekteer jou! Wens al die ma’s wat hul kinders mishandel, verwaarloos en vermoor kon hierdie berig lees van hoe n ma veronderstel is om op tree. Hierdie dapper ma het nie vir een oomblik aan haar eie veiligheid of gevaar gedink nie, maar instinktief opgetree om haar kind te red. Wat n vrou, wat n ma! Baie sterkte julle, mag jul spoedig en wonderbaarlik herstel van die trauma en wonde.

Driekie ·

Sulke dinge maak my hart so seer …. Maar die geweldenaars en moordenaars se oordeel kom…dis verseker.. Baie stetkte en seenwense aan die mamma en dogter.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.