Ma gevonnis oor moord op haar vier kinders

Argieffoto

ʼn Ma is Vrydag in die hooggeregshof in Mpumalanga gevonnis op aanklag dat sy haar vier biologiese kinders, twee dogters (onderskeidelik agt en vier jaar oud), en twee seuns (sewe jaar en 11 maande oud) in Desember 2018 in Witbank vermoor het.

Volgens Monica Nyuswa, woordvoerder van die direkteur van openbare vervolging in Mpumalanga, het Zinhle Leshmee Maditla in haar pleitverduidelik aan die hof gesê sy het self rotgif gedrink in ʼn poging om selfmoord te pleeg en dit ook vir haar kinders ingegee, ná sy uitgevind het die pa van twee van haar kinders was ontrou.

Maditla het haarself aan die polisie oorgegee ná bure en familielede op die kinders se liggame afgekom het.

Senior staatsaanklaer Ntsika Mpolweni het ter verswaring van vonnisoplegging aan die hof gesê Maditla het tyd gehad om oor haar optrede te dink. “Sy het nie hulp gaan soek toe die slagoffers komplikasies getoon het nie. Dit is ʼn teken dat sy hulle doelbewus vermoor het.”

Regter Sheila Mphahlele het gesê die beskuldigde is skuldig bevind op ernstige aanklagte en kon nie enige rede vind om af te wyk van die voorgeskrewe minimum vonnis nie. Maditla is vier lewenslange vonnisse opgelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mossie ·

En dit nogal omdat die pa ontrou was?! Nou is jou kinders dood, jy sit in die tronk en die pa geniet sy lewe voorentoe. Hoe onnosel kan mens wees?

Karen ·

Mossie jy is reg. …haar “man” was ontrou ….ek voel bitter jammer vir haar – sy lewe tien teen een met erge nageboorte depression en het werkloos in kamer in haglike toestand gebly. Met 1ste berig het 2pappa’s met netjiese karre gedress en gepress opgedaag duidelik het hulle aanbeweeg en die ma ? Sy het agter gebly met 4 kinders …..tragies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.