Ma geskikte skenker maar kort hulp

Foto: Facebook/Lisa Steenberg

Larochelle en haar sussie, Nicole. Foto: Facebook/Lisa Steenberg

“Haar nier werk glad nie meer nie. Sy verswak en sy is baie moeg. Sy het vir my gesê sy wens Liewe Jesus wil haar kom vat. Ek het verlede week so gehuil.”

Só sê Lisa Steenberg oor haar 12-jarige dogter Larochelle wat dringend ʼn nieroorplanting moet kry. Maroela Media het verlede jaar berig oor Larochelle van Welkom wat met ʼn chroniese niersiekte gediagnoseer is. Haar nierfunksie was destyds op vyf persent en vandag, presies ʼn jaar later, het sy byna geen nierfunksie oor nie.

Lisa sê dit gaan vreeslik swaar met hulle as gesin en die jaar wat verby is, was hel.

“Ek is eerlik met jou – dinge raak baie erg en dit affekteer alles – my huis, my gesin, my huwelik. Ons het amper al ons goed verloor en dit raak net moeiliker.”

Lisa en haar man, Donald, het verlede jaar toetse laat doen om te kyk of hulle geskikte skenkers is vir hul dogter. Lisa is 100% geskik. Sy het intussen baie gewig verloor en ook mooi na haar bloeddruk gekyk, sodat sy reg is vir wanneer die oorplanting kan plaasvind.

“Ek is heeltemal reg vir die prosedure, maar ons het nie geld vir die oorplanting nie,” sê Lisa.

Lisa en Larochelle moet elke maand Johannesburg en Bloemfontein toe om verskeie toetse te laat doen en Lisa sê die onkostes is net te veel.

Larochelle se storie het baie mense se harte verlede jaar geraak en daar was baie terugvoer van mense wat graag wou help, selfs mense wat bereid was om ʼn nier te skenk, maar Lisa sê dit was net leë beloftes.

“Ek kan mense nie kwalik neem nie, dit is nie hulle verantwoordelikheid om vir Larochelle te help nie”.

Besoek Larochelle se Facebook-blad indien jy die gesin wil ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Rugga007 ·

Is daar n rekening nommer waar mens geld kan inbetaal, wie adminastreur die rekening sodat dit vir die regte doel gaan? Wens so ek kon sê hier is die geld, hoop regtig daar is mense wat dit bietjie breër het wat kan help.

Vallary ·

Ek is gebore met 3 niere en sal met liefde vir die meisie n nier skenk. Maar dit is nie so maklik nie. Jy moet n sekere gewig en lengte wees.

Charmaine ·

Die fonds word deur prokureurs in Welkom ge-adminitreur.
Neumann en van Rooyen Trust
Absa Bank
Rek. nr 4046188494
Tak. 632005
Verwysing. Steenberg Fonds.

Mamma kan geskakel word vir navrae by 0799723502

Ina ·

kan die organisasie wat die seuntjie wat sy hand verloor het na die klapper ongeluk nie ook vir haar help nie? of dalk die staatshospitaal? iewers moet ‘n weg wees om so ‘n pragtige dogtertjie te help. of ‘n rekeningnommer om ‘n donasie te gee. asb Maroela moet nie weer my kommentaar verwyder nie asb.

Abre ·

Maak gebruik van “crowd funding”. Daar is talle sulke webtuistes en platforms! Ek sal ook help!

Eerlik ·

Ek kan nie verstaan nie? AS jy ‘n staatspasient is moet die STAAT tog die oorplanting betaal want dit is lewensnoodsaaklik, as jy by ‘n privaatfonds is moet die privaatfonds darem seker ‘n gedeelte betaal indien nie alles nie. GENADE dit is verskriklik. Gaan vra hulp by Good Morning Angels, gaan vra hulp by BEELD se geldinsamelingsfonds. Hierdie pragtige dogter MOET gered word, dit kan nie wees dat ons in ‘n land bly waar kinders die dood in die oë staar en niemand behalwe die publiek kan help nie? WAAR is die STAATSFONDSE vir sulke goed?

Elize C ·

Ek stem saam, kontak Jacaranda se Good Morning Angels onmiddellik. Dit is ondenkbaar dat daar ‘n geskikte skenker (haar ma) is, maar dat dit nie gedoen kan word nie agv gebrek aan fondse. Dit is verskriklik hartseer dat die pragtige mensie so moedeloos voel dat sy vra dat Jesus haar eerder moet kom haal. Nee, nee, nee jou pragtige meisiekind, dis nog nie jou tyd nie. Ek glo in geloof vas dat daar hulp sal kom, asb Mamma Lisa, doen aansoek vir finansiële hulp op alle platforms waarvan jy hoor, moenie ‘n oomblik huiwer omdat jy skaam of vernederd voel omdat julle nie die geld het om self julle dogtertjie te kan help nie. Daar IS engele daar buite wat SAL help. Baie sterkte.

lisa ·

Hi almal gan add haar groepie op fb.gebeds groepie spesiaal vir larochelle al haar goedjies is daar

Tannie ·

NB NB NB NB NB

Skuus vir my spelfoute – dis “Steenberg fonds”

brenda ·

Staatshospitale? uhhmmmm eks al 3jr op waglys vir n kniegvervanging; eks oud my lewe is amper verby; asb kom ons help dat die pragkind in ordentlike sorg en hospitaal gedoen word; alle staatshospitale is onder standaard; nasorg is pateties.

Ano ·

Brenda dis nou nie ‘n gesondheid blad die nie, maar ek het al baie gedink aan iets. Jy se jy wag al 3 jaar vir ‘n knievervanging. Ek het 2006 ‘n heupvervanging gehad teen ‘n koste (NET vir die prostese) R38 000. Nou het ek al baie gewonder – hoekom kan ek bv nie die prostese skenk aan ‘n organinsasie om te gebruik as ek die dag doodgaan nie. As mens ‘n pasaangeer inhet en jy kom te sterwe kan jy die apparaat skenk aan die hartsigting om dit vir staantspasiente beskikbaar te stel. Nou hoekom kan mens nie die dekselse duur prosteses ook skenk nie? Miskien moet mens erens so ‘n organisasie stig. Sou jy oop wees as jy iemand se “ou prostese” kon kry?

Leonie ·

Is Jakaranda se Good Morning Angels al gekontak? Hulle doen wonderlike werk en ek is seker mens sal die gesin so kan help met die operasie. Maroela kan julle hulle nie dalk kontak nie?

Corrie ·

Lisa ek glo vas daar gaan vinnig genoeg fondse inkom vir jou en Chellie vir die operasie. Ons het Goodmorning Angels al gekontak asook n paar ander plekke. Moed hou liefie,hier is baie engele wat gaan help. (Hug)xx

Madri ·

Die trane rol van my wange af hier waar ek nou hierdie kommentaar tik. Ek weet presies waardeur julle gaan as ouers ekt ook amper my oudste kind so verloor agv van haar niere en eks ons almagtige God ewig baie dankbaar vir Sy wonderwerk op my kind so glo ek dat God ook hierdie kindjie styf sal vas hou en haar genees net soos Hy my kind genees het haar een nier het ook gaan staan. Ek maak graag my bydrae vir hierdie kindjie en ek bid van harte dat ons genoeg geld kan insamel vir haar sodat sy net die beste dienste kan kry by n privaat hospitaal met die beste spesialiste. Sterkte baie baie sterkte aan die mamma en die pappa en familielede ek salieer elke moeder wat alles sal opoffer vir haar kinders. Ek bid vir julle en gee asb vir ons n opvolg of n terugvoering van hierdie engeltjie asseblief Maroela.?

Conrad ·

Daar is SOVEEL welaf mense en miljoeners in Suid Afrika!! Kontak die eienaar van Lourenford wynplaas bv- ek is seker hy sal n hart he- vir hom is dit kleingeld en vir hierdie lieflike dogtertjie LEWE. As dit my dogter is skryf of gaan sien ek elke man wat kan,dit kan sekerlik van sy belasting afgetrek word. Daar behoort n nood mediese trust te wees in SA vir ons mense- dalk kan Solidariteit dit oorweeg.
Dis n skande dat hierdie gesin al reeds so moes swaarkry.
Wat het in elk geval geword van die hipokratiese eed? As meens in nood by n hospital aankom eis hulle duisende of wys jou weg.
Vergeet van staats hospitale. Hul sal haa nie eers op hulwaglys sit nie sy is te kritiek!

Corrie. Kasurinen ·

Ons kom vanoggend weer nedirig voor God en mens en vra om hulp vir die klein meisie Larochelle Steenberg Groot asb raak betrokke sy is besig om te sterf nie wil help sonder voor af fondse nie Maak asb julle harte oop mense vra besighede en so meer om betrokke te raak te raak baie min. Baie dankie aan almal wat al reeds bydrae gemaak het !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.