Ma gevonnis oor verkragting van 2 maande oue baba

hof-hamer

Argieffoto.

Genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die vonnis van ʼn 29-jarige ma in verband met die verkragting van haar twee maande oue baba verwelkom.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn dokter by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto het verlede jaar die polisie in Meadowlands in kennis gestel van ʼn ernstig beseerde twee maande oue baba wat in die hospitaal opgeneem is.

Sers. Enez Lekgoathi van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) in Orlando het die ondersoek behartig. Die ma het aanvanklik beweer die kind het van die bed afgeval, maar mediese toetse het aangedui dat die baba verkrag is.

“Die ma is in hegtenis geneem ingevolge die Wet op Kinderbeskerming, kindermishandeling en dwarsboming van die gereg. Sy is sedert November 2017 in aanhouding ná haar aansoek om borgtog van die hand gewys is,” het Naidoo gesê.

Een van die redes waarom haar aansoek om borgtog geweier is, is omdat haar weergawe van wat met die baba gebeur het deurentyd verander het.

Die ma is einde verlede jaar skuldig bevind hoewel die eintlike verkragter nog nie geïdentifiseer is nie. Sy is vandeesweek in die Johannesburgse hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

“Dít het nou ʼn presedent geskep wat sal help voorkom dat enigiemand in die toekoms oortreders beskerm.”

Die ma se identiteit sal nie bekend gemaak word nie om die identiteit van die baba te beskerm.

Sitole het Lekgoathi en adv. Alivera du Plooy, die staatsaanklaer, geprys vir hul harde werk en toewyding aan die saak.

“Ons streef daagliks na die beskerming van die onskuldiges en weerloses. Dit is dalk net ʼn klein bietjie geregtigheid vir die baba, maar die uitkoms van die saak sal sekerlik dien as afskrikmiddel om te keer dat sulke strafregtelike aktiwiteite weer plaasvind,” het Sitole gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Kowa ·

FANTASTIES!!! Tenminste een kind vir wie die reg nie gefaal het nie. Net jammer die verkragter is nie ook gevang en gestraf nie.

Moun'iek ·

Die VERKRAGTING van ‘n 2 MAANDE OUE BABA????
Goeie genugtig … Ons lewe in ‘n SIEK wereld!!
Hoekom het die tipe mense kinders?
Daar is Mammas daar buite wat hul alles sal gee om ‘n babatjie te he … :(
Dit maak my nie net siek om dit te lees nie, maar ook ongelooflik baie hartseer!!

CHRISTA ·

Ons wêreld is nie siek nie!! Ons MENSDOM is siek!! In geen dierespesie sien jy eers ‘n mannetjie karring aan ‘n wyfie as sy NIE op hitte is nie en as sy wel op hitte is en hom die 2de of 3de keer weier VAT HY DIE PAD en gaan soek na ‘n ander wyfie wat op hitte is en GEWILLIG is om met hom te paar!!

In Suid-Afrika is MOORD, VERKRAGTING EN ROOF (gewapen of selfs net “grab a bag”) ons land se 3 NASIONALE SPORTE!! Voordat ons regering en regstelsel nie die slagoffer top prioriteit maak nie sal die MISDADIGER altyd meer MENSEREGTE hê as die slagoffer en sal misdaad in ons land ALTYD BOBAAS WEES!!!

Ekskuus ·

TWEE MAANDE OUE BABA VERKRAG?? So die verkragter is nog nie geidentifiseer nie? Die ma wil seker weer nie die BOYFRIEND se naam opgee nie .. dis so tipies .. verkragting is in SA glad nie ‘n erge oortreding by sommige lede van die publiek nie .. wonder of hulle ooit nog na die verkragter soek … REDICULOUS dat die ma se naam weerhou word om die kind se naam te beskerm . REGTIG?? So ons sal nooit weet wie is die ma wat die verkragting op haar twee maande oue babe TOEGELAAT HET en WEGGESTEEK het nie ..

LJ ·

Wys my n geval van n wit baba wat so ignoreer is?? Dis die fout in daai land, iets goeds gebeur, en dan maak julle dit n rasse ding.

Hennie ·

Wat mis ek hier? Lewenslange tronkstraf vir ‘n daad wat iemand anders gepleeg het? dit klink nie reg nie.

JK ·

Hennie duidelik mis jy iets…. Die ma was medepligtig. Sy het geweet presies waardeur die kind is en bly lieg daaroor. EN sy het nou nog nie die verkragter aan die polisie bekend gemaak nie. So ja sy is net so skuldig soos die verkragter. Jy is nie die naam Ma werd as jy nie eers jou 2 maande oue baba beskerm nie. Ek sal graag jou opinie oor die vrou wil hoor.Is sy in jou ogies dan nou onskuldig of hoe?

Martie Müller ·

Het sy nie self die kind misbruik deur goed te gebruik nie.?? Hoekom is daar nie iemand gevang nie.

wielie ·

Waarom is die tandarts se foto in die pers maar die ma van die baba verkragter nie??
Om en by dieselfde tipe misdaad ??

Ster ·

Hulle verduidelik dit in die artikel baie mooi. Die ma word nie bekend gemaak nie om die baba te beskerm….. Soos met alle gevalle waar minderjariges en familieverwante sake betrokke is.

dolphin ·

dis wreedheid van die baba 2mde oud om te verkrag en die ma is siek van dit.beter van die ma lewenslank tronk en kry die baba jammer shame.

Mrs H ·

Hoop dis n voor smaakie vir die laffaard wat sy een jarigge baba van die huis se dak afgegooi het! Siestog, ek hoop regtig hierdie klein babatjie het nie permanente skade agv die verkragting nie, en dat sy in Jesus naam n pragtigge vol lewe sal geniet.

Piet Pompies ·

Toe ons drie kinders 2 jaar oud was, was hulle altyd onder ons as ouers se toesig of ‘n verantwoordelike person se toesig. Hoe kan dit gebeur dat ‘n 2 jare kind verkarg word en die ma weet nie wie dit is. Watse siek persoon het die behoefte om gemeenskap met ‘n baba te hê.

MAGDA ·

Die baba is 2 MAANDE oud nie 2 jaar nie

Dit is absoluut siek en walglik dat hierdie “ma” die verkragter beskerm :-(
Jy is die naam ma nie werd nie.

Woedend ·

n Mens kry siek mense. My dogtertjie van elf was onlangs gemolestreer deur n terminale siek ou man. Ons het n saak gemaak teen die man. Hy is inhegtenis geneem vir dit. Ek wou hom vermoor toe ek uitvind. Kyk ek na my elfjarige kan ek net in bewondering na haar kyk. Sy is baie dapper en sy oorweeg dit om by n geleentheid by haar skool te praat oor wat met haar gebeur het sodat sy ander kinders kan moed in praat om te praat oor wat gebeur het en nie stil te bly nie. Ek ondersteun haar ten volle. Kan nie dink enige normale denkende mamma wat lief is vir haar kind gaan so iets goed keur en lieg oor dit en die skuldige beskerm nie. Dit maak my hartseer dat ons kinders nie eers meer veilig is by familie en vriende en soms ook by ouers nie. En as jou hormone jou regtig pla maak n plan en gaan kry n hoek tannie, maar in hemels naam los die onskuldige kinders uit!!!!!!!

Ten alle tye ·

As die ma nie nugter was en die kind saam haar was ..hoe sal sy nou weet…nouja Ons word almal vermaan wees ten alle tye NUGTER.

Lizzie ·

Dis so siek 2 maande nee nee ek wil nie eers sien hoe lyk die “ma” nie hoe kan sy dit doen aan die klein mensie wat so onskuldig is. Sy is nie ‘n “ma”nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.