Ma gevonnis na seuntjie met pistool rondloop

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Veiligheidsbeampte van Mpumalanga is Dinsdag gevonnis nadat haar eenjarige seun met haar pistool rondgeloop het.

Nelisiwe Sindisiwe Nkosi (34) van Malalane, het in die Tonga-landdroshof skuldig gepleit op ʼn aanklag van die nalatige hantering van ʼn vuurwapen, het ʼn Sapa-korrespondent berig. Sy is twee maande tronkstraf of ʼn boete van R800 opgelê.

Nkosi, wat R2 500 per maand verdien, is op 1 Maart in hegtenis geneem nadat haar seun met ʼn gelaaide vuurwapen in die straat geloop het. Die hof het gehoor dat sy haar Norinco-pistool in ʼn laai in haar slaapkamer hou, maar het nie die sleutels buite haar seun se bereik gehou nie.

Sy het in ʼn verklaring erken dat dit nalatig en gevaarlik was om die sleutel onder haar kussing te bêre.

Landdros Sibonisiwe Sibuyi het beslis dat Nkosi haar pistool kan hou, maar dit in ʼn veilige plek moet hou, anders sal dit van haar weggeneem word. “Ek wil hê jy moet dit veilig bêre, aangesien jou seun dit dalk mag vat en aan misdadigers kan gee om misdade te pleeg. Ek vonnis jou tot twee maande tronkstraf of ʼn boete van R800,” het Sibuyi gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ria Maritz ·

Vir my is dit net logies dat ‘n vuurwapen te alle tye buite bereik van kinders, en potensiele moordenaars moet wees. Wat veronderstel is om mens te beskerm, kan ‘n moordwapen word in die verkeerde hande.

Trudie Erasmus ·

Vonnis te lig! Dit is omdat vuurwapens te maklik aan Dick, Tom en Harry gegee word. Daarom dat daar soveel moorde in ons land is. Die goed het geen verantwoordelikheid nie.

Annari ·

Verduidelik asb net vir my hoe ‘n eenjarige kind, die “presence” of mind het om ‘n sleutel te gaan soek en ‘n laai oop te sluit om by die vuurwapen uit te kom. Klink eerder vir my of die wapen net so in ‘n ongesluite laai gebere is.

bibi ·

Trudie se ”die goed het geen verantwoordelikheid nie”..maar sy gebruik Dick,Tom en Harry se name..ek dink sy’t vergeet om haar naam ook by te voeg,want sy verwys na haar kant van die grenslyn..

Annari ·

“Ek wil hê jy moet dit veilig bêre, aangesien jou seun dit dalk mag vat en aan misdadigers kan gee om misdade te pleeg. ” het Sibuyi gesê. Is Mnr Sibuyi nie lekker nie? Die kind is eenjaar oud!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.