Ma gevonnis na seksdade met kinders

Die ma en pa tydens hul hofverskyning. Foto: Daniëlla van Heerden/eNuus

Die ma en pa tydens hul hofverskyning. Foto: Daniëlla van Heerden/eNuus

Die vrou van Noordwes wat erken het dat sy onder meer haar seun verkrag het en haar gestremde dogter op ‘n bed vasgedruk het sodat die kind se pa haar kon verkrag, is Maandag in die Rustenburg-landdroshof gevonnis.

Daniëlla van Heerden, eNuus se verslaggewer, berig dat die ma tot lewenslange tronkstraf gevonnis is. Sy is lewenslange tronkstraf vir die verkragtings opgelê en ‘n effektiewe 20 jaar tronkstraf vir die ander aanklagte.

Die landdros het onder meer gesê dat die ma nie berou vir haar dade getoon het nie aangesien sy eers jare na die seksuele misbruik skuld erken het. Die vrou se optrede is as weersinwekkend beskryf en die landdros het gesê hy kan nie glo ‘n ma kan dit aan haar kinders doen nie.

eNuus berig die vrou het vroeër Maandag erken dat sy haar kinders tussen 2007 en 2009 seksueel misbruik het en hulle verwaarloos het.

Die ma het in ‘n verklaring wat aan die hof voorgelees is, ook erken dat sy haar gestremde dogter gedwing het om te kyk hoe sy en haar man [die kind se pa] seks het.

In haar verklaring erken sy dat sy haar negejarige seun verkrag het en hom gedwing het om met sy sussies, onderskeidelik sewe en 15 jaar oud, seks te hê. Sy voer aan dat sy dit gedoen het om haar seksdrang te bevredig.

Vir meer besonderhede oor vandag se hofverrigtinge kyk vanaand eNuus om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

Lees ook:
Ma erken skokkende seksdade met haar kinders

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jas van As ·

Ek wonder hoe gaan sy in die tronk maak om haar seksdrang te bevredig?

Peter Says ·

Jas, jy sal verbaas wees. Eensame aanhouding en ryswater vir kos sal dalk die oplosing wees.

Marietjie ·

Sy mag dalk na ‘n paar maande in ‘n vol tronksel ‘n ander deuntjie sing en nooooooit weer in seks belang stel nie. Ander vroue gevangenis gaan dalk nie so gelukkig wees oor wat sy aan haar kinders gedoen het nie….

Nina ·

Liewe hel! Mens het nie meer woorde vir wat aangaan onder ons eie nasie nie. Ek voel fisies siek. Jou walglike verskoning vir ‘n mens, wat nog te sê ma! Jy en jou man hoort altwee opgehang te word waar julle met klippe doodgegooi kan word.

Maritza ·

Daar is soveel mense wat graag kinders wil he wat nie kan kinders kry nie, en dan maak mense so wat wel kinders het , kan dit net nie verstaan nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.