Ma gevonnis vir dood van drie kinders

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn 33-jarige ma, wat van strafbare manslag aangekla is na die dood van haar drie kinders, is gevonnis.

Sers. Sinah Mpakane, woordvoerder van die polisie, het gesê Puleng Gwadi is in die Botshabelo-landdroshof, buite Bloemfontein in die Vrystaat, tot 18 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan ses jaar vir vyf jaar opgeskort is.

Gwadi is op 12 Julie 2015 in hegtenis geneem in verband met die dood van haar kinders. Die kinders is reeds in November 2010 dood en ʼn geregtelike doodsondersoek is aanvanklik gedoen.

Dit het na die ondersoek aan die lig gekom dat Gwadi haar drie kinders, onderskeidelik 10 maande en vier en agt jaar oud, die aand van 26 November alleen in ʼn plakkershut gelos het toe sy ʼn nagwaak gaan bywoon het.

Volgens Mpakane het Gwadi eers die volgende oggend teruggekeer en die plakkershut is intussen in ʼn brand vernietig. “Die polisie het vasgestel Gwadi is vroeër van haar man vervreem en sy het aan vriende gesê sy gaan wraak neem.” Gwadi het ʼn brandende kers in die hut gelos, wetende wat dit sou veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dion Els ·

Veel te min straf vir 3 kinders, maar ten minste gaan sy sit. Nou nie dat die tronk eintlik n straf is nie

simon ·

Hoekom sal ek hoegenaamd reageer as my antwoorde by voorbaat gekanselleer gaan word.

Soveel vir vryheid van spraak (skryf)

Lucia ·

Ek het dieselfde ondervinding gehad met n vorige berig. En ek weet nie eers wat ek verkeerd gese het nie! Ek het maar net gese wat ek gevoel het sonder om op enige tone te trap.

Landi Maree ·

Nee wat sy gaan n royal lewe he en heerlik op ons onkostes bly

Anoniem ·

Ons praat hier van iemand wat haar eie kinders doodgemaak het om iemand anders te “spite”. Ek kry die ander kindertjies jammer wat dalk in die toekoms vir haar gebore word. Watter soort ma sal sy vir hulle wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.