Ma gevonnis wat baba wou verkoop

'n Skermskoot van die advertensie.

‘n Skermskoot van die advertensie.

ʼn Ma van Pietermaritzburg wat verlede jaar probeer het om haar baba op die advertensiewebwerf Gumtree te verkoop, is Woensdag in die plaaslike streekshof gevonnis.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die 20-jarige vrou is tot drie jaar huisarres gevonnis. Die vonnis sal onder korrektiewe toesig uitgedien word.

Die vrou het voorheen skuld erken op ʼn aanklag van mensehandel. Sy het aan die hof gesê dat sy besluit het om die baba te verkoop nadat haar kêrel nie meer onderhoud wou betaal nie toe hy uitgevind het hy is nie die pa van die baba nie.

Ramkisson-Kara het gesê die NVG aanvaar die vonnis weens die unieke omstandighede van die saak.

Maroela Media het vroeër berig die vrou is vasgetrek toe die advertensie, waar die baba vir R5 000 te koop aangebied word, by die polisie aangemeld is. ʼn Lokval is vir die vrou gestel en sy is in hegtenis geneem kort nadat die “transaksie” afgehandel is. Die baba is in die sorg van maatskaplike dienste geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jennefer ·

Ek sou haar n opgeskorte vonnis gee, dat sy nie in die volgende 5jaar mag swanger word nie.

Akram ·

Genugtig dis erg. Mens kan mos nie dit wil doen nie. Maar dan weer die anderkant. sy wou die verkoop en het die kind nie op die ashoop of toilet gelos nie. so sy het gereken as die persoon die kind koop, sl hulle na die kind kan omsien. maar dit bly maar erg.

Sue ·

Hoe gaan daai arme bloedjie voel as hy ouer word en uitvind dat sy ma hom verkoop het. Ek is so bly ek sal nie moet verduidelik nie.

PAM ·

DIE MA MOET GESTERILISEER WORD EN DIE KIND MOET VIR IEMAND GEGEE WORD WAT GRAAG KINDERS WIL Hê EN NA HOM/HAAR KAN KYK. DIS SOOS SUE Sê WAT OP DEES AARDE GAAN SY VIR DIE KIND Sê??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.