Ma geopereer ná kameelperd haar, seun trap

Katy en Finn. Foto: Verskaf

Dr. Katy Williams (35), wat Maandag saam met haar seun deur ʼn kameelperd aangeval is, is Woensdagaand geopereer.

Dr. Sam Williams (36) het bevestig talle dokters was betrokke by die operasie vir die veelvuldige beserings wat sy vrou tydens die voorval opgedoen het. Die operasie is eers Donderdag in die vroeë oggendure voltooi.

Williams het sy dank aan die dokters en mediese personeel van die Busamed Modderfontein-hospitaal uitgespreek vir hul pogings om sy vrou en seun die beste kans te gee om te herstel. Katy en die egpaar se driejarige seun, Finn, is albei steeds in ʼn kritieke maar stabiele toestand.

Marina Botha, die gesin se prokureur, het gesê die familie het besluit om dit een dag op ʼn slag te vat en positief te probeer bly.

Finn is Dinsdag in die vroeë oggendure geopereer om die drukking op sy brein te verlig weens die beserings wat hy opgedoen het.

Dr. Sam en Katy Williams saam met hul seun Finn. Foto: Verskaf

Katy en Finn is deur ʼn kameelperdkoei aangeval in die Blyde Wildlife Estate sowat 15 km buite Hoedspruit. Williams het gaan draf en omstreeks 18:00 by sy terugkeer op die toneel sowat 150 m van die gesin se huis afgekom waar die kameelperd steeds besig was om sy vrou en seuntjie aan te val.

Finn wag gewoonlik op dié plek vir sy pa om terug te keer wanneer hy gaan draf. Williams kon daarin slaag om die kameelperd te verjaag en Katy en Finn is op die toneel deur Hoedspruit Medical Rescue en dr. Victor Loftie-Eaton, ʼn mediese dokter van Hoedspruit, behandel.

Katy en Finn is hierna na ʼn nabygeleë vliegveld gehaas waar die mediese span onverpoosd gewerk het om ma en seun te stabiliseer. Finn is eerste met ʼn ER24-helikopter na die Busamed Modderfontein-hospitaal geneem, gevolg deur sy ma in ʼn tweede helikopter.

Riaan Celliers, bestuurder van die Blyde Wildlife Estate, het die voorval bevestig en gesê die kameelperdkoei het ʼn twee maande oue kalf en dat dit waarskynlik haar gedrag beïnvloed het.

Williams en sy vrou is albei wetenskaplikes en het doktorsgrade in natuurwetenskappe. Williams is ʼn Britse burger en sy vrou ʼn Amerikaanse burger.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nettie ·

Mense wil maar net nie gehoor gee aan versoeke dat wilde diere in hul natuurlike habitat gerespekteer moet word nie. Jy soek mos moeilikheid as jy bv. in die Kruger Wildtuin uit jou motor klim of by die venster uitleun …. Ek wéét dit is nie wat hier gebeur het ne – voor julle my nou doodgooi met klippe, mense!

Sterkte aan die vrou en klein seuntjie, met hul herstel.

JSO ·

@Nettie – Nee. Die mense woon op ‘n wildlife estate en die diere loop LOS rond tussen die HUISE en FASILITEITE! So tegnies is die diere IN DIE MENS se habitat.

Denise ·

Enige dier met n kleintjie is baie beskermend en sal aanval beskou almal wat t naby kom as n bedreiging selfs n ooi met n lam raak stamperig.

Philippe Otto ·

Nettie weet jy waarvan jy praat. Ons is on hulle habbitat hulle was eerste hier. Ek bly ook in ñ Wildlife Estate
. Wilde diere.is presies wat dit beteken nie huisdiertjies nie. Die kameelperd sou nooit net uit die bos kom en mense aanval nie. Daar moes in haar habitat en onmiddelike persoonlike spasie inbreek gemaak gewees het. Kry asb jou feite reg.!!!

Nettie ·

@JSO, ek SÊ dan, ek weet dit is nie wat hier gebeur het nie. En as dit ‘n “wildlife estate” is, dan IS die MENS IN DIE DIERE SE NATUURLIKE HABITAT EN ANDERSOM.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.