Ma gevonnis na sy dogter verwurg

Michelle Koekemoer. Foto: Facebook

Michelle Koekemoer. Foto: Facebook

Soniya Koekemoer is Dinsdag in die streekhof in Vanderbijlpark gevonnis vir die moord op haar negejarige dogter, Michelle.

90.6 FM Stereo Nuus berig landdros Robert Button het Koekemoer (34) tot 18 jaar tronkstraf gevonnis. Hy het in sy roerende uitspraak verwys na Michelle se naam en gesê haar naam het by hom gespook. Volgens hom beteken dit “Geskenk van God” en hy het die definisie aan die hof voorgelees.

Koekemoer het vroeër skuldig gepleit en erken sy het haar dogtertjie verwurg. Sy is op 22 Julie in hegtenis geneem, nadat Michelle se liggaam op 10 Junie in haar bed in haar slaapkamer gevind is. Sy en haar ma het in ʼn woonstelblok in Vanderbijlpark gewoon.

Koekemoer in die hof. Foto: Foto: 90.6 FM Stereo Nuus

Koekemoer in die hof. Foto: Foto: 90.6 FM Stereo Nuus

Koekemoer het aanvanklik beweer sy het Michelle die laaste keer lewend gesien toe sy die vorige aand vir haar ʼn storie gelees en haar in die bed gesit het. Volgens Koekemoer het sy wakker geword met ʼn tou om haar nek en dadelik na haar dogter se kamer gegaan. Sy het gesê sy het Michelle se liggaam op haar bed aangetref, ook met ʼn tou om haar nek.

Sy is kort daarna in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes dagga in die woonstel gevind het, maar die aanklag is later weer teruggetrek.

Michelle was ʼn gr. 3-leerling aan die Laerskool Eligwa.

Lees alle vorige berigte oor Soniya Koekemoer op Maroela Media.

Inligting met vergunning van 90.6 FM Stereo Nuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Helen Doman ·

Sal dit nie wonderlik wees as al die moordsake so gou afgehandel kan word nie. Ek is so bly sy gaan tronk toe, reguit tronk toe – en dit sonder om R200-00 in te samel as sy by begin verby skuif. Haar verdiende loon.

Se net ·

18 jaar, dis te min op moord vir jou eie kind, dagga in woonstel gevind, wat gaan aan in Suid Afrika. Rus in vrede Michelle, nou kan niemand jou meer seer maak nie. Miskien moet Suid Afrika lisensie uitbring vir ouerskap, daar is mense wat nie ouers moet wees nie.

PJ ·

Wat gaan aan met die mensdom van vandag, so pragtige dogterjie, 18 jaar is te min, 25 jaar sonder parool…….

Ada ·

My genade die straf is hopeloos te min! Die kind was maar 9 en haar hele lewe het voor haar gele. Na 18 jaar sou die kind ‘n jong dame van 27 gewees het. Met ‘n eie familie dalk? Waardeur het hierdie kind nie deurgegaan met so ‘n skepsel van ‘n ma nie? Nee , die straf is te min. Sy moes lewenslank gekry het.

Zulu ·

Vir watter rede verwurg jy jou kind? Jou eie vlees en bloed? Ek het self 4 kinders en al maak hul my party dae hoe kwaad het ek nog nooit eers daaraan gedink om hul leed aan te doen nie, kinders is ‘n geskenk van God en moet gekoester, opgepas en baie liefde en aandag voor gegee word. Daardie kind het nie gevra om daar te wees nie, was sy vir haar ‘n finansiele las of in haar pad van lewensvryheid?? Nee wat, daar is altyd iemand wat sal help en uitreik na jou as jy net vir hulp vra, om ‘n onskuldige kind se lewe te neem is nie die uitweg of antwoord nie.

PJ ·

En gaan prober om n kind aan te neem dan sien jy hoe moeilik dit is, maar die mense wat geseend is en hulle net so verniel, ai maak mens hartseer….So baie liefde kon sy gekry het…

Maddox ·

Het die mense in die land heeltemal besete geraak? As dit nie ‘n man is wat sy stiefdogter doodslaan nie dan is dit ‘n ma wat haar eie kind verwurg. Wat se boosheid loop hier rond in die land. Het mense rerig so siek geraak. Dit is om van te huil rerig.
Rus in vrede kindjie…..

ek ·

Of n pa wat sy 2 kinders en vrou in hul beddens doodskiet… Siek wereld die!!!!

liza ·

18 jaar asseblief sy moes lewenslank gekry het, sy het haar kind vermoor hoe in die lewe kry ‘n mens dit reg, jy moet siek wees in jou kop regtig……as ek net moet dink wat moes daardie arme ou dogtertjie deurgaan of het sy geskreeu moenie mammie….. nee sorry 18 jaar is te min…. sluit toe en gooi die sleutel in die see, ek het geen simpatiek nie. Rus in vrede Michelle.

liza ·

Rus in vrede Michelle, 18 jaar is te min maar nou ja, sy sal moet rekenskap gee eendag.
18 jaar is te min, dit moes lewenslank gewees het.

Alicia ·

ek weet net nie hoe mens jou eie kind kan vermoor nie. dis rerig baie hartseer. al wat die mens wys is dat die mense verlore geraak het en dat ons moet terug draai na God.

Johann Barnard ·

As die mev ryk was het sy borg gekry en nog vir maande lekker rond gekuier soos die rykes mos maar doen,wys jou net wat n skelm prokureur en n advokaat kan doen.

Cacophony ·

Maroela hoekom dek julle berig glad nie die die feit dat die regter in sy uitspraak gesê het dat sy (die ma) deur die gemeenskap in die steek gelaat is. Dit is tog ‘n belangrike element van die uitspraak wat julle net eenvoudig geignoreer het. Hoekom?

Genoeg ·

Al was sy deur die gemeenskap in die steek gelaat was daar nog geen geldige rede om haar kind te vermoor en nog vir een maand en 2 dae haar skuld te verswyg nie. Sy kon iewers hulp gesoek het of haar kind aan pleegouers gegee het totdat haar lewe weer rigting gekry het. Dis geen veroordeling nie, maar werklik, as alles vir haar te veel was kon sy mos maar sommer haar eie lewe ook geneem het en dan was al haar ellende op ‘n end. Lewenslank sonder parool sou dalk die regte straf wees. Nouja, ons kan debatteer soos ons wil en dit sal niks aan hierdie hartseer verhaal verander nie. Die Woord sê dat ons 70×7 keer moet vergewe.

Cacophony ·

Ek stem saam ja maar die vraag bky steeds hoekom die gedeelte van die uitspraak weggelaat is. Verwag nie MM moet alles dek nie maar dis nogal ‘n belangrike aspek is dit nie? PS oordeel is klaar deur die hof gevel en daar is klaar mate van vergifnis. Wens mense wil ophou sê moenie oordeel nie dis snert.

vonnie ·

Ek kan nie help om te wonder of die gemeenskap nie dalk n verskil kon maak aan die ma en kind se lewe nie. Waar was die kerk, haar vriende en familie? Het niemand van die dagga geweet nie? Ek praat beslis nie haar dade goed nie maar wonder maar net. Dalk moet ons net tweekeer dink voordat ons iemand wat hulp vra verneder en wegstuur. Ons gaan hierdie verskynsel meer en meer sien soos die skroef aangedraai word onder ons eie mense. Dalk net dalk kan jy ook n verskil maak. Het niemand hulp aangebied waanneer die vrou waarskynlik radeloos was met n kind wat skreeu nie. Ek hoop regtig die vrou kan na 18 jaar dalk weer haar lewe op koers kry. Dalk kan sy nog n verskil maak deur ander te leer uit haar eie foute.

jessica ·

Selfsugtige vrou. Geen kos vir kind, maar spandeerder geld op dagga! Waar is di familie en bure asook die skool? Hoekom kon hul nie sien wat aangaan nie. En sy kon kind in kinderhuis geplaas het. Baie suksesverhale wat daaruit spruit. Gelukkig kan sy nie weer n kind verwek nie

Cacophony ·

Juis wat die regter in sy uitspraal bevraagteken het. Lyk my almal her geweet wat aangaan maar het net hul.skouers opgetrek.

Besliste les ·

Jul jong klomp wat so graag groot wil wees en met Dagga etc……. speel, dit is die pad wat jy loop. Jy kan sien hierdie foto spreek boekdele -sy kry swaar, want sy staan hier waar sy nooit wou wees met die bloed van haar kind op haar hande, ek kan sien sy sou graag wou terugdraai, maar kan nie en so gaan sy elke dag nugter en helder in die tronk opstaan, so besluit jong mens, speel lekker of vat verantwoordelikheid en explore liewer om armoede te help, n volunteer vir positiewe tydverdryf te wees.

Besliste les ·

Ek stem Elize, maar regtig daar is geen verskoning vir jou eie vlees en bloed verwurg tot sy dood is. Skaam verlee se gat, jy gee jou kind weg of vra hulp ter wille van jou kind, jy as Moeder is die primere versorger en as jou kind nie eens by jou veilig is, waar dan. Die wat almal geweet het hoe dit gaan en nie standpunt ingeneem het of gehelp het nie, is net so skuldig. Moet asb nie die term van oordeel te gou gebruik by die lyk van n 9jarige dogtertjie deur haar Ma vermoor nie, buiten dat sy dood is word haar nagedagtenis versuur deur mense wat dink die Ma word benadeel, klim in daai dogtertjie se skoene.

Klippie ·

Dit sal ‘n ontsettende HARTSEER dag in SA wees as ons niks meer mag se oor iemand wat haar DOGTERTJIE vermoor/verwurg het nie. As jy nie ‘n moordenaar mag veroordeel nie, wie mag jy veroordeel? Mag ek altyd tussen reg en verkeerd kan onderskei en nooit te bang wees om iemand wat haar dogter VERMOOR se dade ten sterkste af te keur nie .

vettie ·

Ja Elize, mense is gou om klippe te gooi, veral ons eie mense, maar die vet weet. Daar is niks wat dit regverdig nie. Geen kind, maar geen kind, ongeag van hulle ras of kleur of wat ookal verdien om vermoor te word nie. Hoe sleg moet mens wees om jou eie kind se lewe te neem? Mag sy kry wat haar toekom.

Uiltjie ·

Wat is verkeerd met die KOEKEMOERE laat hulle nie van kinders hou nie? Is sy nie verwant aan Koos Koekemoer wat vir Poppie se moord tereg staan nie?

Willie ·

Wonder of sy nie familie van die driejarige Poppie se moordenaar is nie, is hy nie ook ‘n Koekemoer nie?

Joe ·

Genade …. dit is uiters skokkend , tragies & hartseer wat hierdie arme kind moes deur maak , dit breek mens se hart om sulke tragedies in die koerante te lees !
Wat het die ma besiel om tot sulke uiterse stap te gaan om dit aan jou eie kind leed aan te doen , Michelle was ‘n pragtige dogterjie , so onskuldig moes haar kort lewe be-eindig geword het sonder enige vrae of antwoorde !!
Hierdie vonnis is gans & al te lig vir hierdie vrou , gaan sy ooit besef wat werklik hartseer is sonder haar kind wat nie gevra het om deur sulke omstandighede vermoor te word !!!
Michelle , jy is ‘n mooi dogterjie , net jammer jy het so vroeg in jou lewe op so ‘n wrede manier aan ‘n einde gekom aan jou lewe !!

Uys ·

Sy het gesê sy sien nie n toekoms vir haar en haar dogter nie. Waarom nie die regter vra dat sy ook 50jaar tronk toe KAN GAAN NIE?
Nou het sy berou maar toe die daad gepleeg is het sy geen toekoms vir hul nie

Voorlaaier ·

Na 9 jaar is sy uit op parool……En dit vir i beplande moord….Sprakeloos!

Magda Grundling ·

Bring die doodstraf terug. Te veel gesinsmoorde vind plaas. Dan is daar altyd die verskoning ek was ontoerekenbaar. Voor die daad gepleeg is kon daar toe aan moord gedink word wat uitgevoer is. Siek mense wat dit doen. Soek simpatie met hulle verskonings.

SkarrelKind ·

Daar is nooit genoeg rede om mens se kind te moor nie. En dagga is nie hier die einde van die wêreld nie. Daar is baie min bewyse dat dagga enige iemand mal of gewelddadig maak – so gaan kry eers die dagga feite en moenie alles daaraan toeskryf nie. Gemeenskappe moet meer saam staan in die woesste tye waarin ons lewe. Nes met die man in die kompleks wat mense doodgeskiet het. Ek weet sy verdien alles wat haar toekom, maar liefde en begrip vir mense wat se lewe werklik donker is, maak tog ‘n verskil en bring bietjie lig in hulle lewens. Dalk kon dinge anders geweet het …. ons was nie daar nie …. Maar net my mening.

CAROL ·

SE MY NET – HOE OP AARDE MAAK MENS JOU EIE VLEES EN BLOED DOOD?????? JA NEE EK STEM 18JAAR IS TE MIN!!!!

Nita ·

Dis maklik om uitwendig te sien as iemand siek of beseer is. Jy sien die tekens,koors ens. Maar dink daaraan daar is ten minste net soveel mense wat siek in die kop is. En ons sien dit nie so maklik raak nie. Die mense naaste aan hulle sou ervaar dat iets nie lekker is met diesulkes nie, maar omdat dit nie n oop bloeiende wond is nie, besef niemand dat die mense ook dodelik siek is nie. Dodelik vir hulleself of vir enige mens in hulle nabyheid. Baie dinge dra by tot hulle kopsiektes. Chemiese stowwe, maatskaplike probleme ens. Gewoonlik is almal om sulke mense te bang om te se; Jy is siek. Gaan spreek n psigiater! Maar dan is die koste vir geestelike gesondheid ook onhebbelik duur. So diesulkes kry nooit hulp nie en word net sieker.

Johanna ·

SO hartseer. SO hartseer. n mamma wat haar moes beskerm het!! Moontlik veel meer as net dagga betrokke. familie & vriende & gemeenskap het Michelle in die steek gelaat. Rus in Vrede liewe kind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.